Page 1 of 1
Roodeplaat Dam
Posted: Mon Oct 10, 2011 8:32 am
by pietjacobs
More almal,
Die wat belangstel, ons het die naweek wat verby is Roodeplaat Dam gaan hengel en die vis het mooi uitgekom. Die swaarste vis was 5.3kg, die een wat ek vashou. Die enigste nadeel is hulle loop net in die aand, jy vang so 1 of 2 in die dag. My pen maat, Braam (ook lid van die forum) het Sondag oggend tussen 3am-7am meer vis gevang as wat die meeste die hele naweek gevang het.
Die vis se bekke is ook nog baie sag. Het nogals 'n hele paar verloor

agv dit, maak nie saak hoe mooi jy hom speel en dan is dit nog boonop mooi size karps ook.
Groete,
Piet

Re: Roodeplaat Dam
Posted: Mon Oct 10, 2011 8:47 am
by Jaco Swart
Piet Vark/Karp..
Daai is 'n klompie mooi visse wat julle gevang het. Wat se geure het jy gebruik?
Hoe lyk die dam se water nou . Ek onthou nog dat dit baie vuil was en die"jasinte" het ook gepla.
By watter oorde het julle gevang?
Groetnis.
Re: Roodeplaat Dam
Posted: Mon Oct 10, 2011 8:49 am
by Gerhard
Dis n lekke sak vis...
Mooi man.
Re: Roodeplaat Dam
Posted: Mon Oct 10, 2011 9:01 am
by pietjacobs
Hi Jaco,
Ons het by Mar-Leo gevang. Die water is mooi skoon, maar bo op le klomp blommetjies, maar geen jasinte. Dit was ook net Vrydag middag-aand se probleem. Saterdag oggend het die wind gedraai en alles weg gewaai. Toe is die water mooi skoon en geen probleme nie. So nou en dan vasgehaak, maar net op 'n sekere kol, so toe gooi nons maar om daai kol
Hierso is 'n foto van die oewer:
[img width=360 height=480]
http://i1214.photobucket.com/albums/cc4 ... -00372.jpg[/img]
Re: Roodeplaat Dam
Posted: Mon Oct 10, 2011 9:07 am
by pietjacobs
Wat ons gebruik het is:
Ek het om die een stok skoon wit floatie met 'n Tuitie Fruitie bekkie en dan dip ek alles in Tuitie Fruitie en ook dan Tuitie Fruitie op die mielie bol. Ander stok het ek Perdeby ook soon wit floatie met bekkie en dip dan alles. Tuitie Fruitie stok het meer vis uitgebring, maar die Perdeby het die grootes uit gebring.
Braam het weer Bunspice gehengel, selfde manier as ek.
Ons het het al 2 maar +- dieslefde hoeveelheid gevang, maar hy het daai een oggend baie gevang en die res van die naweek nie werklik nie, waar ek die hele naweek so elke +- uur-drie gemmideld 'n vis uit gebring het.
Moet ook nie diep gooi nie, hulle kom uit hierso op so +-50m.
Groete,
Piet
Re: Roodeplaat Dam
Posted: Mon Oct 10, 2011 9:10 am
by Frikkiedbr
Baie geluk !!
Dis is darem maar lekker as mens so baie vissies kan vang as mens gaan ontspan en die natuur geniet.
Dankie vir die inligting ook

ons waardeer dit baie
Lekker week verder
Groete
Re: Roodeplaat Dam
Posted: Tue Oct 11, 2011 7:46 am
by Geno
Pietvark,
Mooi sak vis wat julle gevang het!
Re: Roodeplaat Dam
Posted: Tue Oct 11, 2011 8:18 am
by langloop
Geluk met daai grotes wat nie weggekom het nie!
Re: Roodeplaat Dam
Posted: Tue Oct 11, 2011 9:19 am
by pietjacobs
Dankie manne,
Ons moet dalk 'n Jaracal visvang naweek of dag reel, of hoe

Re: Roodeplaat Dam
Posted: Tue Oct 11, 2011 1:26 pm
by spekieries
Piet
Ek is maar 'n groentjie met die karp hengel. Ek wil net weet wat bedoel jy as jy s? die vis se bekke was nog sag. Is daar 'n sekere tyd dat hulle bekke taaier as ander tye is. As dit 'n stupid vraag is lag maar lekker maar help my uit met die een.
Groete
Re: Roodeplaat Dam
Posted: Tue Oct 11, 2011 1:32 pm
by Gerhard
is reg.
Ek en Marno sal kunsaas hegel terwyl die res op die oewer sit en hengel...
Re: Roodeplaat Dam
Posted: Sun Oct 16, 2011 8:38 am
by pietjacobs
spekieries wrote:
Piet
Ek wil net weet wat bedoel jy as jy s? die vis se bekke was nog sag. Is daar 'n sekere tyd dat hulle bekke taaier as ander tye is.
Hi Spekieries, sorry ek kom nou eers terug. Was heelweek in die veld gewees. Soos ek verstaan, is die wanneer die vis spawn dat hulle bekke so sag word. Het nou die dag op Vaskap ook gehoor Loutjie praat daaroor. Dis maar al wat ek kon aflei omdat ons so baie runs het, 1 of 2 plukke van die vis se kant af en hy is af.
Groete,
Piet