Page 1 of 2
Is n Howa werlik waarde vir geld?
Posted: Fri Jul 13, 2018 7:40 am
by sako 30-06
Ek sal graag wil hoor hoeveel het die manne wat Howa's besit spandeer op die wapens om hulle te laat groepeer, dit sluit uit, scope, ringe, silencer.
Die rede vir my vraag is, n vriend het my gevra wat dink ek van die Howa? Hy oorweeg om een te koop.
Ek is deesdae bietjie skepties oor Howa, my redes is as volg.
Die geweer kos om en by R10 000, dadelik word die tupperware kolf vervang. So nou kos die geweer klaar tussen R15000 en R20 000. Dan moet die kolf gepak word of washers word ingesit om die loop te lig en nogsteeds na al die moeite is daar daagliks nuwe Howa's met 50 skote deur die loop te koop omdat die geweer nie groepeer nie.
So is dit werklik die moeite werd, of se ek eerder vir my vriend om net n Tikka, CZ, remington of iets in daai lyn te koop wat van die rak af sub MOA skiet?
Re: Is n Howa werlik waarde vir geld?
Posted: Fri Jul 13, 2018 7:52 am
by Gideonviljoen
Ek luister ook, vriend van my in dieselfde posisie.
Ekt ook gedink tikka van die rak af kan goedkoper wees as al die verstellings en kostes by Howa
Re: Is n Howa werlik waarde vir geld?
Posted: Fri Jul 13, 2018 7:55 am
by Ranger
I've shot cloverleaf groups numerous times at 100m with my Howa 30-06 with standard Hogue stock and reloaded ammo.
Re: Is n Howa werlik waarde vir geld?
Posted: Fri Jul 13, 2018 7:56 am
by cassie_calvinia
Van die rak af is jou vraag.
natuurlik.
van die rak af beteken nie 'n ander kolf. iemand wat met washers onder 'n aksie skiet vra ook vir moeilikhied.
van die rak af, nou, skiet daar min groot nama saam met hom.
as jy dan nou jou lyf wil sniper hou, met snaakse goed, is dit klaar nie meer van die rak af nie. howa vir R10 000 het ook klaar 'n laminated kolf op.
as jy jou kaarte reg speel, koop n special by geno. kry n lekker boyds, is dit toen teen een nog minder as n tikka.
tikka is smart, maar jy kan baie met 'n howa doen voor jy by tikka uitkom. as jul o n cz besluit, is aar weer snellers wat moet vervan word. elke een het maar sy kruis
Re: Is n Howa werlik waarde vir geld?
Posted: Fri Jul 13, 2018 8:00 am
by Armand Steenkamp
Ek weet nie van die Howas wat nie groepeer....
Jy vat net bietjie steenvas ek vul die loop kanaal op. Dis dit. Al 3 my howas het met die rubber kolwe na ek die loop kanale styf gemaak het bitter mooi geskiet. Ek kan jou n brief ge daar is baie meer Savage en remington gewere wat nie wil skiet nie as howas.
Re: Is n Howa werlik waarde vir geld?
Posted: Fri Jul 13, 2018 8:02 am
by RUPERT
Ek het my 6.5x55 gekoop met n laminated kolf vir onder die R 10 000. Van die woord 'Go' AF SKIET DAAI DING SOOS N DROOM. Al wat ek sover op hom laat doen het was die sneller waar Oom Piet Breed aan die sneller gewerk het (R 250)
Ek persoonlik sal n Howa aan enige iemand aanraai.
Re: Is n Howa werlik waarde vir geld?
Posted: Fri Jul 13, 2018 8:07 am
by Pvdw
Ja hulle is waarde vir geld. Die probleem is dat baie manne 'n standaard kar wil koop maar F1 performance soek. As jy hom koop vir jag soos waarvoor hy ontwerp is gaan 'n 308 22" loop met tupper kolf jou rondom 8k kos. Net soos hy daar is het ek nog nie gehoor van 1 wat so swak skiet dat jy nie met hom kan gaan jag nie.
