Page 1 of 1

Groot skade

Posted: Thu Jul 12, 2018 11:41 pm
by Kalahari
Naand almal

Ek vertel maar hier wat gebeur het met die trok wat geval het, ek wil nie die Gebede versoeke draad daarvoor gebruik nie.

Nou ja, die trok het geval agv 'n koedoe waarvoor die trok bestuurder uitgeswaai het omrede sy ligte gedomp was vir aankomende verkeer. Hy het die bok te laat gesien.
Die trok val toe op die regterkant, bo-op die deure, daar is klomp skaap dood in die middelste dekke.

Die drywer het ernstige beserings opgedoen maar is stabiel in Keetmanshoop hospitaal.

Ek raak hartseer as ek die deel vertel. Daar is baie skaap dood in die trok en met die valslag.... maar ook 'n klomp wat niks oorgekom het nie en nou los rondloop.

Die pb O0 van omliggende dorpe Karasburg, Keetmanshoop en Grunau het seker met die Afrika bos telegraaf boodskap gekry en die toneel toe gepak en gestroop.
Die tipe van optrede het ek al op video's gesien hoe dit in SA gebeur.... maar ek het nie gedink hier in Suid-wes kan dit gebeur in die donker nag op die platteland nie.
Die vervoer ondernemer het my vroeër vannaand gekontak en vertel: Nampol kon nie die mense beheer nie, hulle was oral en het skape met hamers en stukke pyp of yster dood geslaan en keel af gesny :'( ... hartseer as jy as boer hoor hoe jou diere wat jy so hard voor gewerk en op gepas en versorg het so mishandel word.
Van die 680 skaap wat op die trok was kon hulle net 80 einde ten laaste veilig in 'n boer se krale injaag! Dit is ongelukkig nie 'n Ripley's storie. Ons weet nie hoeveel van wie se skaap dit is nie, dus kan jy maar sê dat almal wat gelaai het alles verloor het.

Nou ja, gelukkig het die vervoer mense vrag versekering, so nou is dit 'n onderhandelings fase om deur te gaan, maar ons sal bo uitkom met 'n skikking. Gelukkig weeg ek al my diere voor hulle gelaai word, dus het ek iets om vanaf te werk.
Die trok het maar redelik skade, kan moontlik afgeskryf word. Die waens het gelukkig nie groot skade nie.

Eerste wat dit met my gebeur en bid dat dit ook die laaste keer sal wees.

Voorspoed
Johan

Re: Groot skade

Posted: Thu Jul 12, 2018 11:51 pm
by Flip Nel
Ai dis bitter hartseer om te hoor sterkte vir almal, hoop die bestuurder kom ook gou reg.

Re: Groot skade

Posted: Fri Jul 13, 2018 3:57 am
by Heinz Petersen
Ek het dit ook al gesien hoe mense net aanvaar as n trok omval en sy vrag uitgeval het, hulle net kan vat en laai. Asof dit nou hulle eiendom is.

Re: Groot skade

Posted: Fri Jul 13, 2018 6:12 am
by honda2
Dis n bitter pil Johan. Ek hoop iets goeds kom van die nare ervaring. Dis om van te huil...

Sent from my SM-A510F using Tapatalk

Re: Groot skade

Posted: Fri Jul 13, 2018 6:17 am
by ruaanb
Ai Johan dit is 'n bitter pil. Sterkte daar.

Re: Groot skade

Posted: Fri Jul 13, 2018 6:19 am
by DWB
Sterkte Johan. Ons nid steeds saam.

Re: Groot skade

Posted: Fri Jul 13, 2018 6:22 am
by Apie
Sterkte daar!


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Groot skade

Posted: Fri Jul 13, 2018 7:14 am
by FHM
Jislaaik Johan dis vreeslike skade - buiten die skape wat dan nou ook so 'vermoor' was
Ai baie sterkte ou maat!

Re: Groot skade

Posted: Fri Jul 13, 2018 7:24 am
by sako 30-06
Baie jammer om te hoor, dit is barbaars en skokkend.

Sterkte vir julle almal.

