Page 1 of 1

.22 sub-sonic ammo

Posted: Wed Oct 12, 2011 10:08 am
by James Wilson
ek het gister vir my .22 n kd opgesit. ek en my 9 jarige seun het toe gaan wegkruip by n plek waar ek weet baie meerkaaie en tarentale kom eet. die jongman skiet toe sommer 3 waaiersterte so agter mekaar. later toe ons op pas is uit die plaas toe kom daar n duiker verby. ons ry toe so stadug agter hom aan en ek lig hom so nou en dan met n hand flits. later staan hy mooi en die jonman skiet hom tussen die oe.  later die aand kom se hy vir my hy weet nou hekom is gewere so lekker.

my probleem is ek beplan al lankal om die silencer op te sit, en so soek ek al lank na sub-sonic ammo maar kry niks. ek het nog so 70 patrone oor.  weet iemand waar ek nog kan kry? die sub-sonic en daai silencer is ongelooflik sag. ek smaail elke keer as die skoot afagaan.  wat van std velocity sal dit ook werk?

ns. (niks van die bogenoemde is met n .22 geskiet nie ;))

Re: .22 sub-sonic ammo

Posted: Wed Oct 12, 2011 4:12 pm
by Dawie
Jagbehep

Ek weet nie of dit nog beskikbaar is nie maar,  plaaslik vervaardigde "Match Trainer" patroontjies werk net so goed soos "Subsonics" vir 'n fraksie van die prys!!....Toe ons Ko-op dit nog aangehou het. Dink hulle was R18.00 vir 50 so 2jaar terug  :'(

Jy kan ook "Standard velocity" probeer...van hulle is ook onder die klankgrens.

Korregeer asb. as ek lieg

Cheers

Kojak

Re: .22 sub-sonic ammo

Posted: Wed Oct 12, 2011 5:35 pm
by baboonstalker
Dawie, jy is reg, die match trainers was ook (meestal) subsonies. Hier en daar hoor jy wel een wat klap so hulle moet redelik naby aan die grens wees. Die probleem is dat hulle gladnie meer gemaak word nie en hulle dus baie moeilik is om in die hande te kry.

As daar iemand is wat nog 'n paar "bricks" van hulle onder die bed of in die solder het, sal ek hulle met liefde en vergoeding by jou oorneem. (NA Jagbehep sy deel gevat het natuurlik)

Hulle loop soos stroop in my .22!

BS.

Re: .22 sub-sonic ammo

Posted: Wed Oct 12, 2011 6:35 pm
by Blackie Swart
Jagbehep van waar is jy.Hier by ons handelaar het hy nog baie Remmington sub-sonics.Dink hy vra so R65 per pakkie.Ek is in Port Nolloth in die Noord Kaap.
Groete
Blackie

Re: .22 sub-sonic ammo

Posted: Wed Oct 12, 2011 6:42 pm
by blaser
Was vandag by nobeltec in centurion hulle het  s en b teen  r 50 n pakkie

Re: .22 sub-sonic ammo

Posted: Wed Oct 12, 2011 9:24 pm
by Pvdw
LA Arms in Pretoria het ook.

Peet

Re: .22 sub-sonic ammo

Posted: Wed Oct 12, 2011 9:29 pm
by Hein M.
Jagbehep

Ek gebruik Remington Subsonic en Highland ZX in my .22 (met KD).  Veral die Highlands loop pragtig stil.

My neef koop altyd by Southern Arms.  http://www.southernarms.co.za/contact.html

Hier in die Kaap is hulle nogal beskikbaar.

Mooiloop!

Hein

Re: .22 sub-sonic ammo

Posted: Thu Oct 13, 2011 7:41 am
by James Wilson
manne, nou hoe gaan ek die goed in die hande kry.  ek wil julle asb versoek om die ammo te koop as julle dit sien. ek sal julle dadelik vergoed daarvoor. dan kan dit maar eers by julle le, ek sal dan n plan maak om dit by julle te kry. in my omgewing is daar geen van die sub-sonics nie.

wie van julle het al n kd op die .22 gesit?  ek was baie verbaas oor die produk. dit lyk of dit van polly urutaan(spelling?) gemaak is. dit is seker nie langer as 10cm nie en is seker so 2cm in deursnee. dit het ook geen impak gehad op my piont of impact nie.

Re: .22 sub-sonic ammo

Posted: Thu Oct 13, 2011 8:16 am
by SmitH
Het self een op my .22 en moet se hy is sagter as die windgeweer gebruik Remmington se subsonics

Re: .22 sub-sonic ammo

Posted: Thu Oct 13, 2011 8:27 am
by blaser
ek sal vir jou koop maar miskien moet ons eers praat 0824916997

Re: .22 sub-sonic ammo

Posted: Fri Oct 14, 2011 12:46 pm
by James Wilson
dankie manne, die van die lug af terugvoer wat ek gekry het was suksesvol