Page 1 of 1

NightForce SHV vs Vortex Viper PST GEN II vs Burris XTR II

Posted: Tue Jul 24, 2018 2:49 pm
by Finder20
Manne,

Watter tussen die 3 (NightForce SHV F1 (FFP) vs Vortex Viper PST GEN II (FFP) vs Burris XTR II Scope 5-25x50mm 34mm Tube SCR Mil) sou julle kies en hoekom?

Luister graag....

Re: NightForce SHV F1 (FFP) vs Vortex Viper PST GEN II (FFP)

Posted: Tue Jul 24, 2018 2:51 pm
by Ranger
I'm also listening to this one.

Re: NightForce SHV F1 (FFP) vs Vortex Viper PST GEN II (FFP)

Posted: Tue Jul 24, 2018 4:17 pm
by Arnold
Bushnell DMR II 3.5-21x50 >:D

Re: NightForce SHV F1 (FFP) vs Vortex Viper PST GEN II (FFP)

Posted: Tue Jul 24, 2018 6:53 pm
by Capt. Yoda
Arnold wrote:Bushnell DMR II 3.5-21x50 >:D
Daai een

Re: NightForce SHV vs Vortex Viper PST GEN II vs Burris XTR

Posted: Tue Jul 24, 2018 7:09 pm
by le-grange
Finder20 wrote:Manne,

Watter tussen die 2 (NightForce SHV F1 (FFP) vs Vortex Viper PST GEN II (FFP) vs Burris XTR II Scope 5-25x50mm 34mm Tube SCR Mil) sou julle kies en hoekom?

Luister graag....
Naand Finder.

Ek sal se die Night force. Ek het self die Atacr NightForce op my 243 en man hy impress my baie.Vir my gan dit oor konstandheid en hy bied dit oor en oor jy sal nie spyt wees nie. Al is dit die SHV jy gan elke sent terug kry wat jy spandeer op hom

Groete
Ben

Sent from my S31 using Tapatalk

Re: NightForce SHV F1 (FFP) vs Vortex Viper PST GEN II (FFP)

Posted: Tue Jul 24, 2018 8:03 pm
by Vleisie
Ek het self ‘n PST Gen 2 FFP en het al met die Burris XTR geskiet. Ek sal ook vir die outjie gaan.
Arnold wrote:Bushnell DMR II 3.5-21x50 >:D
Daardie Bushnell is ‘n beer van ‘n scope, as ek weer moet koop sal ek verseker die Bushnell koop. ‘N vriend van my het 2, hy het sy Kahles vervang met die Bushnell.

Re: NightForce SHV vs Vortex Viper PST GEN II vs Burris XTR

Posted: Tue Jul 24, 2018 9:27 pm
by WicusdP
Ek geniet my SHV!!!

Die XTR se glas impress my glad nie. Het sy glas al 'n paar keer sy-aan-sy vergelyk met SHV asook met PST Gen1.....my en 2 van my vriende se opinie was dat XTR se glas swakker as die ander was. Ons al 3 se opinie was dat hy melkerig voorgekom het.

Maar ek hou van die XTR se kruis, hoe sy knoppe draai en sy voorkoms.

Re: NightForce SHV vs Vortex Viper PST GEN II vs Burris XTR

Posted: Tue Jul 24, 2018 9:45 pm
by Dumbluck
Ek kyk ook toevallig na al die scopes genoem om binnekort op my nuwe 223 te sit, so ek hou die draad fyn dop.

Ek gebruik van die begin af die PSTII 5-25x50 FFP as n maatstaf oor hy al die funksies het wat ek soek teen redelike prys, maar ek wil nie so groot vergroting om die 223 sit nie.

My hart praat ook vir daai F1 SHV... Voel net soos die regte scope vir 'n 223, maar ek het navrae gedoen en hy is uit voorraad by die agente, die XRS II' s ook... Ek het darm nog tyd

Sent from my SM-G950F using Tapatalk

Re: NightForce SHV vs Vortex Viper PST GEN II vs Burris XTR

Posted: Tue Jul 24, 2018 10:04 pm
by joe rocket
Finder gaan loer deur al die loerbuise soos hierbo genoem en nie in die winkel nie gaan loer buite naby, ver, draai die knoppe, toets die parralaks en al die lekker dinge. Ek gaan nie vir jou sê wat om te kies nie maar ek was bitter teleurgesteld in die SHV se glas. Die Bushnell ai dit is mos nou n loerbuis waar jy kontras en definisie kan sien, ek raak skoon lieries. Die SHV is nie n Atacr nie en sal ook nooit wees nie.

Re: NightForce SHV vs Vortex Viper PST GEN II vs Burris XTR

Posted: Wed Jul 25, 2018 4:26 am
by Swede
Wat prys die Bushnell?

