Page 1 of 1

Ruger RPR

Posted: Thu Aug 02, 2018 8:44 pm
by Smit@50
Wat sê julle manne van die geweer in 6.5 Creedmoor ? Ek oorweeg dit om een te koop ?


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Ruger RPR

Posted: Thu Aug 02, 2018 9:58 pm
by Gian_dP
Smit@50 wrote:Wat sê julle manne van die geweer in 6.5 Creedmoor ? Ek oorweeg dit om een te koop ?


Sent from my iPhone using Tapatalk
Jy kan maar koop. Ek het ongelukkig nie self een nie, maar goeie maat van my het een. Geweer skiet fantastiese, met baie min moeite.

As jy die RPR met 'n Howa vergelyk:

RPR het reeds ten volle verstelbare kolf met paar magasyne, kom met 20MOa rail, baie goeie verstelbare sneller en loop gesny vir demper. Kolf kan ook toevou.

Howa inisieel goedkoper, maar gaan jou op die einde omtrent dieselfde as die RPR kos om selfde funksionaliteit te kry.

Negatiewe:

Die rail is langer as normaal, het hoër ringe nodig, veral as jy n sonskerm voor aan teleskoop het.

Moet die Ruger magasyn uithaal om slot toe te maak as magasyn leeg is, ook as jy enkelskoot wil skiet. Ek dink AICS tipe magasyne doen dit nie, maar is nie seker nie.

Het ander toebehore nodig om bv bipod, geweerband ens aan die voorste "hand rail" vas te sit.

Ekstra halfuur van mecano bou om geweer goed skoon te maak.

Sent from my SM-G920F using Tapatalk

Re: Ruger RPR

Posted: Thu Aug 02, 2018 10:51 pm
by Ranger
Honestly I'd rather have a Howa in a MDT chassis for less than the Ruger.

Re: Ruger RPR

Posted: Thu Aug 02, 2018 11:34 pm
by Gian_dP
Ranger wrote:Honestly I'd rather have a Howa in a MDT chassis for less than the Ruger.
Not going to be a lot less.

Make no mistake, I love my 3 Howas and the after market bits available for them, but as a package the Ruger remains a good buy.

Sent from my SM-G920F using Tapatalk

Re: Ruger RPR

Posted: Fri Aug 03, 2018 7:54 am
by LoopSoosStroop
Gian_dP wrote:Moet die Ruger magasyn uithaal om slot toe te maak as magasyn leeg is, ook as jy enkelskoot wil skiet. Ek dink AICS tipe magasyne doen dit nie, maar is nie seker nie.
Kan mens nie net die follower afdruk met die hand nie?

Re: Ruger RPR

Posted: Fri Aug 03, 2018 11:52 am
by Gian_dP
LoopSoosStroop wrote:
Gian_dP wrote:Moet die Ruger magasyn uithaal om slot toe te maak as magasyn leeg is, ook as jy enkelskoot wil skiet. Ek dink AICS tipe magasyne doen dit nie, maar is nie seker nie.
Kan mens nie net die follower afdruk met die hand nie?
Jy sal seker kan, maar die "ejection port" is redelik klein. Moeilik om jou linkerhand om aksie te kry, vinger deur te druk en slot regs toe te maak.

Dink nie jy sal dit kan doen vir enkel skoot nie.

Sent from my SM-G920F using Tapatalk

Re: Ruger RPR

Posted: Fri Aug 03, 2018 1:01 pm
by LoopSoosStroop
Ek sien, maak sin ja

Re: Ruger RPR

Posted: Thu Nov 01, 2018 7:22 am
by DamDuiker
Met n klein bietjie moeite kan jy maak dat die RPR se magasyn single feed, deur die bolt stop so 45grade af te skuur. dit gedoen met myne werk soos n bom, al problem met die magasyne jy moet laai volgens jou magasyn, TPL is te lank as jy die lands jaag.

Maar anders as dit skiet die gewere fantasties.

Re: Ruger RPR

Posted: Thu Nov 01, 2018 8:37 am
by Hercules Louw
Smit@50, ek het self al gekyk na die Ruger RPR en die Howa Chassis gewere. Hoewel die gewere indrukwekkend lyk en blykbaar baie goed skiet, is dit vir my ongemaklike en swaar gewere. Dit lyk vir my of die gewere net bedoel is om met 'n bi-pod te skiet en in die toepassing sal hulle sekerlik baie goed presteer.

Re: Ruger RPR

Posted: Thu Nov 01, 2018 9:07 am
by tripodmvr
Ek sien op YouTube dat daar al 'n Gen 2 reeks beskikbaar is met wysigings aan die picatinny en moontlik ook ander veranderings. Gaan kyk gerus. Howa het ook nou 'n soortgelyke platform op die mark.

Re: Ruger RPR

Posted: Thu Nov 01, 2018 9:10 am
by DamDuiker
Gen2 kom nou standard met n muzzlebreak, aluminium bolt shroud, en sy rail voor lyk ander picatinny gaan nie tot heel voor nie, die manne het gekla dat die scopes teen die rail vasdruk en dat die Gen 1 se rail skeef sit.

Re: Ruger RPR

Posted: Thu Nov 01, 2018 9:11 am
by jankraay
DamDuiker wrote:Met n klein bietjie moeite kan jy maak dat die RPR se magasyn single feed, deur die bolt stop so 45grade af te skuur. dit gedoen met myne werk soos n bom, al problem met die magasyne jy moet laai volgens jou magasyn, TPL is te lank as jy die lands jaag.

