Page 1 of 1

Nikon Monarch - Adjusment Cap

Posted: Mon Jul 09, 2018 3:22 pm
by Frederik
https://cdn.shopify.com/s/files/1/1517/7676/products/achprlmcap_f563ed9a-a178-4520-818b-85e3f901215b_2000x.jpg?v=1522823213

Wil net graag hoor hoeveel van julle het die adjustment caps al gebruik en of hulle terug kom na zero toe?
Die rede hoekom ek vra is omdat die PH waar ons gejag het in Douglas 'n 300 H&H gebruik met Zwaro Z3 en met die turret van hom gemerk in kelur wit, groen en oranje kan hy maklik stel van 200 tot 380 meter en dit help baie met langer skote om die raai waar die kruishaar moet le op die bok.

Gedink om dieselfde te doen met my 6.5 x 55 Carla Gustav met sy 23" loop en aksie kry ek maar matige spoed van 2550fps met 140gr koele. Instel op 100meter en dan merkies maak vir 150, 200, 250 en 300meter wat meer as genoeg gaan wees. Net gesien die skat van kruishaar as bokke hier anderkant 250meter is nie maklike storie is nie. Al was ek gelukkig op 266meter op blesbok kopskoot amper 3/4 van die horings op gemik en koeel het mooi agterkop gevang en uit tussen die oge. Maar met die hoek wat hy gestaan het is die koeel net langs die brein verby die dat ek die keel moes sny.

2 Dae later skiet ek bo-oor blesbok lyfskoot op 270meter my skuld en toe hulle maal en nie weet waar ons is nie kry ek toe weer kans op selfde distansie. Kop smokkel toe met my en ek mik toe laer en toe loop die skoot onder deur sy lyf gelukkig nie bene gevang nie gemik vir net agter blad. :o

Dit is toe die PH my weer vrae of ek nie sy geweer wil gebruik nie en toe kap ons 6 bokke met 6 skote afstand 180meter tot 311meter die verste skoot. Nee was geen kopskoote nie maar geen raai om waar die kruishaar te sit as die afstand gerange is en die verstelling op die scope gemaak is nie.

Sal die turrets pas op Nikon Pro Staff ook? Op my 6.5 is daar Pro Staff en my 204 Nikon Monarch 3.

Re: Nikon Monarch - Adjusment Cap

Posted: Mon Jul 09, 2018 6:33 pm
by Fanta300
Stel gereƫld tussen 100 en 300m en weer terug op my Monarch en skiet elke keer presies waar ek mik. Weet nie of hulle op ander Nikon ook ook sal werk nie

Re: Nikon Monarch - Adjusment Cap

Posted: Mon Jul 09, 2018 7:30 pm
by JJV
Ek het vir jou so paar stelknoppe verniet, enigste probleem kan wees my Nikon stel 1/8, so sy merkies gaan dalk fyner wees, dis die langer skroewe, die turrets en die langer caps. Laat weet maar of jy dit kan gebruik. JJV


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Nikon Monarch - Adjusment Cap

Posted: Mon Jul 09, 2018 7:37 pm
by JJV
[IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/201807 ... 5a87a8.jpg[/IMG]


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Nikon Monarch - Adjusment Cap

Posted: Mon Jul 09, 2018 7:51 pm
by JJV
Wat ons ook doen is om wit isolation tape om turret te draai, geweer dan te zero op 100, maak merk en skryf 100 met dun marker op tape, gaan na 150meter stel geweer op todat hy in kol skiet, merk 150meter gaan dan so aan todat jy op 300meter of wat ook al kom. Draai terug na 100meter as jy bok nou op 250meter range stel jy bloot op todat 250meter strepie weer opgelyn is en jy skiet hom. Dan hoef jy nie clicks te tel nie en terugstel is maklik, dit raak net moeilik as jy verby een omwenteling gaan, dan moet jy kophou! JJV


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Nikon Monarch - Adjusment Cap

Posted: Tue Jul 10, 2018 9:39 am
by Swede
As Frederik hulle nie vat nie sal jy my kontak asb.

Re: Nikon Monarch - Adjusment Cap

Posted: Tue Jul 10, 2018 10:04 am
by JJV
Maak so.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Nikon Monarch - Adjusment Cap

Posted: Tue Jul 10, 2018 10:52 am
by andre007
Hulle pas defnitief nie op die Prostaff nie

Re: Nikon Monarch - Adjusment Cap

Posted: Tue Jul 10, 2018 12:00 pm
by Frederik
Dankie almal se hulp.
JJV ek stuur PM vir jou.