Page 1 of 1
Remmington 700 in .308 se sneller
Posted: Mon Jul 23, 2018 8:34 pm
by PWV
Ek het verlede week met my seun se Remmington geskiet (of probeer skiet).
Die sneller is so swaar dat geen mens akkurate skootplasing kan kry waar jy behoorlik moet rem om die skoot af te druk.
Het iemand ondervinding van die oorspronklike sneller?
Kan hy gestel word?
Is dit nodig om die sneller te vervang met 'n ander fabrikaat?
Laat hoor, asseblief.
Re: Remmington 700 in .308 se sneller
Posted: Mon Jul 23, 2018 8:52 pm
by Rudi Fischer
Ek sou n Timney op sit van die begin af.
Hulle is so R3k as ek reg onthou
Re: Remmington 700 in .308 se sneller
Posted: Mon Jul 23, 2018 9:13 pm
by Mellies
PWV wrote:Ek het verlede week met my seun se Remmington geskiet (of probeer skiet).
Die sneller is so swaar dat geen mens akkurate skootplasing kan kry waar jy behoorlik moet rem om die skoot af te druk.
Het iemand ondervinding van die oorspronklike sneller?
Kan hy gestel word?
Is dit nodig om die sneller te vervang met 'n ander fabrikaat?
Laat hoor, asseblief.
Oom moet die safety eers afhaal!!!
Al my 700s het Timneys op. Soos Rudie sê dis so 3k of selfs bietjie goedkoper.
Met n vleisie...
Re: Remmington 700 in .308 se sneller
Posted: Mon Jul 23, 2018 9:46 pm
by DiscoBiscuit
Weet nie of almal kan stel nie, maar my 700 SPS kan stel en hy is nou so lig soos die Rifle Basix op my Howa.
Mooi aand!
Herman
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Remmington 700 in .308 se sneller
Posted: Tue Jul 24, 2018 12:11 am
by Ds J
Daar was n fabrieksfout op sekere Remington gewere se snellers. Dit lyk asof die snellers maklik afgegaan het, en nie te swaar nie. Waarskynlik nie julle situasie nie, maar kyk tog daarna?
Google asb "Remingtion 700 trigger recall"?
Re: Remmington 700 in .308 se sneller
Posted: Tue Jul 24, 2018 4:53 am
by Geno
Die Triggertech Special model het my nogal beindruk as dit by verstelbaarheid kom. 'n Nice feature is dat hy stel in clicks so jy weet min of meer hoeveel onse hy op n slag stel. Hy kos gewoonlik in die R4000
Sent from my CLT-L09 using Tapatalk
Re: Remmington 700 in .308 se sneller
Posted: Tue Jul 24, 2018 9:49 am
by PWV
Mellies wrote:PWV wrote:Ek het verlede week met my seun se Remmington geskiet (of probeer skiet).
Die sneller is so swaar dat geen mens akkurate skootplasing kan kry waar jy behoorlik moet rem om die skoot af te druk.
Het iemand ondervinding van die oorspronklike sneller?
Kan hy gestel word?
Is dit nodig om die sneller te vervang met 'n ander fabrikaat?
Laat hoor, asseblief.
Oom moet die safety eers afhaal!!!
Al my 700s het Timneys op. Soos Rudie sê dis so 3k of selfs bietjie goedkoper.
Met n vleisie...
Mellies, jou ou grapmaker!!
Baie dankie vir al die manne se inligting. Sal uitvind of hy kan stel. R3000+ is bietjie kwaai knou vir my begroting.
As iemand dalk 'n 2de-handse een het wat stof vergader in die laaikamer en sal pas, kan hy of sy my PM.
Groetnis
Re: Remmington 700 in .308 se sneller
Posted: Tue Jul 24, 2018 10:12 am
by Yogi
Haal die sneller uitmekaar, 1200 water skuurpapier op al die vlakke waar meterial raak. Die skarnier punte ook. Pasop om die breekvlak rond te maak so sit die paier op plat oppervlak en skuur die metaal daarop. Jy kry hom baie beter, nie R4000 beter nie maar baie beter.
Re: Remmington 700 in .308 se sneller
Posted: Tue Jul 24, 2018 10:42 am
by tripodmvr
Yogi, ek sien die manne se sakke is diep as dit by oplossings kom. Daardie poleer van die sneller het my 303 s'n lekker glad en ligter gemaak.
Re: Remmington 700 in .308 se sneller
Posted: Tue Jul 24, 2018 10:49 am
by Yogi
Self my 308 VLS se sneller mooi gepolish en hy is seepglad maar nog steeds veilig, as hy te rond geskuur word kan hy maklik AD, so toets en maak seker.
My 243 het Thor sneller op, al die bewegende dele mooi gepolish asook die binnekand van die sneller "housing" met roomys stokkie met skuurpapier om. Al die haakplekkies is nou uit so hy trek baie egalig, nog bietjie swaar na my mening maar ek sal nog daarby uitkom. Skuurpapier=R10 , tyd=baie, satisfaksie as jy dit regkry=priceless.