Ek reken die rede hoekom almal hulle oordoen is omdat daar so baie opsies is om mee te speel. Dis tog lekker om hom te bou soos jy daarvan hou en jou eie stempel op te sit.
Wat jy vra oor scope,rail/ringe moet tog ook vir ander gewere gekoop word so die kan nie deel wees van die som nie.
Re: Is n Howa werlik waarde vir geld?
Posted: Fri Jul 13, 2018 8:08 am
by Nella
Goeie vraag. .
Ek dink wel hulle is baie goeie waarde vir geld.
Die meeste skiet n bars hou net so standaard vanaf die rak. Kry mens van hulle wat vol nonsens is...defnetief. maar dink persentasie gewys is dit maar baie min...en ek seker mens kan daai stelling van enige ander fabrikaat maak.
Ander kolf...sneller ens gaan hom defnetief verbeter. .maar men's kan ook net so standaard baie goeie groepe kry..vat net meer werk van jou as skut af.
Waarde vir geld vir n net n pleinweg gewone jag geweer. .dink ek hulle boks bo hulle prys klas.
Re: Is n Howa werlik waarde vir geld?
Posted: Fri Jul 13, 2018 8:16 am
by Kotze .204R
As jy R10000 betaal is dit vir n Dikloop met Laminated kolf ek eht nou al 3 Howas gehaad 204/338/375 al3 het onder n duim geskiet van die staan spoor af!! Ek skiet n Tikka CTR en het n SavageLRp ook gehaad en hulle is ook puik. Ek sal enige tyd Howa koop.
Re: Is n Howa werlik waarde vir geld?
Posted: Fri Jul 13, 2018 8:25 am
by joe rocket
n Howa van sy ma af skiet, heeldag aldag. Jy hoef nie die kolf te vervang nie, maar jy kan die roer bed, die voorkant versterk en Jungle Julian wangstuk installeer. Jy kan aan die sneller laat werk. Jy kan enige iets aan n Howa doen om dit mooi te laat lyk, maar netso gaan jy geld op n Tikka, Sako, Remington ens. spandeer. Maar jy hoef nie. Al jeuk jou alie en jy wil die roer "pimp", maar daar is nie finansies nie koop n stuk doringdraad en krap, n Howa gaan nog steeds akuraat skiet.
Re: Is n Howa werlik waarde vir geld?
Posted: Fri Jul 13, 2018 8:29 am
by LoopSoosStroop
Ja as jy R10k betaal vir 'n hunter profile loop en 'n Hogue kolf is jy beroof. Ek waar is hierdie Howa's wat nie skiet nie.
Myne skiet baie lekker met die standaard Hogue wat gepak en versterk is. Het my 'n R270 blikkie Epedermix gekos. Sneller is verspot maklik om self aan te werk en beter as meeste fabrieksgewere te kry.
Re: Is n Howa werlik waarde vir geld?
Posted: Fri Jul 13, 2018 8:40 am
by Born2Late
Goeie more.
Ek het self n Howa 30-06 Stainless Steel. Standaard van die rak af met bruin boks pmp met die loop inskiet slag het ek al die skote in een groot gat geskiet reg in die middel van die teiken.
Ek het tans n Silent Hunter reflex op en n Jungle Julian wangstuk maar dis persoonlike voorkeur. Howa is in my opinie waarde vir geld. Dis dis aanlas dinge wat geld kos.
Groete
Re: Is n Howa werlik waarde vir geld?
Posted: Fri Jul 13, 2018 9:07 am
by Finder20
Howa waarde vir geld verseker:
Geweer (Varmint) R9000
Threading R1000
Bedding R700
One Piece Rail R1500
Totaal: R12200
Persoonlik is ek mal oor die GRS Kolwe en sal dus as ek n Tikka of Remington koop ook die kolf verander na GRS.
GRS Beserk Kolf by GWK (R5300)
Trek af die bedding -R700
En dan is my Howa Total: R16 800
Sluit in Threading en Talley 20MOA Rail!
