Page 1 of 1

Watter mm draad vir knaldemper.

Posted: Mon Jul 30, 2018 5:03 pm
by Lamtjop
Middag manne, ek het 2 gewere wat knaldempers moet kry. Watter draad sny die geweersmede die loop indien kroon 14mm en 16mm onderskeidelik is, sodat ek die knaldemper reg kan koop. Groete

Re: Watter mm draad vir knaldemper.

Posted: Mon Jul 30, 2018 5:18 pm
by Rudie
Oor die algemeen any 2mm kleiner as loop deursnee. Daar moet net genoeg vleis oor bly na thread gesny is.

Ek sal 14x1 en 12x1 sny

Sent from my SM-G930F using Tapatalk

Re: Watter mm draad vir knaldemper.

Posted: Tue Jul 31, 2018 2:23 pm
by ChristoK
Rudie wrote:Oor die algemeen any 2mm kleiner as loop deursnee. Daar moet net genoeg vleis oor bly na thread gesny is.

Ek sal 14x1 en 12x1 sny

Sent from my SM-G930F using Tapatalk

Ek het myne ook 2mm kleiner gesny

Re: Watter mm draad vir knaldemper.

Posted: Tue Jul 31, 2018 3:28 pm
by Finder20
Hoe baie "vleis " vat hulle weg met M18x1?

Staan die M"nommer" dus vir MM wat weg gevat word?

Re: Watter mm draad vir knaldemper.

Posted: Tue Jul 31, 2018 3:40 pm
by cassie_calvinia
18 is die dikte, 1 is die pitch. niks met die vleis te doen.
as kroon 14mm is, sny 12mm. dan is die pitch 1mm, en diepte 2mm. maw m12x1.
m18x1 sal jy gebruik op 'n kroon van 20mm

Re: Watter mm draad vir knaldemper.

Posted: Tue Jul 31, 2018 7:02 pm
by DiscoBiscuit
Goeie dag,

Sien hier is so bietjie verwarring.

M18-1 se outside diameter is 18mm met 'n 1mm "thread height"
As jy tussen die pieke meet is dit 17mm.
Waneer jy 'n M18-1 "thread" gat moet "tap", boor jy 'n 17mm gat en die "thread" is dan 1mm extra om die 18mm op the maak.
Die rede vir die verlies aan materiaal, (2mm as jou loop 20mm op die kroon meet) is twee delig. Dit lyk baie tos as jy net M20-1 "thread" op daai 20mm loop sny en jy kan nie 'n oordentlike "relief" agter die "thread sny nie".
Op 'n 14mm loop kan jy 'n M13-1 draad sny as jy bekommerd is oor die vleis verlies.

Mooi dag,

Herman



Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Watter mm draad vir knaldemper.

Posted: Tue Jul 31, 2018 7:25 pm
by Finder20
So Sal die M18x1 lekker werk of die Howa Heavy Barrel?

Sent from my HUAWEI VNS-L22 using Tapatalk

Re: Watter mm draad vir knaldemper.

Posted: Tue Jul 31, 2018 7:35 pm
by DiscoBiscuit
As hy 20mm op die kroon meet, ja. Tikka het dit altyd op die Sporters en Varmint reeks gebruik.
Kleiner sal die imperial 5/8x24 werk, sien Howa gebruik dit en Tikka gebruik dit op die TAC-A1.

Mooi dag,

Herman.

Re: Watter mm draad vir knaldemper.

Posted: Tue Jul 31, 2018 9:01 pm
by Andre308
Finder20 wrote:So Sal die M18x1 lekker werk of die Howa Heavy Barrel?

Sent from my HUAWEI VNS-L22 using Tapatalk
My een Howa het n M20x1 thread, en die ander een het n M18x1.

Die M18x1 gee jou genoeg spasie om n thread protector cap te sny wat die selfde profiel van die loop is, so dit lyk mooi, maar die M20x1 gee jou n 2de kaans om n skewe thread te laat oor sny sonder om n duim van jou loop te verloor.

En ja, ek weet darm van 2 gewere waar n duim af gesny was oor die draad skeef was.

Groete
Andre