Page 1 of 1
Johnson - aanglip stewels (Maluti of Chelsea)
Posted: Wed Jul 25, 2018 8:20 am
by Carl
Goeie more
Ek wil hoor het iemand al van hierdie stewels getoets oor 'n langer termyn? Ek is deeglik bewus hulle gaan heel moontlik nie kers vashou by die Blundstones nie, maar ook nie in die $$$ arena nie
https://www.workweardepot.co.za/site/user_data/images/Maluti_Boot_1.jpg
Re: Johnson - aanglip stewels (Maluti of Chelsea)
Posted: Wed Jul 25, 2018 8:51 am
by Arnold
Ek dra die BOVA Chelsea en vir 'n elke dag dra is ek tevrede. Die boonste rek gedeelte op die skoen trek/rafel egter vinnig uit.
https://bova.co.za/product/chelsea/
Ek hou van die tiepe skoen en luister saam na terugvoer oor die model.
Re: Johnson - aanglip stewels (Maluti of Chelsea)
Posted: Wed Jul 25, 2018 8:59 am
by blaser
as jy die tipe skoen koop jy Blundstones en kry klaar
Re: Johnson - aanglip stewels (Maluti of Chelsea)
Posted: Wed Jul 25, 2018 9:27 am
by Arnold
blaser wrote:as jy die tipe skoen koop jy Blundstones en kry klaar
Vir die prys kan ek omtrent 4 pare van die BOVA skoene koop en ek dra hulle gemiddeld so 2 jaar 'n paar so die koste regverdig dit gladnie vir my nie.
Re: Johnson - aanglip stewels (Maluti of Chelsea)
Posted: Wed Jul 25, 2018 9:34 am
by Raditipa
Ek het n paar Johnson Chelsea's wat nou op hulle 4de jaar is. Hulle kry so nou en dan dubin polish en ek moes al hulle inners vervang maar anders as dit is hulle die beste boot vir die prys. Ek dra hulle daagliks hulle is my werk, kerk, jag en braai skoene.
Re: Johnson - aanglip stewels (Maluti of Chelsea)
Posted: Wed Jul 25, 2018 9:36 am
by tau
Ek het op 'n tyd die Johnsons gebruik by die werk, maar hulle is vrek swaar en gee lelike druk punte op tone.
Ek het na die CAT propane gegaan, hulle is so bietjie duurder en hou darem mooi vir my in olie en diesel.
Die bova's is lekker lig wat nice is.
Ek het Tarzans ook vir sag loop.
Ek het vriende wat Bluntstones dra en een wat RW Williams dra, maar nie een van hulle is baie in olie en diesel nie.
Re: Johnson - aanglip stewels (Maluti of Chelsea)
Posted: Wed Jul 25, 2018 12:43 pm
by Cobus(Cobb)
Johnson hou my nou seker 5 jaar.....maar ja, hy druk my tone na dag twee op 'n jag
Het nou n stel Redlines wat ek instap.
Cheers
Re: Johnson - aanglip stewels (Maluti of Chelsea)
Posted: Wed Jul 25, 2018 12:47 pm
by Ratel
Jammer dalk Hijack ek nou. As jy nie safety skoene soek nie kan jy ook kyk na CAT Evander boots. Ek ruil my CATS vir geen ander stewel. Die wat ek nou dra hou al drie jaar. Het sommer nog 'n paar gekoop wat ek in die kas bere.
Re: Johnson - aanglip stewels (Maluti of Chelsea)
Posted: Wed Jul 25, 2018 12:50 pm
by FHM
Carl,
die Strassberger aanglip stewels is ook nie te versmaai nie - en hierdiekant het dit my onder 1 K gekos, dra dit feitlik elke dag al 2 jaar, by werk en op die kleinhoewe. Niks trek los, die brug rek is nog vas en in een stuk. Dubbin een keer n week werk hom mooi.

