Page 1 of 2

Langafstand Skietkompetisie 25 Augustus

Posted: Mon Aug 06, 2018 11:05 am
by Hercules Louw
Goeie dag aan almal

Dit is weer tyd vir ons jaarlikse Langafstand skietkompetisie wat op 25 Aug op die Genl Piet Joubert militêre skietbaan net noord van Pretoria plaasvind. Die kompetisie word aangebied deur die Genl. Piet Joubert belangegroep van SA Jagters met Sudami X-Ring Reloading Equipment as hoof borg. Daar is in totaal plek vir 50 spanne. 'n Span bestaan uit 2 skuts, maar indiwiduele tellings van elke spanlid word ook geneem. Die kompetisie vind plaas tussen 300m en 700m. Daar word geen aanduiding gegee van waar die skote op die teiken val nie en die teiken word eers aan die einde van die wedstryd gesien. Skote word egter op elke afstand op die teiken gemerk.

Volledige inligting en inskrywingsvorm is aangeheg.

Re: Langafstand Skietkompetisie 25 Augustus

Posted: Mon Aug 06, 2018 1:36 pm
by Smitstertjies
Dankie. Klink lekker. Span "Martin Kwadraat" is ingeskryf!

Re: Langafstand Skietkompetisie 25 Augustus

Posted: Tue Aug 07, 2018 8:02 am
by Hercules Louw
Dankie Martin

Julle inskrywing is ontvang.
Ek kan nie onthou dat daar al 'n 6mm Dasher by enige van die vorige kompetisies was nie, dit sal interessant wees om te sien wat die kaliber kan doen, veral op die 700m ghong.

Re: Langafstand Skietkompetisie 25 Augustus

Posted: Tue Aug 07, 2018 8:15 am
by Capt. Yoda
700m gong is n chip shot vir n Dasher, Martin moet nou net vroeg gaan slaap Vrydag

Re: Langafstand Skietkompetisie 25 Augustus

Posted: Tue Aug 07, 2018 10:28 am
by Rasmus
Hercules

Dit lyk baie lekker. Net jammer dat dit so kort na die Langafstand kompetisie in Bloem is. Die kalender is maar vol.

Ek sien egter daar is n ander kompetisie ook op die 25 Ste Augustus by Piet Joubert, gaan die twee saam loop?

Groete

Rasmus

Re: Langafstand Skietkompetisie 25 Augustus

Posted: Tue Aug 07, 2018 11:04 am
by Hercules Louw
Rasmus, jy is reg, daar is 'n tweede kompetisie ook, maar hulle gaan op die 600m baan langs die Bisley baan wees. Die twee kompetisies gaan niks met mekaar te doen hê nie. Ongelukkig het hulle nie mooi na die baanbesprekings gekyk voor hulle die uitnodigings uitgestuur het nie.

Re: Langafstand Skietkompetisie 25 Augustus

Posted: Tue Aug 07, 2018 11:11 am
by Rasmus
O ja Piet Joubert is groot! Sudami sin lyk na meer pret..

Re: Langafstand Skietkompetisie 25 Augustus

Posted: Mon Aug 13, 2018 7:13 pm
by velti.botha
Ek wil graag deelneem as daar nog plek oop is, maar nie een van my 2 skiet maats kan dit maak nie. Hoe nou gemaak? Miskien is daar nog iemand wat ñ partner kort, dalk kan ons ñ span vorm...

Sent from my Armor_2 using Tapatalk

Re: Langafstand Skietkompetisie 25 Augustus

Posted: Mon Aug 13, 2018 7:17 pm
by Hercules Louw
Velti, Daar is nog plek, PM my jou tel nommer, ek dink ek kan 'n plan maak.

Groete
Hercules

Re: Langafstand Skietkompetisie 25 Augustus

Posted: Tue Aug 14, 2018 1:27 pm
by Sangoma (IAN)
Daarsy Hercules,

Smoking V's is daar!

6XC en n .308

Daai 308 mag dalk op die derde hop die teiken tref....

Re: Langafstand Skietkompetisie 25 Augustus

Posted: Tue Aug 14, 2018 2:10 pm
by Hercules Louw
Dankie Ian, julle inskrywing is ontvang.

Ek is nie bekommerd oor die 308 nie, die kaliber het homself in die verlede al bewys. Dit is die 6mm meerkatgewere waaroor ek bekommerd is, soos van die wind waai jou tot op die buurman se teiken....

Re: Langafstand Skietkompetisie 25 Augustus

Posted: Tue Aug 14, 2018 2:20 pm
by Sangoma (IAN)
Whahahah nie n Berger Hybrid 105gr teen 3070fps nie........ ++>: ++>:

Re: Langafstand Skietkompetisie 25 Augustus

Posted: Tue Aug 14, 2018 3:37 pm
by Hercules Louw
Ian, jou kop is nou in die openbaar op die blok, kan jy nou dink as Julius met sy 308 wat 3 keer hop op pad teiken toe jou gaan wen >:D

Re: Langafstand Skietkompetisie 25 Augustus

Posted: Tue Aug 14, 2018 5:07 pm
by JPS
Hercules Louw wrote:Ian, jou kop is nou in die openbaar op die blok, kan jy nou dink as Julius met sy 308 wat 3 keer hop op pad teiken toe jou gaan wen >:D
Mmmm eerstens verstaan Julius van wind, tweedens word daai 308’s nie teen jaggeweer spoed gedryf nie :):

Re: Langafstand Skietkompetisie 25 Augustus

Posted: Tue Aug 14, 2018 5:46 pm
by Sangoma (IAN)
Hercules Louw wrote:Ian, jou kop is nou in die openbaar op die blok, kan jy nou dink as Julius met sy 308 wat 3 keer hop op pad teiken toe jou gaan wen >:D
Nie as ek sy elevation turret een omwenteling verder gan draai nie!!

