.308 Win vs. .308 AI

Post Reply
Danie Lombard .243

.308 Win vs. .308 AI

Post by Danie Lombard .243 »

Maters


Is daar van julle maters wat bekend is met die .308 Ackley Imporved,  van julle wat 'n .308 Ackley Improved het?
Is die .308 AI veel beter as die standaard .308 Win? 


Is dit die moeite werd om die .308 Win te laat AI?

Ek sal dit waardeer as die kenner my kan help met raad en inligting.


Dankie

Danie
User avatar
Vosman
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 356
Joined: Thu Aug 11, 2011 7:58 am

Re: .308 Win vs. .308 AI

Post by Vosman »

Danie,
Ek sien die manne is stil, ek het nie geweet die manne maak 'n 308 lelik nie?
Dit maak nie regtig vir my sin om dit te doen nie, koop dan eerder 'n 30-06 of 300Win.
Wag maar om te hoor van die ander manne?
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: .308 Win vs. .308 AI

Post by Arnold »

Wat ek lank lank gelede gelees het is dat dit regtig nie die geld/moeite werd is om die 308 te Ackley nie omdat hy reeds naby aan optimaal is.
'n 30-06 Ackley maak baie meer sin.
Danie Lombard .243

Re: .308 Win vs. .308 AI

Post by Danie Lombard .243 »

Dankie Vosman en Arnold.

YIP, die terugvoer is maar min en stil oor my vraag.
Ek was sommer nuuskierig oor die .308 AI  Het al van dit gehoor en wou graag weet of dit enigsins die moite werd so wees om die opsie te oorweeg.

Lyk my dit in nie eers 'n opsie nie.

Dankie vir jul twee se terug voer.

Danie
Plant
Newbie
Newbie
Posts: 44
Joined: Tue Mar 15, 2011 6:10 pm

Re: .308 Win vs. .308 AI

Post by Plant »

Danie, ek het ook al oor daardie vraag gedink, en het eendag(dink dit was op die forum) raak gelees dat die 7x57 een van die beste kalibers is om te uglyfiseer.
Ken 'n ou wat dit laat doen het op syne, en hy praat van 100 na 150 fps verbetering op syne en ek dink met (130 gr) kry hy iets soos 3150fps uit hom, maar die .30lag is seker klaar so goed, dissie nodig nie ;D
Al hoekom ek dit noem is die "balistics" van die 2 is mos baie naby aan die selfde, so food for thought wat dop ontwerp betref.
Hoop nie ek praat te veel nonsens nie, ek weet dam die manne met ondervinding sal my vinnig weer op die "straight and narrow" kry.
Groete. 
Danie Lombard .243

Re: .308 Win vs. .308 AI

Post by Danie Lombard .243 »

Ag dankie Plant vir jou antwoord,  ek waardeer regtig baie.

Ek het intussen met 'n wapen kenner gepraat en die antwoord wat hy my gegee het stroop 100% met dit wat julle vir my gee nl. dat die .308 reeds op maks specs is en dat daar nie veel met die dop gedoen kan word nie.


Dit lyk my dat Winchester geweet het wat hul gedoen het toe hul die .308 ontwerp het. En ons lot weet mos hoe 'n oulike kaliber die .308 is.
Klompie jare terug het ek nie veel ooghare gehad vir die .308 nie en vandag kan ek my woorde opvreet en eerlik en opreg erken dat die .308 'n bakgat kaliber is, al gooi die outjie laag op 300 meter met 'n 200 meter zero. Maar wie is bang as mens 'n lekker teleskoop het wat kan dial, op en af.


Dankie vir die insette.

Danie
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: .308 Win vs. .308 AI

Post by THOMAST »

Danie, daar is 'n man by ons skietklub met 'n 308AI. Hy s? dat hy deurentyd probleme kry met die voer van die patrone uit die magasyn uit. "n Mens moet blykbaar die "guide rails" modifiseer om die probleem to oorkom en dan is die geweer onheroeplik verander.
Soos reeds ges? is daar nie 'n groot verskil wat bewerkstellig word deur die 308 te Ackley nie. Jy sien wel 'n groter verskil/verbetering met die ouer ontwerpte patroondoppe wat meer taper oor hulle lengte het.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: .308 Win vs. .308 AI

Post by Francois Marais »

Danie

So n paar links wat eintlik maar net bevestig wat reeds gese is, iets interresants is dat PO Ackley nooit die 308 ge-ackley het nie, iemand anders het sy resep gebruik, die ou man het seker geweet dat n 3% verbetering nie die moeite werd sal wees nie........

http://www.longrangehunting.com/forums/ ... oved-1534/
http://www.noslerreloading.com/phpBB2/v ... =4&t=14572
http://reloadersnest.com/frontpage.asp?CaliberID=405
https://forums.cabelas.com/showthread.php?t=4892
http://benchrest.com/showthread.php?360 ... y-improved
http://www.shootersforum.com/wildcat-ca ... roved.html
http://forums.outdoorsdirectory.com/sho ... y-improved


Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Danie Lombard .243

Re: .308 Win vs. .308 AI

Post by Danie Lombard .243 »

Dankie Thomas en FM vir jul raad asook die links.

