Page 1 of 1

.303 nuwe loop?

Posted: Mon Jul 23, 2018 7:48 am
by Macros999
Hi Almal,

Ek het my my pa se ou .303 geerf (wat hy by sy pa geerf het ens) - dit is 'n baie ou weergawe, gemaak in 1917, so in die dae toe corrosive primers nog hoogmode was.

Ek het hom al 'n paar keer baan toe gevat, maar hy skiet maar rond en bont - toe na 'n gunsmith wat na die loop gekyk het, en gediagnoseer het as 'n "pitted barrel".

Die geweer het sentimentele waarde, maar ek persoonlik dink dat net 'n geweer wat akkuraat skiet interresant is - so ek moet besluit wat om te doen. Ek weet nie of dit die moete werd is om die geweer to hou as ek hom nie gaan skiet nie (want dit is net nie fun 'n 'n onakkurate geweer te skiet nie).

Ek weet dit gaan seker nie koste-effektief wees om die barrel te vervang nie, maar daar is die issue van sentimentele waarde - my vraag is dus...

Waar gaan ek 'n .303 barrel opspoor, en wat dink julle gaan dit kos (ingesluit gunsmithing), as ek ooit een in die hande kan kry? Of watter ander opsies is daar?

Re: .303 nuwe loop?

Posted: Mon Jul 23, 2018 7:54 am
by alecjohnson
standaard loop vervang hier is loop koste + R3500

as daar visiere opgesit moet word gaan dit natuurlik duurder wees.

Re: .303 nuwe loop?

Posted: Mon Jul 23, 2018 8:52 am
by Nella
N "pitted barrel " op daai ou manne is glad nie iets ongewoons nie .
Toe gegee jy gaan nie uit hom n een gat groep geweer maak nie maar as die "lands en grooves" nog werk baar is kan jy hom defnetief nog kry om n heel billikke groep te laat skiet.
Het nou al met n paar van hulle gespeel en kon elkeen na baie werk onder 2" op n 100m laat konstant skiet. .
Kort eers n klompie werk aan hulle kolwe en dan op sy ladings.
Maar herwin eers n koeël wat hy geskiet het en kyk of hy duidelike groef merke op sy skag maak.

Re: .303 nuwe loop?

Posted: Mon Jul 23, 2018 9:23 am
by andre007
Nella wrote:N "pitted barrel " op daai ou manne is glad nie iets ongewoons nie .

Stem met Nella. Ek het al n klomp Sannas uitgesort vir manne wat hulle vir tommybars wou gebruik. Daai herwinde koeel sal vir jou n mooi prentjie gee van hoe die loop lyk. Al die lope wat deur my hande was was bitter vuil, net met skoonmaak alleen het groeppe verbeter, dan speel man ook met Hornady pille wat .312 en nie .311 is nie, dit help met die ou lope wat bietjie gesluit is.

Dan pakwerk. Op Sterkstroom was n ou Oomie wat die Sannas gesporterize het en dan met kurk gepak, dit het aan die begin goed gewerk, dan na hulle lekker warm gebak was deur die loop het hulle begin krimp en verbrokkel en dan was dit n probleem.

Dan laastens, teleskoop monterings. Hulle was maar nie altyd reg opgesit nie, maak maar seker hulle is reg monteer.

My 2c

Re: .303 nuwe loop?

Posted: Mon Jul 23, 2018 9:26 am
by Macros999
Nella wrote:N "pitted barrel " op daai ou manne is glad nie iets ongewoons nie .
Toe gegee jy gaan nie uit hom n een gat groep geweer maak nie maar as die "lands en grooves" nog werk baar is kan jy hom defnetief nog kry om n heel billikke groep te laat skiet.
Het nou al met n paar van hulle gespeel en kon elkeen na baie werk onder 2" op n 100m laat konstant skiet. .
Kort eers n klompie werk aan hulle kolwe en dan op sy ladings.
Maar herwin eers n koeël wat hy geskiet het en kyk of hy duidelike groef merke op sy skag maak.
Wat het jy aan die kolwe gedoen? En wat is die beste manier om 'n koeel te herwin... ek moet iets doen, want dit krap aan my...

Re: .303 nuwe loop?

Posted: Mon Jul 23, 2018 9:49 am
by Philip J
Macros999 wrote:
Nella wrote:En wat is die beste manier om 'n koeel te herwin... ek moet iets doen, want dit krap aan my...
n Lekker fris sandwal of n klompie 25 liter kanne vol water wat jy agter mekaar staan maak.

Re: .303 nuwe loop?

Posted: Mon Jul 23, 2018 9:50 am
by Macros999
Andre - watter spesifieke Hornady is .312? Ek het gou op 'n paar web-pages gekyk, en dit lyk nie of hulle dit aandui nie? Dit klink ook na iets om te probeer...

Re: .303 nuwe loop?

