Page 1 of 2

Teleskoop koop! Daar is altyd NOG opsies!

Posted: Thu Aug 02, 2018 11:51 am
by figjam
Ek is opsoek na 'n teleskoop vir my Brno 243. Geweer word tans gebruik vir ondiere in die aand (max 200m) en Range werk tot en met 600-700m. Sal ook gebruik word vir Springbok tot en met 400m as dit nodig is. Ongelukkig op die stadium het ek nie 'n spesifieke range gun nie. Sal moontlik kyk na iets soos 'n 6.5 CM of dalk die 6mm CM of iets in daai lyn uitslytlik vir Range.

Nou ek was van plan om 'n Sightron S-tac 4-20x50 te koop of 'n gewone Vortex Viper 6.5-20x50. Wonderlik!

Maar soos mens lees en luister na die manne wat al bietjie langer in die game is dan kry jy baie idees en opinies en byna almal stel voor koop die beste wat jy kan bekostig. So nou het ek gekyk en het met die volgende vorendag gekom:

Onder R10 000
Meeste Lynx'e
Sightron S-tac
Vortex Viper

R10 000-R15 000
Rudolph T1 6-24x50 - Lees oral dis goeie waarde vir geld, maar een ou dink dis goed ander ou glad nie.
Vortex Viper Hst 6-24x50 Z-stop, lekker oop turrets, bietjie ouer dalk as van die nuwer goed.
Sightron S3 6-24x50 Z-stop op nuwer model, baie nice glas.
Leupold Vx3i 6.5-20x50. Hou van hoe kompak en lig hy is. Is hy sy geld werd? As ek reg is het hy nie oop turrets nie. Varmint Hunter's Reticle nogal nice.

R15 000-R18 000
Bushnell Tactical Elite 6-24x50 FFP - blykbaar uitstekende glas en ek hou baie van die reticle. Weet nie veel meer
Sightron S3 6-24x50 FFP - Weereens die glas.
Vortex Viper PST Gen 2 5-25x50 in SFP of FFP. Mens lees goeie goed, is hy beter as die res.
Vortex Viper HS LR 6-24x50 FFP. Laat ek hoor? Wat bied hy bo die PST?
Leupold Vx3i LRP 6.5-20x50 SFP of FFP. Betaal ek net vir die naam?

SFP of FFP het ek genoeg van gelees, maar het nie self ondervinding met dit nie. Moa vs Mill maak ook nie vir my te veel saak op die stadium nie. Ek hou wel van die PST se reticle en die Bushnell sn. Sightron sn lyk ook redelik eenvoudig. My ou Tasco 3-9x32 het net 'n kruis.... lol

Ek bly 3ure van die naaste Safari of Wildman af so dis nie sommer net vir gaan loer deur die goed nie. Sightron word ook nie deur daardie winkels aangehou nie. Hier is manne met baie ondervinding en kennis op hierdie forum. Moet ek nou geld belê in 'n goeie teleskoop? Van wat ek lees op ander forums is die Vortex'e se glas nie so goed soos van die kompetisie nie. Ek is nie hier om te argumenteer nie.

Hierdie is die voorstelle op die tafel, ander is ook welkom. Kritiek ook!
Ek waardeer kerels!

Re: Teleskoop koop! Daar is altyd NOG opsies!

Posted: Thu Aug 02, 2018 12:35 pm
by Capt. Yoda
Kyk net vir skiet in die nag soek jy dalk n bq dukker kruis, die s tac en rudolph met die "floating" dot kan dalk bq klein raak. Vir baan werk en voorsit jag werk die tiepe kruis weer lekker
Vir nag jag sal ek die FFP ook los, as jy die vergtoing af draai raak die kruis baie klein, meeste kom met illumination wat dan help as die kruis so klein word maar nou sit jy weer met n batery wat ook kan pap word

Re: Teleskoop koop! Daar is altyd NOG opsies!