Beslis nie die moeite werd nie, die .308 AI
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: .308 Win vs. .308 AI

Post by Wouter Roets »

Hallo Manne

Ek gaan ook maar my 2c ingooi in die gesprek. Om n kaliber te Ackley soos ek al van tevore gese het gaan nie net oor die wen van spoed nie. Daar is heelwat ander faktore om ook in ag te neem en soos ek sien in Francois se links word n paar van hulle wel genoem.

Indien ek die 308Win van voor af sou ontwerp sou n ek minder taper vir die dop gegee het en n skerper skouer. Dit verleen net daai bietjie ekstra veelsydigheid aan die kaliber. Headspacing word meer positief en alighnment verbeter. Almal gaan seker nou se kyk na die 308 se trackrecord en ek stem dit is besonders maar soos ons skietwereld maar is is daar altyd plek vir verbetering. In hierdie geval kan dit meer teoreties wees as prakties!

Dan is daar natuurlik die ander kant van die munt en dit is dat jy dan iets anders het! ;D

Ek het n 308 Ackley by Ferdie gesien wat met n 30-06 Ackley reamer gesny is maar ek vermoed sy deursnee op die gedeelte net voor die skouer is n bietjie kleiner as die regte 308 AI vanwee die langer dop van die 30-06 AI waar die taper grade gehandhaaf moet word. Ek sien QL het ook nie die 308 AI in nie.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: .308 Win vs. .308 AI

Post by Frikkie Coetzee »

Danie

EK het n 7x57 laat AI.

Dit was vir my die moeite werd. Ek skiet nou n 140 gr punt teen 2900 fps en dit is mild. Ek het al oor die 3000fps gegaan sonder druk probleme.Ek glo ook dat mens met die regte kruit selfs meer kan kry.

Die selfde loop het met voor AI maar gesukkel om naby dit te kom.

Ek ken egter nie die 308 AI nie

Frikkie
Cradock
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: .308 Win vs. .308 AI

Post by Wouter Roets »

Frikkie

Die 308Win het weinig spoedvoordele indien jy hom laat Ackley so as dit jou behoefte is is dit nie die pad om te volg nie. Uit n 24 duim loop gaan jy teen dieselfde drukvlakke kwalik 35ft/sek wen. Maar soos ek gese het is daar ander voordele verbonde aan die Ackley.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: .308 Win vs. .308 AI

Post by Arnold »

Wouter

Soos jy noem het Ackley ander voordele. Van hierdie voordele kan jy kry deur net jou kamer te laat oorsny met 'n custom reamer deur 'n smid wat sy storie ken.
Vir 'n 308W sou ek dit aanbeveel eerder as om Ackley te gaan. Soos daar voordele aan Ackley is is daar ook nadele. Vir sommige kalibers dra die voordele meer gewig as die nadele.

Vir meeste mense dra die spoed voordeel die meeste gewig en as mens hierna kyk is die ou dop ontwerpe soos bv. die 7x57, 6.5x55 en 30-06 die beste om na te kyk. Ek dink een van die heel beste is die .22 Hornet na K-Hornet, nie werklik 'n Ackley nie maar die beginsels geld.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: .308 Win vs. .308 AI

Post by Wouter Roets »

Hallo Arnold

Hoop dit gaan goed daar by jou.

Indien jy die 308 van voor af kon ontwerp hoe sou hy gelyk het?

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
WillemS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 385
Joined: Wed Sep 15, 2010 4:30 pm

Re: .308 Win vs. .308 AI

Post by WillemS »

Wouter

Dag Maat, ek sou se die nuwe 308 moet 40grade skouer he en hy moet 'n 6mm koeel huisves.....

Wonderlike ontwerp!!!!

Spot net!

Willem
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: .308 Win vs. .308 AI

Post by Wouter Roets »

Ja-Ja Willem! ;D

As jy mos na my kalibers kyk sal jy nie n 308 kry nie maar wel so een waarvan jy praat! ;D

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
WillemS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 385
Joined: Wed Sep 15, 2010 4:30 pm

Re: .308 Win vs. .308 AI

Post by WillemS »

Wouter

Jy weet mos ;)

Goed Gaan
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: .308 Win vs. .308 AI

Post by Arnold »

Wouter, ja dit gaan goed. Ek glo daar by jou ook?

Op die 308W sou ek niks verander nie. Los maar die outjie soos hy is, hy werk mos  ;)
Onthou die dop is meerendeels ontwerp om goed te voer uit iets wat vinnig herlaai soos 'n auto geweer.