Posted: Mon Jul 23, 2018 9:53 am
by Philip J
Macros999 wrote:Andre - watter spesifieke Hornady is .312? Ek het gou op 'n paar web-pages gekyk, en dit lyk nie of hulle dit aandui nie? Dit klink ook na iets om te probeer...
Ek spring nou sommer hier in namens Andre
Hornady se 150gr en 174gr Interlock 303 koeëls is .312

https://www.hornady.com/bullets/rifle/#!/

Kriek se koeëls is egter net .311
Ek het dit met hom bevestig toe ek koeëls vir my 303 bestel het.

Re: .303 nuwe loop?

Posted: Mon Jul 23, 2018 10:05 am
by andre007
Macros999 wrote:Andre - watter spesifieke Hornady is .312? Ek het gou op 'n paar web-pages gekyk, en dit lyk nie of hulle dit aandui nie? Dit klink ook na iets om te probeer...
https://www.hornady.com/bullets/rifle/3 ... lock-sp#!/

Almal met .303's hier by ons skiet hulle.

Re: .303 nuwe loop?

Posted: Mon Jul 23, 2018 10:14 am
by Philip J
Ander ding wat ek vergeet het om te noem is dat die 174gr n rondeneus koeël is wat beteken die dravlak (bearing surface) is baie meer as die 150gr spitser. Dit help ook vir lope wat nie meer in skou kondisie is nie.

Re: .303 nuwe loop?

Posted: Mon Jul 23, 2018 3:17 pm
by Frederik
Baie keer as die kroon oorgedoen word van die ou roere saam met die pak help dit ook baie groot verskil in my ou 303 gemaak wat nou 'n vriend van my sin is. Hy jag nou elke jaar met hom skiet nie honderde skotte per jaar nie maar genoeg en die geweer werk gemiddeld so 1 1/2" groep moet dit net nie verwag met 5 skote nie die loop raak te vinnig warm.

Re: .303 nuwe loop?

Posted: Mon Jul 23, 2018 4:15 pm
by Wielie Waps
Skies vir die hijack , maar ek weet Hornady het op 'n stadium nie meer 303 koeels gemaak nie.
Het hulle nou weer met produksie begin?

Re: .303 nuwe loop?

Posted: Mon Jul 23, 2018 4:25 pm
by tripodmvr

Re: .303 nuwe loop?

Posted: Mon Jul 23, 2018 4:30 pm
by andre007
Willem, daar is huidiglik n skaarste aan 150gr pille maar ons kry nog 174gr oral. Die sprake was dat hulle sou soos die ander vervaardigers standardiseer na .311, maar hulle het blykbaar nie die pad gevolg nie. Maar die laastes wat ek gekry het was R150 meer per pak as die wat ek vir jou gekry het.

Re: .303 nuwe loop?

Posted: Mon Jul 23, 2018 4:51 pm
by OosKaapJagter
Ek kan ook bevestig van 'n vriend wie se 303 hom moedeloos gehad het. Hierdie .312 koeëls het sy probleem heeltemal uitgesorteer.

https://www.safarioutdoor.co.za/product ... n-100-3130

Re: .303 nuwe loop?

Posted: Mon Jul 23, 2018 5:11 pm
by Macros999
Awesome! Ek gaan dus maar eers probeer reload me die .312 koeels en kyk wat gebeur - het 'n quote gekry vir 'n nuwe loop by Truvelo - dit gaan my so net oor die R7k kos net vir die loop - so seker so R11k vir alles as ek gelukkig is.

Ek gaan maar eers probeer om te kyk of reloading met die Hornady's nie die issue gaan verbeter nie - ek het nog net winkelpatrone (PMP) met hom geskiet, miskien gaan ek hom beter kry met reloading.

Het iemand .303 dies waarvan hy ontslae will raak - lyk vir my ek is in die mark vir .303 dies...

Re: .303 nuwe loop?

Posted: Mon Jul 23, 2018 5:51 pm
by Nella
https://youtu.be/EPt7UHBghEc
Hoop daai skakel werk.
Gaan bietjie deur die man se videos. ..hy is spesefiek op lee enfield. .
Hy verduidelik rerig alles baie mooi..as jy die dinge wat hy genoem het deer gewerk het op jou skieter gaan daar defnetief n verbetering klaar wees.
Ek het op n bsa 303 gehad wat nie n a4 kon raak skiet op 100m nie..net sy raad gevolg en ons was klaar op so 3"..met verdere ladings gespeel en daai man raak raak nou aan n konstante duim.
Nog n ding wat vir my redelik opvallend was met die 303 is dat hy met 0.2gr n baie groot verskil maak...maklik van 3" na 1" Toe.
Hulle lekker vol nonsens op hul ladings maar as jy hom gewen het is daai n baas bosveld skieter

Re: .303 nuwe loop?

Posted: Mon Jul 23, 2018 5:55 pm
by dennisinpe
Mooi 303 op Gunafrica met loop soos nuut seg dit. Koop dit vir loop en kolf en skrap aksie. Weet egter nie hoe moeilik admin is nie.
Moeite werd om na te kyk eerder as om Truvelo loop op te sit en dis nog steeds niks werd nie.

Re: .303 nuwe loop?