Posted: Thu Aug 02, 2018 12:48 pm
by Joe13
Ek voel nes jy, ek het nie n spesifieke geweer vir n tipe taak nie, ek doen alles met my 06. Ek skiet glad nie komp nie.

Sal graag die draad dophou.

Re: Teleskoop koop! Daar is altyd NOG opsies!

Posted: Thu Aug 02, 2018 1:04 pm
by Finder20
Ek luister ook radio...

Re: Teleskoop koop! Daar is altyd NOG opsies!

Posted: Thu Aug 02, 2018 1:30 pm
by Dupies
My behoefte is baie dieselfde as joune. Ek hoor net goeie dinge van die Sightron S-Tac en tans loop hy voor in my boeke en budget(onder die R10 000-prysklas), dit sou lekker gewees het as hy 'n verligte kruishaar gehad het vir nagskiet. "Word of mouth" is vir my nogal belangrik, want as 'n klomp verbruikers 'n produk goedpraat sonder om finansiele baat daarby te vind dan kan mens mos maar luister. Ek is van mening dat as jou aanwending so 'n wye spektrum dek bv. bosjag, vlaktejag, nagskiet en langafstand range jou beursie dikker gaan moet word, want elke skiet dissipline vereis sy eie kriteria en gewoonlik "tic" die duurder teleskope die meerderheid blokkies, terwyl die goedkoperes hier en daar 'n tekortkoming het. Dit bring 'n ou dan weer terug by: koop die beste teleskoop wat jy kan bekostig,vergelyk die kortlys in daardie prysklas se eienskappe met mekaar en gaan daarvoor. Ek glo dat die fabrikate wat jy genoem het asook ander soos Zeiss en Meopta almal goeie name het met goeie waarborge en kan jy nie regtig met een 'n fout maak nie.

Re: Teleskoop koop! Daar is altyd NOG opsies!

Posted: Thu Aug 02, 2018 2:05 pm
by figjam
Dupies wrote:My behoefte is baie dieselfde as joune. Ek hoor net goeie dinge van die Sightron S-Tac en tans loop hy voor in my boeke en budget(onder die R10 000-prysklas), dit sou lekker gewees het as hy 'n verligte kruishaar gehad het vir nagskiet. "Word of mouth" is vir my nogal belangrik, want as 'n klomp verbruikers 'n produk goedpraat sonder om finansiele baat daarby te vind dan kan mens mos maar luister. Ek is van mening dat as jou aanwending so 'n wye spektrum dek bv. bosjag, vlaktejag, nagskiet en langafstand range jou beursie dikker gaan moet word, want elke skiet dissipline vereis sy eie kriteria en gewoonlik "tic" die duurder teleskope die meerderheid blokkies, terwyl die goedkoperes hier en daar 'n tekortkoming het. Dit bring 'n ou dan weer terug by: koop die beste teleskoop wat jy kan bekostig,vergelyk die kortlys in daardie prysklas se eienskappe met mekaar en gaan daarvoor. Ek glo dat die fabrikate wat jy genoem het asook ander soos Zeiss en Meopta almal goeie name het met goeie waarborge en kan jy nie regtig met een 'n fout maak nie.
Dupies stem heeltemal saam met jou. Het vantevore al na Zeiss en Meopta geloer. Meopta net redelik skaars. Zeiss se beter goed lyk my kos maar 'n bietjie meer as wat die scopes hier op my lys is.. Ek kan verkeerd wees, weet nie veel van hul nie.

Re: Teleskoop koop! Daar is altyd NOG opsies!

Posted: Thu Aug 02, 2018 2:20 pm
by Dupies
Ek sien hier is 'n Vortex Viper HST 6-24x50 te koop vir R7500, dalk 'n opsie vir jou?

Re: Teleskoop koop! Daar is altyd NOG opsies!

Posted: Thu Aug 02, 2018 2:24 pm
by Lamtjop
Ek dink n Z5 5-25×52 sal al die bokse tik.

