Page 1 of 1

SAJWV Thabazimbi Skiet Kompetisie 25 Augustus 2018

Posted: Tue Jul 24, 2018 9:02 am
by Jakkels 223
More Almal,

SAJWV Thabazimbi bied weer die jaar n skiet kompetisie aan.
Ongelukkig is daar nie, soos in die verlede, groot pryse te wen nie, borge is maar taai
Daar gaan wel n "lucky draw" wees na afloop van die skiet en prys uitdeling.

Dit gaan wel n lekker skiet uitdaging wees.

Hoop om jul daar te sien

Groete

Jackie van Rooyen

Re: SAJWV Thabazimbi Skiet Kompetisie 25 Augustus 2018

Posted: Mon Aug 27, 2018 8:27 am
by Supacow
Is daar al uitslae beskikbaar?
Watter afstande was die teikens en hoe was die skietposisies?

Re: SAJWV Thabazimbi Skiet Kompetisie 25 Augustus 2018

Posted: Fri Aug 31, 2018 8:54 am
by Jakkels 223
More Supacow,
Persoonlik dink ek dit was n lekker skiet gewees, wind het lekker gewaai en die skiet interresant gemaak.
Gonbaan 1 - Jakkelskoppe, posisie was le met X-bag voor, geen ondersteuning agter. Afstande nie gemeet nie maar ek skat dit was 1 - 180m, 2 - 300m, 3 - 210 & 4 - 250m
Gongbaan 2 - springbok kop - sit, skiet oor 210l drom 1 - 275m, 2 - 210m, 3 - 245m, 4 - 190m
By elk van die bogenoemde bane is een kop vervang met 200mm gong
Gongbaan 3 - Berg 200mm gonge, Sit agter op bakkie met jagraam en pap X-bag. 1- 315m, 2 - 305m, 3 - 295m, 4 - 290m
Papierbaan 1 - Blouwildebees, teiken afstand 70m, posisie staan en wissel tussen 4 punte - 1 - staan teen y-paal, 2 - staan met 3 poot, 3 - staan met lende lam 3 poot, 4 - staan skuins paal tussen 2 y-pale vas gemaak. Slegs kop se v-kol het getel as 30.1, hart het slegs 30 getel ongeag of skoot in v-kol was
Papierbaan 2 - Springbokteiken, teiken 125m, sit by skiet tafel, skiet van elmboe af, geen additionele ondrsteuning. Kop en hart se v-kol het as 30.1 getel
Hoogste telling vir die dag was 520.3 uit n moontlike 600.8
Die blouwildebees karkas gong uitdaging was daar 3 gonge (200mm,150mm &80mm) op so 350m gesit, slegs 3 skote in 3 minute, wind het daar erg moeilikheid gemaak, snaaks genoeg was die 200mm gong nie raak geskiet nie maar wel die 150mm & 80mm, 2 skuts kon dit reg gekry het en wenner is toe per lucky draw gekies.
Al die terugvoer wat ontvang was, was dat dit n lekker uitdagende skiet was.
Groete daar en dankie vir die belangstelling.
Jackie