Maar anders as dit skiet die gewere fantasties.
Hierdie werk. Ek het net so gesukkel met myne en ek sien toe na so paar keer se gebruik het hy vanself afgewerk. As jy hom nou bietjie liefde gee maak hy toe. Skiet nou 95 vmax in myne so sit nie met n TPL probleem nie.

Gaan hom maar later op ander koele sit aangesien die .243 AI se liksens goedgekeur is en niemand die die RPR wil koop nieImage

Groete


Sent from my iPad using Tapatalk

Re: Ruger RPR

Posted: Thu Nov 01, 2018 9:15 am
by DamDuiker
Ek het ook gesien hulle het nou begin magnum calibers uitbring ook .300wm en die .338LM

Re: Ruger RPR

Posted: Thu Nov 01, 2018 9:17 am
by tripodmvr
Ek het nog nie myne by my nie, maar sal graag wil weet watter knaldempers julle sal aanbeveel vir baanskiet. Die geweer is tog daarvoor ontwerp. Watter brille pas maklik en met watter ringe (Warne is die algemene aanbeveling). Hoe maklik word 'n tweepoot voor aangebring?

Re: Ruger RPR

Posted: Thu Nov 01, 2018 9:32 am
by DamDuiker
Bipod mount is baie eenvoudig hy kry n picatinny rail adapter wat onder aan vas skroef wat ook die konvensionele ogie ook aanhet so hy kan jou gewone harris tipe bipods ook akkomodeer, silencer het ek n warrior op myne gesit waarmee ek baie gelukkig is.
Ringe gaan oom moet hoë ringe gebruik ek het Burris se XTR signature ringe op met die inserts wat ekstra MOA gee.
Glas is dan maar n persoonlike keuse maar ek geniet my Sighton S3 op myne werk soos n bom mooi helder duidelike glas

Re: Ruger RPR

Posted: Thu Nov 01, 2018 9:37 am
by DamDuiker
hier is n paar fotos

Re: Ruger RPR

Posted: Thu Nov 01, 2018 9:55 am
by Malan123
Oom Driepoot, ek skiet die achmed en silent hunter op my 300. Albei werk baie lekker. Ek skiet die XL oryx op my 1 243 en die trueworx op my ander 243. My opinie is dat as Oom nie gaan worry oor size nie, gaan Oom sukkel om beter te doen as die oryx tensy Oom 'n sus-tac kan bekostig.

Re: Ruger RPR

Posted: Thu Nov 01, 2018 10:15 am
by jankraay
tripodmvr wrote:Ek het nog nie myne by my nie, maar sal graag wil weet watter knaldempers julle sal aanbeveel vir baanskiet. Die geweer is tog daarvoor ontwerp. Watter brille pas maklik en met watter ringe (Warne is die algemene aanbeveling). Hoe maklik word 'n tweepoot voor aangebring?
Oom Marius KD vir baanskiet sou ek n Oryx en Warrior aanbeveel. Ek is baie tevrede met my Oryx en dan het ons n Warrior op Eugene se seun se .308 gesit en ek is baie verbaas met hom.

Brille moet Oom maar kyk veral as dit die Gen 1 is. Met n 50 lens voor kan Oom vir gewone hoe ringe gaan wat dan genoeg spasie sal los tussen die rail en die scope. Met n 56 lens sal Oom maar ekstra hoe ringe moet soek wat sal werk.

2 poot voor is makilk veral as mens n “Quick Release” met n picatinny voor op het. Die gewone stud wat saam die geweer kom sukkel met n Harris tipe bipod oor hy nie teen die “hand guard” kan vas druk nie. Ek sal Oom kan help met n quick release as dit sulke tyd is.

Groete


Sent from my iPad using Tapatalk

Re: Ruger RPR

Posted: Thu Nov 01, 2018 9:31 pm
by Smit@50
Manne ek het my Geweer gekry en hy skiet soos n stoom . Het die naweek 10 patrone gelaai net om scope te zero en Dan ander the skiet on te sien of hy kan groepeer. Dit was met nuwe Lapua doppe en 140 gr Nosler RDF Punte foto is 5 skote op 100 meter Hy skiet baie mooi . Die Geweer is die gen 2 wat met n brake uitkom en Kort rail .ek het Vortex 5-25 Pst gen 2 opgesit met Warne ringe High en scope clear voor met een milimeter. Hier is n paar fotos.//uploads.tapatalk-cdn.com/20181101/090f0ec2994c12252f4c2cbeb99ef14a.jpg//uploads.tapatalk-cdn.com/20181101/cac072520f28c66da488ef9a519a9c71.jpg




Sent from my iPhone using Tapatalk Pro

Re: Ruger RPR

Posted: Thu Nov 01, 2018 9:39 pm
by Smit@50
Marius saam met Geweer kry jy die rail vir n bi pod met n belt stud wat jy op sit om enige rail te vat. Die medium ringe is te laag vir n glas met n 50mm lens ek het ook Warne ringe opgesit. Met brake op is daar geen recoil nie. Magasyn beperk my op Tpl kon maks 71.8 mm in hom inkry dit gee my n jump van so 1.5mm.



Sent from my iPhone using Tapatalk Pro

Re: Ruger RPR

Posted: Sun Nov 04, 2018 8:02 pm
by Smit@50
DamDuiker wrote:Met n klein bietjie moeite kan jy maak dat die RPR se magasyn single feed, deur die bolt stop so 45grade af te skuur. dit gedoen met myne werk soos n bom, al problem met die magasyne jy moet laai volgens jou magasyn, TPL is te lank as jy die lands jaag.

Maar anders as dit skiet die gewere fantasties.

Ek die naweek die magasyn sê bolt stop bygekom met n vyl nou kan ek enkel rondtes ook voer . Dankie vir die wenk .


Sent from my iPhone using Tapatalk Pro