Sent from my SM-G950F using Tapatalk

Re: NightForce SHV vs Vortex Viper PST GEN II vs Burris XTR

Posted: Wed Jul 25, 2018 7:02 am
by 6.5/284Norma
Vir die (my) geld loshande die Burris, ek het twee XTR II scopes en hulle staan nie terug vir My Leica of Kahles nie. Verstelling is presies en herhaalbaar. Die beeld makeer ook niks nie.

Hulle is die enigste fabrikaat wat 'n waarbog vir ewig het nie net vir lewe lank nie.

Re: NightForce SHV vs Vortex Viper PST GEN II vs Burris XTR

Posted: Wed Jul 25, 2018 7:33 am
by Capt. Yoda
Swede wrote:Wat prys die Bushnell?

Sent from my SM-G950F using Tapatalk

Hulle verkoop so tussen 20 en 22k hier rond.

Re: NightForce SHV vs Vortex Viper PST GEN II vs Burris XTR

Posted: Wed Jul 25, 2018 8:49 pm
by WicusdP
Finder20 wrote:Manne,

Watter tussen die 2 (NightForce SHV F1 (FFP) vs Vortex Viper PST GEN II (FFP) vs Burris XTR II Scope 5-25x50mm 34mm Tube SCR Mil) sou julle kies en hoekom?

Luister graag....
In daardie prysklas.....het jy al gekyk na Sightron S3?

Re: NightForce SHV vs Vortex Viper PST GEN II vs Burris XTR

Posted: Wed Jul 25, 2018 10:57 pm
by Jackalsniper
Ek het nogal die naweek by Wildman gekyk na die verskillende scopes se helderheid. Bushnell engage ( dink 5-20 x50), vortex pst en Nightforce SHV ( onthou net hy kon tot 14 vergroot. Ek het heel eerste gevra na n XTR ii ,maar hulle het nie gehad nie. Die engage het n lekker kruishaar, maar nie watwonderse glas nie, en ek het gestel aan paralax ens om die beste beeld te kry. maar die vortex was heelwat helderder glas en die SHV net nog beter as die Vortex as dit dalk vir iemand iets beteken. ek sal
graag deur nog n groter vergroting SHV wou kyk en ek sou graag my meopta langs hulle wou vergelyk..

Re: NightForce SHV vs Vortex Viper PST GEN II vs Burris XTR

Posted: Thu Jul 26, 2018 7:43 am
by KnifeOfWar
Dalk kyk na die Delta Optics reeks?

Re: NightForce SHV vs Vortex Viper PST GEN II vs Burris XTR

Posted: Thu Jul 26, 2018 8:38 am
by Rem
More Manne,

Ek het self n XTR2 en n DMR 2 op my twee roere. Ek het gister middag by safari gestop en vriend uitgehelp oor gewere, daarna na die PST gen2 gekyk.

My waarneming. Die XTR 2 en DMR2 is gebou soos n Tank, Daai twee scopes voel definitief harder as n PST 2 (maar is self baie beindruk met die PST 2 se bou gehaalte)

Die DMR 2 se glas is net beter as die PST 2 en XTR 2 sin, al voel party sterker daaroor as ander, ek dink steeds die DMR 2 sal in 99% van die mense se oe die beste wees.
Ek is baie lief vir die XTR 2, maar dis n groot scope, so as jou roer korter is sal jy dalk nie van die "look" hou nie. Verder is daardie SCR Mil/MOA kruishaar n baie goeie opsie dink ek (die DMR 2 se G3B kruis is self baie nice) Die PST 2 se glas is n groot verbetering van die vorige een af, ek hou van die beeld.

As ek moes kies sou ek net die DMR 2 koop, dan is dit PST2 en XTR2 baie naby (mag dalk die een oggend voel PST 2 en die ander oggend XTR 2),die NF SHV sal laaste hier vir my wees. Persoonlik voel ek die NF SHV kan net nie kers vashou as dit kom by waarde vir geld teen die nader manne nie. As daardie SHV n ander handelsnaam op gehad het, sou jy hom gekoop het vir daardie geld dis nou n gesprek vir n ander dag maar ek se steeds DMR 2 en hy is lekker kort ook.

Dit klink nou of ek net teen n NF is (nou deur alles gelees), kom ek stel dit so. n NF is vir my soos n Iphone, as jy eers een gebruik dan betaal jy heelmoontlik die volgende keer weer die premie al is die produk op papier nie so goed soos die res nie is dit n produk wat jy koop en jy weet hy is eenvoudig en gaan werk.

My 2c

Re: NightForce SHV F1 (FFP) vs Vortex Viper PST GEN II (FFP)

Posted: Thu Jul 26, 2018 8:22 pm
by Joe13
Capt. Oblivious wrote:
Arnold wrote:Bushnell DMR II 3.5-21x50 >:D
Daai een
Waar kan n man so teleskoop van nader bekyk?