Re: Teleskoop koop! Daar is altyd NOG opsies!

Posted: Thu Aug 02, 2018 2:28 pm
by Capt. Yoda
Zeiss se "entry level" scopes gaan jou niks extra gee as n Stac nie. As jy baie in die nag gaan skiet is die Stac dalk nie die beste opsie nie maar vir n all-rounder is dit regtig baie scope wat jy kry vir jou geld. Meopta het lekker glas en dalk beter reticle opsies vir nag jag

Re: Teleskoop koop! Daar is altyd NOG opsies!

Posted: Thu Aug 02, 2018 3:25 pm
by figjam
Dupies wrote:Ek sien hier is 'n Vortex Viper HST 6-24x50 te koop vir R7500, dalk 'n opsie vir jou?
Probeer nou uitfigure hoe ek dit gemis het.... lol dankie

Re: Teleskoop koop! Daar is altyd NOG opsies!

Posted: Thu Aug 02, 2018 3:26 pm
by figjam
Capt. Oblivious wrote:Zeiss se "entry level" scopes gaan jou niks extra gee as n Stac nie. As jy baie in die nag gaan skiet is die Stac dalk nie die beste opsie nie maar vir n all-rounder is dit regtig baie scope wat jy kry vir jou geld. Meopta het lekker glas en dalk beter reticle opsies vir nag jag
Dis presies wat ek ook gedink het. Meopta sukkel ek net om pryse op te kry en opsies te sien. Sal maar vir Humansdorp Co-op seker moet bel

Re: Teleskoop koop! Daar is altyd NOG opsies!

Posted: Thu Aug 02, 2018 3:28 pm
by Ranger
Meopta is great value for money, their glass is FAR better than the price might suggest and yes, get hold of Humansdorp Ko-Op.

Re: Teleskoop koop! Daar is altyd NOG opsies!

Posted: Thu Aug 02, 2018 4:48 pm
by Apie
Sightron Stac 3-16x42 te koop

https://r.tapatalk.com/shareLink?share_ ... Ft%3D66299

STac vir R6500


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Teleskoop koop! Daar is altyd NOG opsies!

Posted: Thu Aug 02, 2018 4:56 pm
by Supacow
Meopta vir die wen

Re: Teleskoop koop! Daar is altyd NOG opsies!

Posted: Thu Aug 02, 2018 5:01 pm
by figjam
Die meopta Meostar lyk na die beter een en dis meestal 3-12x56. En hulle kos ook in die R12000-15000 bracket.

Re: Teleskoop koop! Daar is altyd NOG opsies!

Posted: Thu Aug 02, 2018 8:19 pm
by ruaanb
kyk ook na die lynx 3-12x56.

Re: Teleskoop koop! Daar is altyd NOG opsies!

Posted: Thu Aug 02, 2018 9:07 pm
by figjam
Enige kritiek of aanbevelings op die lys van teleskope wat ek genoem het?

Re: Teleskoop koop! Daar is altyd NOG opsies!

Posted: Fri Aug 03, 2018 6:37 am
by stoffel pantoffel
Hi Figjam

Ek self het al Vortex viper, sightron s-tac en het huidiglik Vortex HST 6-24.