Re: Is n Howa werlik waarde vir geld?
Posted: Fri Jul 13, 2018 9:25 am
by heywillie
My Howa 6.5x55 is heeltemal standaard behalwe vir silencer en skiet 1/2MOA tot op 400m met hand gelaaide ammo
Re: Is n Howa werlik waarde vir geld?
Posted: Fri Jul 13, 2018 9:45 am
by sako 30-06
Dis presies die informasie wat ek gesoek het, baie dankie.
Re: Is n Howa werlik waarde vir geld?
Posted: Fri Jul 13, 2018 10:13 am
by Arnold
Daar is n modifikasie wat ek sterk sou aanbeveel vir n uit die boks Howa ... n verstelbare wangstuk van JungleJulian!
Maar jy gaan nie waarde vir geld kan klop nie!//uploads.tapatalk-cdn.com/20180713/3c013883915ab436166d3cd1de6a3fab.jpg
Re: Is n Howa werlik waarde vir geld?
Posted: Fri Jul 13, 2018 10:29 am
by joe rocket
Arnold wrote:Daar is n modifikasie wat ek sterk sou aanbeveel vir n uit die boks Howa ... n verstelbare wangstuk van JungleJulian!
Maar jy gaan nie waarde vir geld kan klop nie!//uploads.tapatalk-cdn.com/20180713/3c013883915ab436166d3cd1de6a3fab.jpg
Die roer links is perfeksie, n meesterstuk!
Re: Is n Howa werlik waarde vir geld?
Posted: Fri Jul 13, 2018 10:46 am
by 308Win
Die engelse gesegde is "how long is a piece of string".
As jy eintlik (postulasie) 'n Sako wil he maar die Howa vir 'n stopper gaan koop tot jy genoeg geld het, en intussen allerhande modifikasies aan die Howa aanbring, is dit nie noodwendig goeie waarde vir geld nie.
Daar is 'n reuse verskil tussen wat mense nodig het en wat hulle wil he. Jy het net 'n Howa nodig. Dis al. Sonder modifikasies. Of dit is wat jy wil he? Elkeen skryf sy eie boek.
Is 'n Lynx scope goeie waarde vir geld? Ja. Koop ek een? Nee. Want ek wil 'n Leupold he. En as ek 3 maande moet wag tot ek genoeg geld het, dan maak ek so.
Re: Is n Howa werlik waarde vir geld?
Posted: Fri Jul 13, 2018 12:37 pm
by Smit@50
Arnold wat se chassis is op daai geweer links ?
Hy maak my sommer anders !!!!
Re: Is n Howa werlik waarde vir geld?
Posted: Fri Jul 13, 2018 12:55 pm
by RevA
Howa is wonderlike waarde vir geld, indien jy die geweer soos gekoop gaan gebruik en net 'n knaldemper en scope gaan opsit.
As jy 'n mooi vertoon geweer soek of 'n langafstand teiken geweer wil laat bou, gaan dit baie meer sinvol wees om steeds 'n Howa barreld action te koop eerder as een wat reeds 'n hogue kolf het en dan van daar af te bou.
Re: Is n Howa werlik waarde vir geld?
Posted: Fri Jul 13, 2018 1:08 pm
by Arnold
Smit@50 wrote:Arnold wat se chassis is op daai geweer links ?
Hy maak my sommer anders !!!!
MDT ESS chassis, awesome chassis en mens kry hom vir die Howa ook. My Howa was in een maar dan is die geweer bietjie swaar so ek het hom terug in die hogue kolf gesit om te stap mee. Sal as ek terug is uit die bos n bietjie somme maak om te sien met hoeveel die howa se loop moet korter kom sodat hy makliker hanteer as die 24" loop.
Re: Is n Howa werlik waarde vir geld?
Posted: Fri Jul 13, 2018 1:20 pm
by Alwin
sako 30-06 wrote:Ek sal graag wil hoor hoeveel het die manne wat Howa's besit spandeer op die wapens om hulle te laat groepeer, dit sluit uit, scope, ringe, silencer.