Re: NightForce SHV vs Vortex Viper PST GEN II vs Burris XTR

Posted: Thu Jul 26, 2018 9:58 pm
by snakker
Rem wrote:Dit klink nou of ek net teen n NF is (nou deur alles gelees), kom ek stel dit so. n NF is vir my soos n Iphone, as jy eers een gebruik dan betaal jy heelmoontlik die volgende keer weer die premie al is die produk op papier nie so goed soos die res nie is dit n produk wat jy koop en jy weet hy is eenvoudig en gaan werk.
Ek dink jy moet bietjie meer tyd agter 'n nightforce deurbring... Dan gaan jy dalk van deuntjie verander. Dit wat saak maak aan 'n teleskoop is spot on met die SHV (akkurate tracking, goeie glas en great reticle)

Btw Hierdie post was nie op 'n iPhone gedoen nie

Re: NightForce SHV vs Vortex Viper PST GEN II vs Burris XTR

Posted: Thu Jul 26, 2018 10:08 pm
by Rem
snakker wrote:

Nee kyk ek stem saam, dis n great produk, in my opinie dink ek net nie die SHV gaan nie by n DMR 2 by hou nie. Vriend van my het sy NXS met my DMR 2 vergelyk en gese die DMR 2 se glas is vir hom beter. Op die einde van die dag is dit die man se eie keuse. Hierdie is ook hoekom ek so baie van Jaracal hou, die manne help en gee ingeligte opinies.

Sent from my SM-G960F using Tapatalk

Re: NightForce SHV vs Vortex Viper PST GEN II vs Burris XTR

Posted: Thu Jul 26, 2018 10:09 pm
by Rem
Joe13 wrote:
Capt. Oblivious wrote:
Arnold wrote:Bushnell DMR II 3.5-21x50 >:D
Daai een
Waar kan n man so teleskoop van nader bekyk?
Ockert van Quenets. Goeie diens en great pryse

Sent from my SM-G960F using Tapatalk

Re: NightForce SHV vs Vortex Viper PST GEN II vs Burris XTR

Posted: Thu Jul 26, 2018 10:10 pm
by snakker
Dmr word hoog aangeskryf deur baie prs manne, so ek glo nie jy is verkeerd om hom te geniet nie. Ek dink die ouer nxs se glas mag dalk bietjie afsteek by nuwe generasie nxs en shv though

Sent from my Redmi Note 3 using Tapatalk

Re: NightForce SHV vs Vortex Viper PST GEN II vs Burris XTR

Posted: Thu Jul 26, 2018 10:18 pm
by Rem
snakker wrote:Dmr word hoog aangeskryf deur baie prs manne, so ek glo nie jy is verkeerd om hom te geniet nie. Ek dink die ouer nxs se glas mag dalk bietjie afsteek by nuwe generasie nxs en shv though

Sent from my Redmi Note 3 using Tapatalk
Ja kyk, as ek dit nie verkeerd het nie, het die Bushnell span met DMR2's onlangs PRS gewen (hulle kan die beste skutte wees maar wys jou net die DMR2's kan) net nog n getuienis is die king of the 2 mile, wat so maand terug gewen is (en n nuwe rekord) met n bushnell XRS2 (DMR2 is baie dieselfde, dalk net ander vergroting opsies)
3.2km gaan my verstand tebowe.

Sent from my SM-G960F using Tapatalk

Re: NightForce SHV vs Vortex Viper PST GEN II vs Burris XTR

Posted: Thu Jul 26, 2018 10:20 pm
by snakker
Rem wrote:
snakker wrote:
3.2km gaan my verstand tebowe.
Nee wat, skiet daai sommer met duplex scopie

Sent from my Redmi Note 3 using Tapatalk

Re: NightForce SHV vs Vortex Viper PST GEN II vs Burris XTR

Posted: Thu Jul 26, 2018 10:29 pm
by Rem
snakker wrote:
Rem wrote:
snakker wrote:
3.2km gaan my verstand tebowe.
Nee wat, skiet daai sommer met duplex scopie

Sent from my Redmi Note 3 using Tapatalk
Ja wat, daai Tasco World Class 6x42 wat rondle, laat 3.2km soos n chip en n putt lyk.

Sent from my SM-G960F using Tapatalk

Re: NightForce SHV vs Vortex Viper PST GEN II vs Burris XTR

Posted: Fri Jul 27, 2018 10:46 am
by Finder20
WicusdP wrote:
Finder20 wrote:Manne,

Watter tussen die 2 (NightForce SHV F1 (FFP) vs Vortex Viper PST GEN II (FFP) vs Burris XTR II Scope 5-25x50mm 34mm Tube SCR Mil) sou julle kies en hoekom?

Luister graag....
In daardie prysklas.....het jy al gekyk na Sightron S3?
Hi Wicus, ek het maar ek soek Illum en die S3 se Illum sit op die Ocular housing en ek hou nie van dit nie, as ek daai geld uit haal soek ek ook n estetiese "mooi" scope :P