Posted: Mon Jul 23, 2018 6:38 pm
by alecjohnson
Macros999 wrote:Awesome! Ek gaan dus maar eers probeer reload me die .312 koeels en kyk wat gebeur - het 'n quote gekry vir 'n nuwe loop by Truvelo - dit gaan my so net oor die R7k kos net vir die loop - so seker so R11k vir alles as ek gelukkig is.

Ek gaan maar eers probeer om te kyk of reloading met die Hornady's nie die issue gaan verbeter nie - ek het nog net winkelpatrone (PMP) met hom geskiet, miskien gaan ek hom beter kry met reloading.

Het iemand .303 dies waarvan hy ontslae will raak - lyk vir my ek is in die mark vir .303 dies...

PM my maar het 'm stel wat nie meer gebruik gaan word nie

Re: .303 nuwe loop?

Posted: Tue Jul 24, 2018 6:57 am
by Macros999
Nella wrote:https://youtu.be/EPt7UHBghEc
Hoop daai skakel werk.
Gaan bietjie deur die man se videos. ..hy is spesefiek op lee enfield. .
Hy verduidelik rerig alles baie mooi..as jy die dinge wat hy genoem het deer gewerk het op jou skieter gaan daar defnetief n verbetering klaar wees.
Ek het op n bsa 303 gehad wat nie n a4 kon raak skiet op 100m nie..net sy raad gevolg en ons was klaar op so 3"..met verdere ladings gespeel en daai man raak raak nou aan n konstante duim.
Nog n ding wat vir my redelik opvallend was met die 303 is dat hy met 0.2gr n baie groot verskil maak...maklik van 3" na 1" Toe.
Hulle lekker vol nonsens op hul ladings maar as jy hom gewen het is daai n baas bosveld skieter
Baie dankie Nella - ek sal so bietjie kyk. As ek mag vra, wat se kruit gebruik julle op die 303? Ek herlaai op die oomblik vir my 7x64 en 3006, so ek is net vertroud met S365... Maar ek sien volgens Somchem gebruik hulle S335 en S341 - maar ek het ook gesien 'n paar manne gebruik S355. So watter een werk die beste?

Re: .303 nuwe loop?

Posted: Tue Jul 24, 2018 8:13 am
by Nella
Ek het nog nooit 365 gebruik op n 303 nie.
Ek het op die epps en op 215gr koeëls wel S355 gelaai
Maar het op die eiende met al die 303 maar op geeiendig met S335.

Re: .303 nuwe loop?

Posted: Tue Jul 24, 2018 8:23 am
by JPS
Nella wrote:Ek het nog nooit 365 gebruik op n 303 nie.
Ek het op die epps en op 215gr koeëls wel S355 gelaai
Maar het op die eiende met al die 303 maar op geeiendig met S335.
Stem saam Nella,

Vir die 200gn en 215gn koeels werk S355 baie mooi.

Vir die 174 of die 150gn Hornadys is S335 die antwoord. En soos almal al genoem het die Hornady koeels werk baie mooi in die ou bos gewere.

Re: .303 nuwe loop?

Posted: Tue Jul 24, 2018 9:48 am
by Philip J
Macros999 wrote:
Nella wrote:https://youtu.be/EPt7UHBghEc
Hoop daai skakel werk.
Gaan bietjie deur die man se videos. ..hy is spesefiek op lee enfield. .
Hy verduidelik rerig alles baie mooi..as jy die dinge wat hy genoem het deer gewerk het op jou skieter gaan daar defnetief n verbetering klaar wees.
Ek het op n bsa 303 gehad wat nie n a4 kon raak skiet op 100m nie..net sy raad gevolg en ons was klaar op so 3"..met verdere ladings gespeel en daai man raak raak nou aan n konstante duim.
Nog n ding wat vir my redelik opvallend was met die 303 is dat hy met 0.2gr n baie groot verskil maak...maklik van 3" na 1" Toe.
Hulle lekker vol nonsens op hul ladings maar as jy hom gewen het is daai n baas bosveld skieter
Baie dankie Nella - ek sal so bietjie kyk. As ek mag vra, wat se kruit gebruik julle op die 303? Ek herlaai op die oomblik vir my 7x64 en 3006, so ek is net vertroud met S365... Maar ek sien volgens Somchem gebruik hulle S335 en S341 - maar ek het ook gesien 'n paar manne gebruik S355. So watter een werk die beste?
Ek het S341 en S355 al probeer, maar dit wou nie saamspeel in my geweer nie. Ek laai nou net met S335 .

303 + S335 + 174gr HornadyRN + Magnum slagdoppies = ;D

Hulle loop saam soos brood en konfyt!

Re: .303 nuwe loop?

Posted: Tue Jul 24, 2018 10:22 am
by Macros999
Dankie Almal - ek gaan maar kyk of ek 'n blik S335 kan kry (weet nie of dit so skaars soos S365 is nie, dit is nou vir jou 'n gesukkel om in die hande te kry), en probeer sien wat daai Hornady's maak. Ek sien die 174gr Hornady's is darem redelik beskikbaar...