Page 1 of 1

2de .22lr

Posted: Mon Jul 30, 2018 6:10 pm
by Speelmansjagter
Naand almal.

Wil graag julle idees hoor. Miskien iemand wat al suksesvol was.
Moet aansoek doen vir n tweede .22 geweertjie. Wil nie graag van een ontslae raak nie.
Hoe gemaak met die motivering? Ek het n paar idees, maar wil eers hier hoor.
My pa het vir my n Norinco gekoop toe ek nog n seuntjie was. Hy loop al 26jaar saam met my.
Nou het ek n oberndorf mauser .22 gekry. Kan nie nee se nie.

Luister graag.
Jaco

Re: 2de .22lr

Posted: Mon Jul 30, 2018 6:14 pm
by JPS
Ek het paar. Motiveer net die een anders as die ander.

Bv ek het gesê my seun skiet links en ek regs en ons tref punte is dus op verskillende plekke ons albei oefen met die .22 vir kompetiesie omdat dit goedkoper is en ek dus meer .22’s benodig.

Was goedgekeur sonder enige probleme.

Jy moet net verduidelik die een is opgestel vir X en die ander een vir Y....

Re: 2de .22lr

Posted: Mon Jul 30, 2018 6:35 pm
by JacquesT (Stompe)
Soos Jan se, verduidelik hom net vir iets anders. Bv, jy gebruik jou 22 vir oefening vir jou ander gewere omdat amo so goedkoop is, maar die een wat jy het, het 'n scope op en die nuwe een sal sonder 'n scope wees om oop visier te oefen.

Re: 2de .22lr

Posted: Mon Jul 30, 2018 7:09 pm
by Speelmansjagter
Moet ek direk en spesifiek noem dat ek al klaar 'n .22 het, maar.......... dit en dit en dat.

Re: 2de .22lr

Posted: Mon Jul 30, 2018 7:10 pm
by JacquesT (Stompe)
Wel dit gaan nie vir hulle nuus wees as hul met jou file voor hulle sit nie. Ek sou.

Re: 2de .22lr

Posted: Tue Jul 31, 2018 9:58 am
by Tienie
Sit een n scope op en die ander oop visier of red dot.. Ek sit al met 4 van die outjies.. Scoped, red dot, silenced, open sight.... Many ways to kill a cat

Re: 2de .22lr

Posted: Tue Jul 31, 2018 6:40 pm
by Speelmansjagter
Lekker.
Dankie vir die advies.

Re: 2de .22lr

Posted: Tue Jul 31, 2018 9:32 pm
by Alwin
Speelmansjagter wrote:Moet ek direk en spesifiek noem dat ek al klaar 'n .22 het, maar.......... dit en dit en dat.
Jy moet spesefiek noem hoekom jou bestaande .22 nie geskik is vir die spesifieke doel nie, anders gaan hulle vir jou vertel jy het al ene wat jy kan gebruik.

Noem die verskille in:
Looplengte
Gewig
Treklengte (length of pull)
Visieropstelling
Zero-afstand
Gebruik
Weerbestandheid
ens.
ens.

Re: 2de .22lr

Posted: Wed Aug 01, 2018 7:42 am
by Speelmansjagter
Alwin wrote:
Speelmansjagter wrote:Moet ek direk en spesifiek noem dat ek al klaar 'n .22 het, maar.......... dit en dit en dat.
Jy moet spesefiek noem hoekom jou bestaande .22 nie geskik is vir die spesifieke doel nie, anders gaan hulle vir jou vertel jy het al ene wat jy kan gebruik.

Noem die verskille in:
Looplengte
Gewig
Treklengte (length of pull)
Visieropstelling
Zero-afstand
Gebruik
Weerbestandheid
ens.
ens.
Thanks