Re: Johnson - aanglip stewels (Maluti of Chelsea)
Posted: Wed Jul 25, 2018 2:52 pm
by jooste
Carl
Ek sit met n paar aan hier by die werk (Jonsons net soos in foto heel bo)). Wat n lekker skoen. Baie lig en maak gladnie jou voete moeg nie.
Ek moes na 21 Jaar nuwe jagstewels koop en loop die toe raak in George vir n goeie prys.
Drie weke terug met hulle gaan jag. Ver geloop. Geen moeg of brand voete. Lekker skoene man.
Hulle is so goedkoop dat as hulle dalk nie hou nie kan jy hulle elke jaar of twee vevang.
Koop maar gerus. Jy sal nie spyt wees nie.
Groete
Re: Johnson - aanglip stewels (Maluti of Chelsea)
Posted: Wed Jul 25, 2018 3:20 pm
by Nella
Ek het lank blundstones gedra.
Kry toe n paar Lason skoene..dis nou 7 jaar later en ek dra nou net my lasons. Kon nog nie een paar stukkend loop nie , het al wel so drie stelle se sole deur geloop. Maar teen R200 om dit weer by die fabriek te laat hersool is ek mal oor hulle. Hulle sole is werklik sag en het nog nie n ander skoen gehoor wat stiller as die in die veld loop nie
Ek is duk en weeg 125kg ..en dan het ek nog boonop breë plat pote met n hoë brug so ek trap skoene dat hul luister. Hierdie manne maak n werklike half grote skoen. .nie soos die ander make wat ek twee sizes te groot moet koop om my voete in te kry nie
Die lason se Chelsey is fantasies. .raak glad nie Los op jou voet nader hand nie en jy trap nie daai leer stukkend nie.
Beste van als..Chelsey kos n almintige R650..en die manne werk van marble hall af.
Koop maar ..sal nie spy wees nie
Re: Johnson - aanglip stewels (Maluti of Chelsea)
Posted: Wed Jul 25, 2018 3:57 pm
by ZKK
Nella het jy dalks n link?
Re: Johnson - aanglip stewels (Maluti of Chelsea)
Posted: Wed Jul 25, 2018 3:57 pm
by ZKK
Mind you, will almal nie sommer links plaas nie
Re: Johnson - aanglip stewels (Maluti of Chelsea)
Posted: Wed Jul 25, 2018 4:50 pm
by heywillie
Vir bakkie jag werk Crocs baie goed...
Re: Johnson - aanglip stewels (Maluti of Chelsea)
Posted: Wed Jul 25, 2018 5:11 pm
by Arnold
Nella wrote:Ek het lank blundstones gedra.
Kry toe n paar Lason skoene..dis nou 7 jaar later en ek dra nou net my lasons. Kon nog nie een paar stukkend loop nie , het al wel so drie stelle se sole deur geloop. Maar teen R200 om dit weer by die fabriek te laat hersool is ek mal oor hulle. Hulle sole is werklik sag en het nog nie n ander skoen gehoor wat stiller as die in die veld loop nie
Ek is duk en weeg 125kg ..en dan het ek nog boonop breë plat pote met n hoë brug so ek trap skoene dat hul luister. Hierdie manne maak n werklike half grote skoen. .nie soos die ander make wat ek twee sizes te groot moet koop om my voete in te kry nie
Die lason se Chelsey is fantasies. .raak glad nie Los op jou voet nader hand nie en jy trap nie daai leer stukkend nie.
Beste van als..Chelsey kos n almintige R650..en die manne werk van marble hall af.
Koop maar ..sal nie spy wees nie
Het hulle n webtuiste, sal graag n paar wil aanpas aangesien ek ook sulke kort dik voetjies het

Re: Johnson - aanglip stewels (Maluti of Chelsea)
Posted: Wed Jul 25, 2018 5:12 pm
by junglejulian
Re: Johnson - aanglip stewels (Maluti of Chelsea)
Posted: Wed Jul 25, 2018 7:07 pm
by Arnold