Page 1 of 1
Blok se voorsit/dag roep stoel
Posted: Wed Oct 12, 2011 11:29 am
by Geno
Hallo manne,
Blok "Besemskieter" Botha het gevra ek moet die fotos vir hom opsit.
Hy sal self meer kom vertel:
[img width=560 height=420]
http://i779.photobucket.com/albums/yy80 ... ge0323.jpg[/img]
[img width=360 height=480]
http://i779.photobucket.com/albums/yy80 ... ge0328.jpg[/img]
[img width=560 height=420]
http://i779.photobucket.com/albums/yy80 ... ge0329.jpg[/img]
[img width=360 height=480]
http://i779.photobucket.com/albums/yy80 ... ge0325.jpg[/img]
Groete,
Eugene
Re: Blok se voorsit/dag roep stoel
Posted: Wed Oct 12, 2011 12:19 pm
by DWB
Dit lyk amper soos 'n Floorwhiz pro as hy opgevou is

Re: Blok se voorsit/dag roep stoel
Posted: Wed Oct 12, 2011 12:22 pm
by Gerhard
hy kan werk
Re: Blok se voorsit/dag roep stoel
Posted: Wed Oct 12, 2011 12:39 pm
by PITSMIT
ons luister oom blok
lyk indrukwekkend
Re: Blok se voorsit/dag roep stoel
Posted: Wed Oct 12, 2011 12:52 pm
by Raven
Blok,
Gooi bietjie ladings en spoed van daai BLOU geweer van jou
Netjiese vakmanskap
Raves
Re: Blok se voorsit/dag roep stoel
Posted: Wed Oct 12, 2011 1:34 pm
by grumpy
En die moertool wat daar le? Is dat vir die mis skoot dan gooi jy dit soos n tomahawk!!!!
Re: Blok se voorsit/dag roep stoel
Posted: Wed Oct 12, 2011 2:31 pm
by Ponkie
Blok
Kan die stoel 360grade draai? Kan mens sy hoogte ook bietjie verstel? Ek wil altyd as ek skiet beide my elmboe gestut he, maar as net my regter elnboog gestut is, kan dit ook werk! Dis elke geval beter as skoon uit die pype!
Lyk na die perfekte stoel vir saamdra na jou voorsitplek by ons in die karoo met 'n springbokjag. Sal ook lekker werk vir voorsit by 'n teelgat!
Groetnis
Ponkie
Re: Blok se voorsit/dag roep stoel
Posted: Wed Oct 12, 2011 2:45 pm
by Jassie
Blok
Goeie patent ou maat net een probleem. Dalk net vir ouens onder 80kg so ek en JB

sal maar sukkel
Waneer kan ek myne kom laai en wat kos dit.
Groete
JAS
PS ek maak mos die gewigsgrens of hoe?
Re: Blok se voorsit/dag roep stoel
Posted: Wed Oct 12, 2011 3:44 pm
by BLOK
Manne
Dankie vir die terugvoering, hierdie was die eerste proto tipe, en glo my hy is sterk genoeg dat selfs JB op hom kan sit. Ek het hom van 25mm staal gemaak omdat ek bang was hy nie sterk genoeg gaan wees nie maar die volgende een sal van dunner gemaak wees aangesien hierdie amper te sterk is. Ek glo as ek kleiner gaan sal hy nog ligter wees.
Raven
Daai geweer skiet nie koels nie hy mop bloed op.
Grumps
Daai moerin tool is maar dat jy size kan kry van hoe groot hy is.
Ponk.
Ja hy draai in die rondte so jy kan skiet waar hy staan, ek wil aan die volgende een werk vir nog n gladder draai aksie maar hierdie een werk goed genoeg. Die hoogte van die geweer kan jy stel en hoe ver hy van jou weg is so jy sal hom presies vir jou skouer kan kry. Wat die arm leuning betref dit kan seker aangebring word maar ek probeer juis gewig en grootte spaar aangesien jy met hom moet loop tot waar jy wil roep. Vir my werk hy lekker want met my regter elmboog kan ek op my regterbeen stut. Die groot rede hoekom ek hom gebou het is nie so seer vir akuraatheid nie maar makliker te beweeg na waar die jakkals staan met die minste moete en beweging van dele en vir op sit want man se boude en bene raak klaar van grond sit. Dis baie makliker om van iets af te skiet as niks, so vir daardie doel werk hy uitstekend.
Groete
Besem bok skieter Blok
Re: Blok se voorsit/dag roep stoel
Posted: Wed Oct 12, 2011 4:01 pm
by Lourens
Mooi gemaak daar Blok, dink daai stoel van jou sal loop soos stroop. Miskien moet ons volgende keer vir Andre op so ene sit as hy springbok skiet, dan sal daar darrem 'n paar patrone oor wees om mee jakkies te kap!
Groete,
Lourens
Re: Blok se voorsit/dag roep stoel
Posted: Wed Oct 12, 2011 4:10 pm
by BLOK
Rooijakkals
Maar die man het dan belowe hy sal nou sy eie geweer gaan koop en hard oefen vir volgende jaar se jag
Re: Blok se voorsit/dag roep stoel
Posted: Wed Oct 12, 2011 4:17 pm
by Lourens
Die man sukkel nog om sy competency deur te kry, hy reken hy sal vir hom 'n roer aanskaf sodra dit deur is. Dink ek moet maar volgende jaar vir hom die 338 of 375 gee, springbok sal dan solank loop le as hy daai groot koeel sien aankom!

Re: Blok se voorsit/dag roep stoel
Posted: Thu Oct 13, 2011 7:49 am
by Kokkie
Lekker stoel daai van jou,hoeveel het dit jou omtrent gekos om hom te bou?
Re: Blok se voorsit/dag roep stoel
Posted: Thu Oct 13, 2011 9:46 am
by Christo Els
Great stoel blok
Dis nou net wat ek nog het.
Re: Blok se voorsit/dag roep stoel
Posted: Thu Oct 13, 2011 9:29 pm
by PJS
Mooi stoel daai Blok. Ek sal dalk n draai gooi om te kom kyk! Het jy hom daar by die winkel, of by die huis?
Groete,
PJ
Re: Blok se voorsit/dag roep stoel
Posted: Fri Oct 14, 2011 7:37 am
by BLOK
PJ
Hy is hier by die winkel, jy kan maar enige tyd kom draai.
Re: Blok se voorsit/dag roep stoel
Posted: Sat Oct 15, 2011 9:15 am
by theedge
Great stoel blok
Re: Blok se voorsit/dag roep stoel
Posted: Sat Oct 15, 2011 2:18 pm
by Dawid
Blokkie, daai stoel gaan loop soos n meid met n mop, regtig n grend ding vir die luigat jagters. Kom miskien volgende week by jou verby....moenie worry nie ek sal nie soos Trekvolk verbygaan nie ek sal kom groet.