Re: Langafstand Skietkompetisie 25 Augustus

Posted: Tue Aug 14, 2018 6:15 pm
by Sangoma (IAN)
Waar kan ek Lynx stickers koop om op my scope te plak?

Re: Langafstand Skietkompetisie 25 Augustus

Posted: Tue Aug 14, 2018 6:34 pm
by Hercules Louw
Sangoma (IAN) wrote:
Hercules Louw wrote:Ian, jou kop is nou in die openbaar op die blok, kan jy nou dink as Julius met sy 308 wat 3 keer hop op pad teiken toe jou gaan wen >:D
Nie as ek sy elevation turret een omwenteling verder gan draai nie!!
Ian, hy is jou spanmaat, julle moet mekaar help en beslis nie mekaar se turrets uit koers uit wil draai nie!!

Re: Langafstand Skietkompetisie 25 Augustus

Posted: Wed Aug 15, 2018 2:16 pm
by Hercules Louw
Die inskrywings sluit vanaand as daar dalk nog enige iemand is wat wil inskryf, daar is nog plek vir 'n paar spanne. Hier is mos baie manne wat hou van langafstandskiet, die kompetisie is 'n goeie geleentheid om saam met ander manne wat ook daarvan hou te skiet en na die tyd te kuier.

Diesel Dog, wat van jou? Jy het mos 'n 22-250 Countach (of is dit nou 'n Fiat?) wat 77gr Lapua's 0.5moa skiet, nie geskik vir jakkalse nie maar sal goed op papier werk >:D

Re: Langafstand Skietkompetisie 25 Augustus

Posted: Wed Aug 15, 2018 2:27 pm
by JacquesT (Stompe)
Hercules,

As julle sal oorweeg om dalk 'n inskrywing of 2 oop te hou tot maandag? Ek en Cappie wil dalk meerkat gunne bring, maar sal eers teen Maandag weet of ons dit sal kan by woon.

Groete

Re: Langafstand Skietkompetisie 25 Augustus

Posted: Wed Aug 15, 2018 2:30 pm
by Smitstertjies
JacquesT (Stompe) wrote:Hercules,

As julle sal oorweeg om dalk 'n inskrywing of 2 oop te hou tot maandag? Ek en Cappie wil dalk meerkat gunne bring, maar sal eers teen Maandag weet of ons dit sal kan by woon.

Groete
Ek is seker daai kombuistee of kinderpartytjie kan maar oorstaan. Maak n plan. Sal lekker wees om julle te ontmoet in lewende lywe.

Re: Langafstand Skietkompetisie 25 Augustus

Posted: Wed Aug 15, 2018 3:12 pm
by Hercules Louw
Jacques, dit is reg so. Hou net in gedagte dat hierdie Saterdag 'n oefengeleentheid is, daar sal wel Vrydag middag voor die skiet ook geleentheid vir oefen wees. Voltooi solank die inskrywingsvorm, meld net dat julle teen Maandag sal finaliseer en stuur dit in. Ek gaan môre middag of Vrydag oggend e-posse aan almal wat ingeskryf het stuur met verdere reëlings en dan sal julle dit ook ontvang.

Re: Langafstand Skietkompetisie 25 Augustus

Posted: Wed Aug 15, 2018 4:30 pm
by JacquesT (Stompe)
Hercules Louw wrote:Jacques, dit is reg so. Hou net in gedagte dat hierdie Saterdag 'n oefengeleentheid is, daar sal wel Vrydag middag voor die skiet ook geleentheid vir oefen wees. Voltooi solank die inskrywingsvorm, meld net dat julle teen Maandag sal finaliseer en stuur dit in. Ek gaan môre middag of Vrydag oggend e-posse aan almal wat ingeskryf het stuur met verdere reëlings en dan sal julle dit ook ontvang.
Dis reg so baie dankie Hercules. Ons maak more oggend gou so. Ons skiet die naweek by ALRHA, ek glo die wind in Parys gaan goeie oefening wees.

Groete

Re: Langafstand Skietkompetisie 25 Augustus

Posted: Wed Aug 15, 2018 4:56 pm
by Rasmus
Jammer ek gaan die een mis. Die kalender is net te vol!

Re: Langafstand Skietkompetisie 25 Augustus

Posted: Wed Aug 22, 2018 10:46 am
by Dries Skiet
Ons gaan weer lekker skiet en kuier, die Olof Bergh span gaan ook daar wees.

Sien julle Saterdag daar.

Re: Langafstand Skietkompetisie 25 Augustus

Posted: Sun Aug 26, 2018 11:18 am
by Smitstertjies
En toe hop daai 308 tot in die eerste plek! Welgedaan Julius!

Sent from my iPhone using Tapatalk