Page 1 of 1

ALRHA amptelikke skiet dag: 18 Augustus 2018

Posted: Wed Jul 18, 2018 2:41 pm
by JacquesT (Stompe)
Dag manne,

8am 18 Augustus kom ons weer bymekaar op Ballistic Beast te Parys vir 'n ALRHA skiet dag. Dit is ons 3de amptelikke skiet dag vir die jaar.

Weereens het ons die Varmint klas wat skiet van 300m tot 600m en die Hunter klas wat skiet van 400m tot 1000m. Daar sal ook weer die 1000m Springbok cold bore wees.

Alle reels en regulasies is uiteengesit op die inskrywing form asook hoeveel petrone benodig word. Ons vra dat alle inskrywings 'n week voor die shoot sal in wees. Indien dit nie in nie sal daar eers weer op die dag van die shoot geleentheid wees om in te skryf.

Ons vra ook indien jy die CBC gaan skiet om die gelde saam met jou inskrywings fooie te betaal.

Kom geniet die dag saam met ons.

Groete,
ALRHA Exco

Re: ALRHA amptelikke skiet dag: 18 Augustus 2018

Posted: Wed Jul 18, 2018 8:17 pm
by Jaco V
Dis omtrent hoogtyd, sien baie uit daarna, sal defnitief daar wees.

Re: ALRHA amptelikke skiet dag: 18 Augustus 2018

Posted: Wed Jul 18, 2018 8:21 pm
by JPS
Paar van ons gaan dit mis ongelukkig, die Long range Championship in Bloemfontein is geskuif van 9-11 Augustus na 16-18 Augustus.

Julle manne moet hom geniet.

Re: ALRHA amptelikke skiet dag: 18 Augustus 2018

Posted: Thu Jul 19, 2018 7:36 am
by Capt. Yoda
https://yourtruthdiet.files.wordpress.com/2013/05/sc.jpg

Re: ALRHA amptelikke skiet dag: 18 Augustus 2018

Posted: Sat Jul 21, 2018 1:16 pm
by MrFive
With the August date now being different to what was communicated earlier in the year, I will now not be able to attend this event.

Hope all of you and my shooting partner have fun though :'(

Re: ALRHA amptelikke skiet dag: 18 Augustus 2018

Posted: Mon Aug 13, 2018 10:41 am
by JacquesT (Stompe)
More manne,

Ons het die elektroniese inskrywings verleng na Woensdag toe, daarna kan julle op die dag self inskryf.

Daar is nog heelwat plek in die Varmint klas vir manne wat die water wil kom toets. Kom durf die Vrystaat wind saam met ons aan.

Groete,
ALRHA Exco

Re: ALRHA amptelikke skiet dag: 18 Augustus 2018

Posted: Sat Aug 18, 2018 6:18 pm
by Jaco V
Soos altyd baie lekker manne. Dankie aan almal wat dit moontlik maak. Daai wind het my paar lesse geleer vandag.
Oom Fantie, was lekker om te ontmoet en saam jou te skiet vandag.

Re: ALRHA amptelikke skiet dag: 18 Augustus 2018

Posted: Sat Aug 18, 2018 6:53 pm
by Fanta300
Dankie Jaco, ja daai wind was erg.

Dankie aan al die organiseerders. Was moeilik maar lekker.

Jammer ek moes so gou ry. Moes iemand op Parys gaan sien oor ‘n geweer 8)

Tot volgende keer

Fantie

Re: ALRHA amptelikke skiet dag: 18 Augustus 2018

Posted: Mon Aug 20, 2018 11:15 am
by JacquesT (Stompe)
Ons wil net baie dankie sê vir almal wat bygewoon het. Soos oom Fantie en Jaco te reg noem, was die wind kwaad Saterdag. Ons het gusts gehad van 35mph wind op 'n stadium uit 15 tot 25 grade. Nou dit klink maklik en min, met daai 10 grade verskil kan jou windage verdubbel op 1000m.

Hier is 'n paar fotos. As manne nog fotos geneem het kan julle sonmer hier kom deel asb

Ek sal later vandag 'n update met die resultate kom doen.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20180820/07042792c0fbdbd8114121f5609cfebd.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20180820/c1e25bec0abdab358239f5ec887cc21f.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20180820/81fa9f38e052619913c8c22db176bf92.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20180820/a25068fd359641a20817a355bf35e8cb.jpg

Re: ALRHA amptelikke skiet dag: 18 Augustus 2018

Posted: Mon Aug 20, 2018 11:35 am
by Capt. Yoda
Koudste wat ek nog in my lewe gekry het!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!


Een wat Morne geneem het, toe het die gazebos al klaar weg gewaai
https://image.ibb.co/k3NPse/IMG_20180818_WA0059.jpg

Re: ALRHA amptelikke skiet dag: 18 Augustus 2018

Posted: Mon Aug 20, 2018 3:26 pm
by DawieKotze
Cappie - jy is sommer koulik man! Daar staan die manne dan met kortbroeke! :laugh: :laugh: :laugh:

As mens na daai vlae kyk, dan was dit sommer 'n lekker uitdagende skiet.

Re: ALRHA amptelikke skiet dag: 18 Augustus 2018

Posted: Mon Aug 20, 2018 3:40 pm
by Hein22
Hy was tien teen een die een met die kort broek. As dit regtig koud is die dag trek cappie twee kortbroeke aan... ;D

Re: ALRHA amptelikke skiet dag: 18 Augustus 2018

Posted: Mon Aug 20, 2018 3:47 pm
by JacquesT (Stompe)
Hein22 wrote:Hy was tien teen een die een met die kort broek. As dit regtig koud is die dag trek cappie twee kortbroeke aan... ;D
Of trek net sy skietmat baie nader aan my.

Dit was inderdaat hy wat daar staan met die kortbroek.

Jan Kraay lê ook daar en skiet met 'n kortbroek, maar Jan het 'n baard, Jan kry nie koud nie.

Groete

Re: ALRHA amptelikke skiet dag: 18 Augustus 2018

Posted: Mon Aug 20, 2018 4:26 pm
by Capt. Yoda
Jan het darem bq meer vleis ook om sy bene

Re: ALRHA amptelikke skiet dag: 18 Augustus 2018

Posted: Mon Aug 20, 2018 5:45 pm
by jankraay
Hahaha Cappie kon melkskommel maak met n 2lt melk. Heel dag staan en bewe




Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: ALRHA amptelikke skiet dag: 18 Augustus 2018

Posted: Wed Aug 22, 2018 7:07 pm
by Jaco V
JacquesT (Stompe) wrote:Ek sal later vandag 'n update met die resultate kom doen.
Die uitslae dalk al beskikbaar?

Re: ALRHA amptelikke skiet dag: 18 Augustus 2018

Posted: Wed Aug 22, 2018 7:10 pm
by JacquesT (Stompe)
Hiermee die uitslae.

LRH
//uploads.tapatalk-cdn.com/20180822/e9ff36e7844aff7211a25f54e2879187.jpg

LRV
//uploads.tapatalk-cdn.com/20180822/2684c47719b7a8fc8c9f27d48ba840b1.jpg

Re: ALRHA amptelikke skiet dag: 18 Augustus 2018

Posted: Wed Aug 22, 2018 7:18 pm
by Jaco V
Dankie Jacques.

Blikkies maar daars paar manne wat wind verstaan!! :)

Re: ALRHA amptelikke skiet dag: 18 Augustus 2018

Posted: Wed Aug 22, 2018 8:31 pm
by Smitstertjies
Lekker Cappie


Sent from my iPhone using Tapatalk