Page 1 of 2

Tikka Tx-3 7mm Rem Mag

Posted: Wed Jul 18, 2018 4:14 pm
by Chevvy SS
Is 'n 7mm Rem Magnum 'n derduiwel om akkuraat te laat skiet?

Re: Tikka Tx-3 7mm Rem Mag

Posted: Wed Jul 18, 2018 4:18 pm
by tripodmvr
Somchem se dryfmiddels is te vinnig vir die groot dop. Ek dink nie dat die geweer nie akkuraat sal wees nie, maar die 7mm Rem trap maar hard agtertoe en daarom kan dit die skietwerk nadelig beinvloed. Jy het mos n 7x64. Slegs so 100-150vps stadiger as die 7mm RM.

Re: Tikka Tx-3 7mm Rem Mag

Posted: Wed Jul 18, 2018 4:31 pm
by Gawie(13mm)
Manne en dames.
Al die feite op die tafel. ;D Hoe lank is 'n stuk tou?

Marius, ek kan jou 'n brief gee dat 'n Tikka met 'n dik "varmint" loop in 7mm Rem Mag minder aanvoelbare terugskop met 'n demper gaan hê as Chevvy se huidige 7x64.met dieselfde koeël. Ek het eerstehandse kennis en daai roer van hom skiet baie mooi, maar dit is nie 'n bakkie geweer nie. Stap jag definitief, maar hy roer jou skouer met daai mooi kolf en dun loop.

Ek het met die nommers gespeel op my kompertjie en jy kan die 7 mm RM aflaai na die 7x64 se nodes met S 385, maar jy kan nie die 7x64 oplaai na die 7mm RM se maksimum nie.

Albei stoot 'n 162 grein koeël teen 2800 vps by die tromp. Die RM benodig wel 6 grein meer kruit om dit te kan doen, maar gooi nog 5 grein by en hy stap uit op 2930 vps.

Daar is geen rakgeweer beskikbaar in 7x64 met 'n dik loop nie.

Re: Tikka Tx-3 7mm Rem Mag

Posted: Wed Jul 18, 2018 4:35 pm
by Steyr270
Klink of elke man n 7mm rem mag in sy arsenaal moet he?

Re: Tikka Tx-3 7mm Rem Mag

Posted: Wed Jul 18, 2018 4:35 pm
by Gawie(13mm)
Dit is hoe Chevvy se 7x64 op die oomblik skiet op 100m met 'n 162 SST @ 2800vps. by die kroon.//uploads.tapatalk-cdn.com/20180718/5a9c882b9308266587c9ee06b1849703.jpg

Re: Tikka Tx-3 7mm Rem Mag

Posted: Wed Jul 18, 2018 6:02 pm
by LoopSoosStroop
Watter groef draai het daai Tikka 7 mm RM?

Ek het ook nog "unfinished business" met daardie kaliber, maar dit sal 'n 1 in 8" pyp moet wees.

Re: Tikka Tx-3 7mm Rem Mag

Posted: Wed Jul 18, 2018 9:22 pm
by Chevvy SS
Twist: 1 in 9.5”

Re: Tikka Tx-3 7mm Rem Mag

Posted: Wed Jul 18, 2018 10:32 pm
by CarelG
Chevvy SS wrote:Is 'n 7mm Rem Magnum 'n derduiwel om akkuraat te laat skiet?
Ek ken n Oom Allewyn Conradie wat skiet verstaan….voormalige President Skiet Kampioen…en hy het so paar jaar gelede aan my gereken dat n ou die perd nie sonder handskoene aanpak nie…glo n parmantige kaliber...kan myself nie verder as dit uitlaat nie...

Groete

Re: Tikka Tx-3 7mm Rem Mag

Posted: Thu Jul 19, 2018 6:28 am
by tripodmvr
Chevvy, sit die gegewens van die geweer op sodat mens beter raad kan gee. Jy gaan heelwaarskynlik 150/160 gr koele moet skiet. Is die geweer bedoel vir skyfskiet oor langer afstande?

Re: Tikka Tx-3 7mm Rem Mag

Posted: Thu Jul 19, 2018 8:02 am
by Capt. Yoda
Julle manne is bang vir n 7RM wat n 160gr klas koel amper so vinnig skiet soos wat n WM n 200gr + klas koel skiet? Where have all the real men gone

Re: Tikka Tx-3 7mm Rem Mag

Posted: Thu Jul 19, 2018 8:08 am
by ruaanb
Capt. Oblivious wrote:Julle manne is bang vir n 7RM wat n 160gr klas koel amper so vinnig skiet soos wat n WM n 200gr + klas koel skiet? Where have all the real men gone
:laugh: :laugh: :laugh: :laugh:

Re: Tikka Tx-3 7mm Rem Mag

Posted: Thu Jul 19, 2018 8:28 am
by Willie
Ek laai vir n 7mm RM 160 en 170 gr punte met 'n baie matige spoed van 2700. Dit is wel vir jag en nie lang afstand of papier skiet nie. Ons kan dus ver van die geweer se regte potensiaal wees maar hy bring elke keer sy bokke huis toe. Met 'n knaldemper op skop daardie geweer baie minder as my 30 nul kwes :(

Re: Tikka Tx-3 7mm Rem Mag

Posted: Thu Jul 19, 2018 8:36 am
by Chevvy SS
tripodmvr wrote:Chevvy, sit die gegewens van die geweer op sodat mens beter raad kan gee. Jy gaan heelwaarskynlik 150/160 gr koele moet skiet. Is die geweer bedoel vir skyfskiet oor langer afstande?
Marius, ek kyk daarna om my 7x64 en 300WM te verkoop en 1 nuwe geweer te koop. Ek kan nêrens 'n dikloop Tikka of Sako 7x64 kry nie en wil graag 'n 7mm hê. Ek het nie lus om te bou nie.