As daai HST op groep nog beskikbaar is sou ek hom koop as ek jy was. Vir my het ek Met die V Viper 6-20 baie goed reg gekom maar sy kruis was bietjie dik vir baan skiet op SA Jagter se vlakte tabelle. Toe geskiet met HST wat wonderlik gewerk het vir baan jag en veld skiet, sy kruis is net mooi dikte vir allround en jy kan hom in dis nag ook mooi sien. Toe vergelyk ek die HST met Zeiss conquest op baan een dag. En zeiss is toe vir my helderder glase en my agterwereld begin juk. Koop verkool HST en kry Zeiss vir goeie prys. Hy werk toe ook baie mooi maar meganies gewys nie so lekker soos HST nie. Click baie sagter en "eyefocus " nie so "forgiving" soos HST nie. Eks toe weer na 'n jaar trug op HST. En sal hom nou hou vir goed. Hy nie so helder soos zeiss nie maar meganies werk hy vir my en jou garantee is beste in die mark. Ek het hom met S Tac getoets en vir my oog was hul altwee se beeld maar selfde. S tac kon net baie nader se op 25m goeie fokus kry waar HST nie. As jy nou en dan in nag gaan skiet sal ek nie vir S-tac gaan nie. Sy floating dot raak weg en jy vat paar minute langer om iets te skiet terwyl jy die dot op die dier soek. Maar vir 'n dag scope is S tac ook baie waarde vir geld. So my geld is 1ste - Vortex HST of Viper as jy nag ook gaan skiet. 2 de Sightron S - tac

Hoop dit help jou besluit.

Sent from my SM-A310F using Tapatalk

Re: Teleskoop koop! Daar is altyd NOG opsies!

Posted: Fri Aug 03, 2018 6:58 am
by joe rocket
Hier is n Swarofski Z 5 special tans.

Re: Teleskoop koop! Daar is altyd NOG opsies!

Posted: Fri Aug 03, 2018 7:41 am
by Mellies
Z5.

Jy sal vêr kom met n gewone Z3 ook.

Leupold se CDS modelle werk ook lekker.

Met n vleisie...

Re: Teleskoop koop! Daar is altyd NOG opsies!

Posted: Fri Aug 03, 2018 8:25 am
by figjam
stoffel pantoffel wrote:Hi Figjam

Ek self het al Vortex viper, sightron s-tac en het huidiglik Vortex HST 6-24.

As daai HST op groep nog beskikbaar is sou ek hom koop as ek jy was. Vir my het ek Met die V Viper 6-20 baie goed reg gekom maar sy kruis was bietjie dik vir baan skiet op SA Jagter se vlakte tabelle. Toe geskiet met HST wat wonderlik gewerk het vir baan jag en veld skiet, sy kruis is net mooi dikte vir allround en jy kan hom in dis nag ook mooi sien. Toe vergelyk ek die HST met Zeiss conquest op baan een dag. En zeiss is toe vir my helderder glase en my agterwereld begin juk. Koop verkool HST en kry Zeiss vir goeie prys. Hy werk toe ook baie mooi maar meganies gewys nie so lekker soos HST nie. Click baie sagter en "eyefocus " nie so "forgiving" soos HST nie. Eks toe weer na 'n jaar trug op HST. En sal hom nou hou vir goed. Hy nie so helder soos zeiss nie maar meganies werk hy vir my en jou garantee is beste in die mark. Ek het hom met S Tac getoets en vir my oog was hul altwee se beeld maar selfde. S tac kon net baie nader se op 25m goeie fokus kry waar HST nie. As jy nou en dan in nag gaan skiet sal ek nie vir S-tac gaan nie. Sy floating dot raak weg en jy vat paar minute langer om iets te skiet terwyl jy die dot op die dier soek. Maar vir 'n dag scope is S tac ook baie waarde vir geld. So my geld is 1ste - Vortex HST of Viper as jy nag ook gaan skiet. 2 de Sightron S - tac

Hoop dit help jou besluit.

Sent from my SM-A310F using Tapatalk
Dit help baie, Ek hou juis van die HST se funksies en reticle. Eks net versigtig dat die ander op my lys dalk beter kan wees wat 'n bietjie meer kos, maar ek weet nie genoeg nie. Wat is jou opinie op van die duurder scopes op die lys? Die PST? is tans op special... Die Bushnell? Leupold?

Re: Teleskoop koop! Daar is altyd NOG opsies!

Posted: Fri Aug 03, 2018 8:29 am
by figjam
Joe Rocket en Mellies, ekt nie na Swarovski gekyk nie want ekt aanvaar hulle gaan buite my prysklas wees? Sal bietjie loer dankie

Re: Teleskoop koop! Daar is altyd NOG opsies!