Vir my is die .30kal nie 'n goeie keuse in enige in enige formaat nie. Die rede hoekom ek dit is die koeel ontwerpe. Slegs die 155gr koeels het baie aandag geniet en daarom het hulle redelike BC's. Daarteen is die 7mm myle voor die .300.
Nou ja BC is nie alles nie, maar dit is hoe ek voel op die stadium in my lewe. Ek het oorspronklik 'n 308 gekoop oor sy track rekord, op daai stadium was daar ook vir my 'n 300 WSM beskikbaar (selfde prysklas, goeie tweedehandse geweer) en as ek terugkyk moes ek dalk eerder daai pad gestap het.

Maar as ek nou die 308 moes verander sou ek hom 'n 7mm-08 en 'n 260 Rem maak  ;D
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: .308 Win vs. .308 AI

Post by Frikkie Coetzee »

Wouter.

Oor daardie voordele...

Ek vind dat my doppe beter hou, meer uniforme spoed (minder ES en SD). Dit gee weer beter akkuraatheid. Dit wat ek oplees se vir my dat n korter dikker kruitkolom dra by tot meer uniforme ontbranding. Kyk na die sukses van die eerste generasie doppe van hierdie tendens sso byvoorbeeld die 22 PPC en die 6mm PPC.

Ek sal graag wil he iemand moet my meer vertel van die voordele. Dalk n nuwe topic?? Ek sal graag meer wil leer

Die moderne tendense is kort en vet doppe en daar is goeie redes daarvoor anders as blote bemarkings foefies.

Frikkie
Cradock
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: .308 Win vs. .308 AI

Post by Wouter Roets »

Hallo Frik

Daai voordele wat jy noem is defnetief van die einskappe wat openbaar word deur die Ackley vorm doppe.

Met n 40 grade skouer stop braasvloei amper in geheel so dit beteken dat doppe weinig of nooit teruggesny hoef te word nie.
Indien die doppe een keer geoutside neck tune is hoef dit nie weer gedoen te word agv die veminderde braasvloei.

Met minimum taper gebeur daar n verskeinsel waar die dop nie in die kamer teregskop teen die boltface nie maar gegrip word deur die walle van die kamer. Die voordeel daarvan is dat daar weinig stremming op die boltface is. Hierdie verskeinsel verklaar die feit dat n mens baie min sukkel om n slot oop te maak in n Ackley kamer al was dit n uitermatige hoe lading. Daar is baie voordele agv die verskeinsel en dit is vir my snaaks dat ammunisie vervaardigers nog nie meer na die ontwerp gegyk het nie. Een knaap in Amerika het Ackley rondtes afgevuur in n geweerkamer sonder n slot en nie n enkele dop het uit die kamer geskiet nie!

Jou oplyning is veronderstel om te verbeter met die Ackley konsep agv van beter en meer positiewe headspacing en weereens agv van minder case streting kan mens langer net necksize voordat die skouer gebump moet word. Deur net te necksize vergroot n mens ook jou akkuraadheidspotensiaal. Ek het nog nooit in enige van my Ackleys nodig gehad om te fullsize nie. Min gewone kalibers kan dit se!

Doppe hou langer in die Ackley as die voogkaliber, so dit is n voordeel. Nog een is dat baie keer kan ek na n stadiger poeier gaan agv die groter dopspasie en dit haal dan nog meer uit die kaliber uit. Die meeste van my Ackleys laat my toe om n hoer node te slaan as die oorspronklike kaliber en vir my tel dit baie of om dieselfde node te slaan teen laer druk. Ek hoef dan nie heeltyd die kaliber te hardloop op maksimum nie en dit spaar my loop en doppe. n Helse voordeel as jy my vra. Baie keer gee dit my die geleentheid om swaarder koeels te gebruik vanwee die groter dopvolume as wat ek kon in die oorspronklike kaliber. Dit help veral met die 375 H&H.

Ek se altyd dat die Ackley ombouing nie vir almal is nie en beslis nie vir die beginner nie! Vir my is dit een van die beste dinge wat uitgevind is maar ek dink dalk anders as die normale ou as dit by die goed kom!

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: .308 Win vs. .308 AI

Post by Frikkie Coetzee »

Wouter

Baie dankie.

Baie daarvan kom n mens nie agter as jy nie daarop gewys word nie. Ek stem saam dat die Ackley dalk nie vir beginners is nie. Maar as jy meer nonsens wil he begin met wildcats. Ek het n 7mm Tombi.

Dit is werk as jy baie skiet met hom om doppe te maak en te vorm.

Die resultate is egter die moeite werd.

As iemand belangstel ek het n 7x55AI Reamer. Was n verkeerde reamer wat vir my gestuur was.

Frikkie

Frikkie
Cradock
Post Reply