Ek gaan bietjie groepering skiet tot so 300m, en hopelik later 'n bietjie bene rek. Jag sal seker die hoofprioriteit wees, springbok tot elandgrootte.

Re: Tikka Tx-3 7mm Rem Mag

Posted: Fri Jul 20, 2018 3:56 pm
by tau
Oom Chev as jy die eerstekeer 'n Gemsbok met 'n 7mm RM en 162gr SST teen 2880 fps skiet besef jy waarvoor hy gemaak is. Daar is baie beter WSM, Shehani, Tombi 7mm, maar met jou 7mm RM en Fed of Winchester gekoopte patrone skiet jy in die Namib baie dinge ver plat al waai die wind.

SY terugskop sonder knaldemper is geniepsig as die wapen lig is. Die Tikka T3X het ek al in 300 WSM geskiet en hy sal mooi werk in 7mm RM.

EK sal altyd 'n 7mm RM besit al is dit net om Gemsbokke in die Namib te skiet.

Re: Tikka Tx-3 7mm Rem Mag

Posted: Fri Jul 20, 2018 4:19 pm
by Chevvy SS
Dankie tau.

Re: Tikka Tx-3 7mm Rem Mag

Posted: Fri Jul 20, 2018 8:26 pm
by tripodmvr
My 150gr TSX uit die 7x64 doen bykans diesefde spoed en is 'n wenner. Waarvoor iets anders soek wat meer skop en nie veel wen nie. Chevy kan ek dalk n staalborsel voorstel ++>:

Re: Tikka Tx-3 7mm Rem Mag

Posted: Sat Jul 21, 2018 9:30 pm
by Chevvy SS
Marius, watter fabrikaat/maak moet ek gebruik? https://www.northerntool.com/shop/tools ... _200659198

Gegewe die feit dat ek 2 kalibers wil prysgee het die 7mm RM my gat begin krap. Die hoofrede is dat ek nie 'n fabrikaat 7x64 kan kry waarvan ek hou nie. Dit lyk vir my asof die geweerwinkels hulle nie meer invoer nie.

Re: Tikka Tx-3 7mm Rem Mag

Posted: Sun Jul 22, 2018 10:46 am
by Dale SH
Chevy

Why dont you just buy the CZ550 and change the stock to something you like.

Re: Tikka Tx-3 7mm Rem Mag

Posted: Sun Jul 22, 2018 11:44 am
by tripodmvr
Tikka, CZ, Zastava, Sabatti, Musgrave. Probeer hiermee krap met die 7x64 lengte model.

Re: Tikka Tx-3 7mm Rem Mag

Posted: Sun Jul 22, 2018 11:45 am
by Gawie(13mm)
Dale SH wrote:Chevy

Why dont you just buy the CZ550 and change the stock to something you like.
Chevvy is vol str@nt. >:D
Hy soek 'n "rak geweer" met 'n 24 duim, dik loop. Kaliber, in enige 7mm wat 'n 160 tot 180 grein koeël, teen 2800 vps kan skiet. Verkieslik 'n Sako of Tika aksie.

Re: Tikka Tx-3 7mm Rem Mag

Posted: Sun Jul 22, 2018 6:35 pm
by tau
tripodmvr wrote:My 150gr TSX uit die 7x64 doen bykans diesefde spoed en is 'n wenner. Waarvoor iets anders soek wat meer skop en nie veel wen nie. Chevy kan ek dalk n staalborsel voorstel ++>:
Ek skiet 150 gr TTSX teen 2910 fps.

7 mm RM is soos 4.0 V6 vs 3.0 diesel. Albei down die job die een is net lekkerder en duurder.

Re: Tikka Tx-3 7mm Rem Mag

Posted: Mon Jul 23, 2018 10:07 am
by Hercules Louw
Chevvy, 'n 7mm Rem Mag en 'n 30-06 se terugskop is maar in dieselfde klas. Die probleem met die Tikka's in die kaliber is die magasynlengte. Indien jy die moderne lang hoë BC koeëls wil skiet sal jy waarskynlik gedwing word om hulle een-een met die hand te voer. Ek dink 'n Remington Sendero is 'n beter keuse vir 'n 7mmRemMag.

Re: Tikka Tx-3 7mm Rem Mag

Posted: Mon Jul 23, 2018 11:36 am
by Chevvy SS
Chevvy SS wrote:
CarelG wrote:
Chevvy SS wrote:Is 'n 7mm Rem Magnum 'n derduiwel om akkuraat te laat skiet?
Ek ken n Oom Allewyn Conradie wat skiet verstaan….voormalige President Skiet Kampioen…en hy het so paar jaar gelede aan my gereken dat n ou die perd nie sonder handskoene aanpak nie…glo n parmantige kaliber...kan myself nie verder as dit uitlaat nie...

Groete

Carel, ek het 'n pm gestuur. Kyk asb. of dit deur is na jou?

Re: Tikka Tx-3 7mm Rem Mag

Posted: Mon Jul 23, 2018 11:39 am
by Chevvy SS
Dale SH wrote:Chevy

Why dont you just buy the CZ550 and change the stock to something you like.

Dale, I am hooked on the Tikka bolt.

Re: Tikka Tx-3 7mm Rem Mag

Posted: Mon Jul 23, 2018 11:41 am
by Mellies
Chevvy SS wrote:
Dale SH wrote:Chevy

Why dont you just buy the CZ550 and change the stock to something you like.

Dale, I am hooked on the Tikka bolt.
Gaan jy met n Tikka Varminter in 7RM gaan?

Dankie.

Met n vleisie...