Re: Groot skade

Posted: Fri Jul 13, 2018 8:25 am
by Boerboel
Sterkte daar,

Re: Groot skade

Posted: Fri Jul 13, 2018 8:56 am
by jdpretorius
Baie sterkte Johan !

Sent from my SM-G570F using Tapatalk

Re: Groot skade

Posted: Fri Jul 13, 2018 9:03 am
by Chevvy SS
Jammer oor die verlies Johan. En oor die tyd wat dit nog gaan neem voordat die eis afgehandel is.

Ek verloor myself totaal oor dit wat na die ongeluk gebeur het. 'n Kennis van my se seun het 'n ernstige motorongeluk gehad en terwyl hy sterwend op die toneel was is sy beursie en selfoon vanaf sy persoon gesteel.

Re: Groot skade

Posted: Fri Jul 13, 2018 9:06 am
by Carl
Dit van aan 'n man se boere hart. Johan sterk staan en hou maar die ergste gedagtes en beelde uit jou brein, anders vreet daai goed 'n man van binne uit. Sterkte!

Re: Groot skade

Posted: Fri Jul 13, 2018 11:58 am
by alecjohnson
Alle sterkte

Re: Groot skade

Posted: Fri Jul 13, 2018 12:04 pm
by Willeboer
Jammer om te hoor. Staan sterk en hou moed.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Groot skade

Posted: Fri Jul 13, 2018 12:17 pm
by airhunter
Ai Johan. Sterkte.
Weetjy hierdie tipe ding wys maarnet hoe vêr verwyderd sommiges is van beskaafd wees.
My bloed kook nou so my ore fluit soos van melewe se ketels.

Ons dink aan jou en al die ander soos ons wat rerig die beskermende hand van God elke oomblik van elke dag op ons self en mekaar moet afbid.
As ons n oomblik verslap gaan ons oorweldig word.

Re: Groot skade

Posted: Fri Jul 13, 2018 1:00 pm
by Kalahari
Dankie manne.

Ek troos my daaraan dat soos meeste dinge in die lewe, tyd ook hier sal genees, maar soos Carl sê, die goed vreet mens van binne af.
Chevvy SS wrote:Ek verloor myself totaal oor dit wat na die ongeluk gebeur het. 'n Kennis van my se seun het 'n ernstige motorongeluk gehad en terwyl hy sterwend op die toneel was is sy beursie en selfoon vanaf sy persoon gesteel.
Chevvy, ek hoop dat ek nooit ooit op so 'n toneel mag afkom nie..... ek gaan verseker in groot moeilikheid beland.

Voorspoed.

Re: Groot skade

Posted: Fri Jul 13, 2018 1:22 pm
by Stephan86
Baie sterkte Johan, ons glo dit sal op die ou end goed vir jou uitwerk.

Re: Groot skade

Posted: Fri Jul 13, 2018 1:48 pm
by Cor Jacobs
Ja Johan, die ondier loop soos n dief in die nag, letterlik!

Baie sterkte daar.


Groete,

Cor

Re: Groot skade

Posted: Sun Jul 15, 2018 3:10 pm
by Jaco Bezuidenhout
Sterkte Johan.

Re: Groot skade

Posted: Sun Jul 15, 2018 3:54 pm
by Kalahari
Dankie manne, waardeer.

Ek sal maar as ek terug is by die huis oor 'n week weer hoor wat verder gebeur.

Nou eers oppad Bloemfontein toe, Wêreld veldskiet kampioenskappe van volgende week Donderdag af.

Voorspoed vir julle.

Re: Groot skade

Posted: Sun Jul 15, 2018 6:28 pm
by Williel
Jammer van die slegte nuus oor hoe die diere hanteer is na die ongeluk Johan. Ek is bly dat jou gewigte op papier noteer is en daar assuransie is.

Dis makliker gesê as gedaan, maar ontspan nou en konsentreer op Bloem se kompetisie. Geniet dit vreeslik en kom vat die lewe weer aan as jy terug is.

Sterkte en bid seen toe vir jou.

Re: Groot skade

Posted: Mon Jul 16, 2018 10:51 am
by Capt. Yoda
https://cdn1.vectorstock.com/i/1000x1000/39/60/welcome-to-africa-brown-round-vintage-stamp-vector-16413960.jpg