Die rede vir my vraag is, n vriend het my gevra wat dink ek van die Howa? Hy oorweeg om een te koop.
Ek is deesdae bietjie skepties oor Howa, my redes is as volg.
Die geweer kos om en by R10 000, dadelik word die tupperware kolf vervang. So nou kos die geweer klaar tussen R15000 en R20 000. Dan moet die kolf gepak word of washers word ingesit om die loop te lig en nogsteeds na al die moeite is daar daagliks nuwe Howa's met 50 skote deur die loop te koop omdat die geweer nie groepeer nie.
So is dit werklik die moeite werd, of se ek eerder vir my vriend om net n Tikka, CZ, remington of iets in daai lyn te koop wat van die rak af sub MOA skiet?
Ek besit nie self 'n Howa nie, wel nog nie. Ek gee dus my mening sonder dat ek nodig het om my eie keuse te regverdig.
Howa gewere kom by die handelaar aan in 'n boks, sonder die kolf. Die meeste handelaars sal hom ook so aan jou verkoop, as jy vra.
Teleskoop, ringe en knaldemper kos omtrent ewe veel vir enige maak geweer. Behalwe vir Oupa se 303. Hy werk met oop visiere.
Die handelaar monteer die kolf en jy kan kies wat jy wil hê. Die algemene keuses is die goedkoop Hogue plastiek-kolf of een van die baie Hogue gelamineerde hout kolwe. Kies reg dan hoef jy nie 'n goeie kolf te vervang nie en spaar jy geld.
Met die Hogue kolf verkoop die Howa gewere rondom R8k tot 9k afhangende van loopprofiel en materiaal. Dit is goeie waarde vir geld.
Die meeste bekostigbare gewere moet maar gepak word om hulle volle akkuraatheidspotensiaal te ontgin. Dit geld vir CZ's Remingtons en Sakos ook. As hulle almal korrek gepak is, is daar min verskil in akkuraatheid tussen almal van hulle, Howa ingesluit.
As jou Howa nie wil groepeer nie, skenk hom gerus vir my. Ek is bereid om 'n goeie huis te bied aan enige sulke verwaarloosde weeskinders.

Re: Is n Howa werlik waarde vir geld?
Posted: Fri Jul 13, 2018 6:20 pm
by jdpretorius
Ek dink baie van ons dollie juis die Howa op omdat die aanvanklike koste so laag is en nie omdat daar iets vout is nie. Vir 20k kan jy 'n baie lekker kettie hê terwyl net die basies geweer in baie ander fabrikate jou 20k+ gaan kos
Sent from my SM-G570F using Tapatalk
Re: Is n Howa werlik waarde vir geld?
Posted: Fri Jul 13, 2018 8:08 pm
by QWest
My Howa in 6.5x55 met Hogue kolf skiet twee skote op mekaar teen 200m.
Oom @tripod het my wel gehelp met lading.
Re: Is n Howa werlik waarde vir geld?
Posted: Fri Jul 13, 2018 10:12 pm
by Messor
Waarde vir geld beteken iets wat jou 'n sekere werksverrigting gee teen 'n lae koste.
Soos byvoorbeeld 'n Howa doen presies dieselfde werk as 'n Sako, maar die een is meer as dubbel die ander een se prys.
Waarde vir geld beteken nie cheap nie, ek sê altyd vir mense Howa gewere is goeie gewere teen goeie pryse, hulle is nie budget gewere nie. Dis wat mense nie verstaan nie, hulle dink Howa gewere is cheap budget gewere, dis nie hoe dit werk nie. Die wêreld het ook eers Howa so opgesom, cheap budget gewere, maar nou gebruik mense selfs Howa gewere vir kompetisie. Miskien gooi die Hogue kolwe mense vir 'n curveball, maar Howa word verkoop as barreled actions, niks meer.
In kort, jy koop iets wat werk, teen 'n laer koste as meeste, dit maak dit 'n bargain, of waarde vir geld.