Posted: Fri Aug 03, 2018 10:16 pm
by stoffel pantoffel
figjam wrote:
stoffel pantoffel wrote:Hi Figjam

Ek self het al Vortex viper, sightron s-tac en het huidiglik Vortex HST 6-24.

As daai HST op groep nog beskikbaar is sou ek hom koop as ek jy was. Vir my het ek Met die V Viper 6-20 baie goed reg gekom maar sy kruis was bietjie dik vir baan skiet op SA Jagter se vlakte tabelle. Toe geskiet met HST wat wonderlik gewerk het vir baan jag en veld skiet, sy kruis is net mooi dikte vir allround en jy kan hom in dis nag ook mooi sien. Toe vergelyk ek die HST met Zeiss conquest op baan een dag. En zeiss is toe vir my helderder glase en my agterwereld begin juk. Koop verkool HST en kry Zeiss vir goeie prys. Hy werk toe ook baie mooi maar meganies gewys nie so lekker soos HST nie. Click baie sagter en "eyefocus " nie so "forgiving" soos HST nie. Eks toe weer na 'n jaar trug op HST. En sal hom nou hou vir goed. Hy nie so helder soos zeiss nie maar meganies werk hy vir my en jou garantee is beste in die mark. Ek het hom met S Tac getoets en vir my oog was hul altwee se beeld maar selfde. S tac kon net baie nader se op 25m goeie fokus kry waar HST nie. As jy nou en dan in nag gaan skiet sal ek nie vir S-tac gaan nie. Sy floating dot raak weg en jy vat paar minute langer om iets te skiet terwyl jy die dot op die dier soek. Maar vir 'n dag scope is S tac ook baie waarde vir geld. So my geld is 1ste - Vortex HST of Viper as jy nag ook gaan skiet. 2 de Sightron S - tac

Hoop dit help jou besluit.

Sent from my SM-A310F using Tapatalk
Dit help baie, Ek hou juis van die HST se funksies en reticle. Eks net versigtig dat die ander op my lys dalk beter kan wees wat 'n bietjie meer kos, maar ek weet nie genoeg nie. Wat is jou opinie op van die duurder scopes op die lys? Die PST? is tans op special... Die Bushnell? Leupold?
Ek het nog nie ondervinding met bushnell nie. Maar jy sal nooit verkeerd gaan met Leupold nie. Hul is virseker hul geld werd. Mooi helder, werk goed en het ook net so goeie waarborg soos vortex. Ek het nog nie deur die nuwe pst gen 2 gekyk nie. Maar sien die manne se hys baie beter as gen 1 se glas. Pst gen 1 en hst het selfde glas in so hul kyk selfde.

Sent from my SM-A310F using Tapatalk

Re: Teleskoop koop! Daar is altyd NOG opsies!

Posted: Sat Aug 04, 2018 12:31 pm
by figjam
Dis reg dankie vir jou insette Stoffel. Ek sal maar kyk of ek dalk 'n HST teen 'n goeie prys kan opspoor, die leupold lyk vir my 'n bietjie duur.

Re: Teleskoop koop! Daar is altyd NOG opsies!

Posted: Sun Aug 05, 2018 7:42 am
by stoffel pantoffel
figjam wrote:Dis reg dankie vir jou insette Stoffel. Ek sal maar kyk of ek dalk 'n HST teen 'n goeie prys kan opspoor, die leupold lyk vir my 'n bietjie duur.
Jy sal nie verkeerd gaan nie. Vortex het nou nie Swarovski of zeiss ens.. se glase nie. Maar ek sien baie mooi met myne. Wil elkgeval nie die bosluis op 'n bok skiet nie. Net goei skoot plasing kan toe pas. En vir my is hy helder genoeg vir dit.

Sent from my SM-A310F using Tapatalk