Page 1 of 1
Leupold Mounts Help asb?
Posted: Fri Jul 27, 2018 9:18 am
by Original Harry
Sonder dat ek gaan kyk het soek ek gou 'n bietjie forum raad asb
Ek het 'n Winchester Mod 70 Pre-64 in 300 H&H wat nuwe teleskoop basisse en ringe verdien
Omdat die geweer model oud is en basisse nie meer so volop is nie kon ek darem Leupold se QR 2 piece basis in die hande kry.
http://cdn.shopify.com/s/files/1/2182/0949/products/L114976_6d5d3198-cde4-4386-9331-c5ecf5029a15_1024x1024.jpg?v=1512142931
My vraag is moet die "locking oortjies" vorentoe of agtertoe wys nadat dit gelock is.........maak dit nie saak nie......... of fit die basis net een manier???
(Ek bieg ek het nognie self op die geweer gaan kyk nie en waardeer die hulp)
Re: Leupold Mounts Help asb?
Posted: Fri Jul 27, 2018 10:20 am
by Gian_dP
Sover Ek dit het moet oortjies links sit en draai kloksgewys vas, dis agtertoe as hulle vas is. "Cut out" op agterste montering is om grendel te akkomodeer.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Re: Leupold Mounts Help asb?
Posted: Fri Jul 27, 2018 10:46 am
by FHM
Leopold se werf se so...
"Turn the lever forward and an eccentric on the lever shaft engages the base of the ring, pulling it down and forward on the base, locking it solidly into its “zero”
Re: Leupold Mounts Help asb?
Posted: Mon Jul 30, 2018 3:01 pm
by Original Harry
Ek het die QR blokkies en ringe die naweek opgesit en het die volgende opmerkings
As gevolg van die standaard spasieering van die gaatjies op die aksie pas die blokkies net een manier. Kort blokkie voor en lang blokkie agter
Die lang blokkie agter kan ook net een manier opkom anders druk die slot hefboom as jy dit oop maak teen hom vas
(Die blokkie is nie weggesny om die aksie en slot hefboom in die oop posisie te akkomodeer soos op die foto bo nie. Dit lyk ook indien die blokkie omgedraai sou kon word sou die ring om te pas voor die oogstuk my forseer om die teleskoop te vêr terug te skuif)
Die installasie lyk reg en die teleskoop ringe sit op die regte plekke volgens my oordeel
Die lang blokkie agter het egter 'n sowat 5-8mm oorhang voorentoe oor die slotaksie opening waarvan ek persoonlik nie hou nie

Lewe julle daarmee saam????
Ek vermoed ek gaan die standaard staal Weaver-tipe mount blokkies van Leupold opsit en standard staal Weaver tipe mounts opsit.....of is dit net ek????
Opmerkings asb???
Re: Leupold Mounts Help asb?
Posted: Tue Jul 31, 2018 7:36 am
by ruaanb
foto?
Re: Leupold Mounts Help asb?
Posted: Tue Jul 31, 2018 11:11 am
by Original Harry
Hiermee so 'n paar
(Dalk kan ek tog daarmee saamleef......wat doen julle???)
http://i100.photobucket.com/albums/m23/Carel_01/20180730_185958_1024x768.jpg
http://i100.photobucket.com/albums/m23/Carel_01/20180730_185938_1024x768.jpg
http://i100.photobucket.com/albums/m23/Carel_01/20180730_190042_1024x768.jpg
Re: Leupold Mounts Help asb?
Posted: Tue Jul 31, 2018 11:15 am
by Original Harry
...en nog 'n paar
http://i100.photobucket.com/albums/m23/Carel_01/20180729_122133_768x1024.jpg
http://i100.photobucket.com/albums/m23/Carel_01/20180729_122152_768x1024_1.jpg
http://i100.photobucket.com/albums/m23/Carel_01/20180729_122350_1024x768_1.jpg
Re: Leupold Mounts Help asb?
Posted: Tue Jul 31, 2018 12:43 pm
by FHM
Daai bietjie oorhang op die agterste monteerstuk sal my persoonlik niks gepla het nie.
Re: Leupold Mounts Help asb?
Posted: Tue Jul 31, 2018 12:51 pm
by heywillie
As dit nie pla tydens laai van die magasyn nie, sou ek dit los
Re: Leupold Mounts Help asb?
Posted: Wed Aug 01, 2018 7:51 am
by Pappabeer
Pragtige geweer.
Dit is maar so dat hulle oorhang. Daar is korter tipe Leupold basisse wat jy kan kry, wat op die redfield patent geskoei is. Hulle behoort flush agter te sit. Anders is n Weaver basis en ringe ook n goeie opsie. My een FN se gate is so geboor dat hy 3mm oorhang en dit pla nie.
Re: Leupold Mounts Help asb?
Posted: Wed Aug 01, 2018 10:21 am
by Original Harry
Dankie manne
Die oorhang pla glad nie met die laai nie
Die geweer het tot nou toe Weaver mounts op gehad met 'n 1.5X Weaver teleskopie met 'n single post reticle maar my oë is net nie meer daar nie
Voorlopig los ek hom so want hy het binnekort werk
Dit gaan net oor die estetiese vir my! So antwoord is vir my dan staal blokkies (ek het Leupold sin) en 'n goeie stel Weaver tipe mounts en dan sal ek geen overhang hê nie
(Ek is juis nie 'n voorstaander van Quick Release Mounts nie......is maar 'n persoonlike ding)
Ja Pappabeer, die geweer is nog pragtig en ek is bietjie stout oor hom en suinig om te veel te skiet

Re: Leupold Mounts Help asb?
Posted: Sun Sep 23, 2018 9:30 am
by Original Harry
.....en op 'n laaste trofee jag vir die jaar het alles bymekaar gekom........die ou Winchester met die nuwe mounts was suksesvol in die veld
Baie sweet maar ek voel goed
http://i100.photobucket.com/albums/m23/Carel_01/DSC_0160.jpg
Gemeet 28"
http://i100.photobucket.com/albums/m23/Carel_01/DSC_0145.jpg
Re: Leupold Mounts Help asb?
Posted: Sun Sep 23, 2018 10:20 am
by Pappabeer
Baie geluk met n pragtige Waterbok bul. Dis noggal net die geweer en kaliber kombinasie vir hom daai.