Page 1 of 3
Bakkie geweer.
Posted: Thu Jul 05, 2018 3:24 pm
by geelslang
Dagsê manne
Hoe lyk jou bakkie geweer? Myne was altyd 'n Rem 700 in .22-250. My gat jeuk toe en ek kry in sy plek 'n 6mm Dasher met 26" loop en al die bells & whistles. Nou sit ek met 'n baie nice lomp geweer wat oral baie lekker werk behalwe in my bakkie....
Gee bitjie raad oor 'n setup wat vir jou werk...
Re: Bakkie geweer.
Posted: Thu Jul 05, 2018 3:27 pm
by FHM
.308 met sintetiese kolf en oop visier altyd vir ons oppi plaas gewerk!
Kan nie oor my hart kry dat hout so krap en chip nie - plastiek kolf kan maar.
En dan moet daar plek wees vir die .22 ook agter die sitplek ne...
IMO
Re: Bakkie geweer.
Posted: Thu Jul 05, 2018 3:30 pm
by Supacow
enigiets in 270 want kwes is nie mooi nie
Re: Bakkie geweer.
Posted: Thu Jul 05, 2018 3:34 pm
by FHM
Supacow wrote:enigiets in 270 want kwes is nie mooi nie

Re: Bakkie geweer.
Posted: Thu Jul 05, 2018 3:41 pm
by jdpretorius
Supacow wrote:enigiets in 270 want kwes is nie mooi nie
So 'n bek mag 'n knertsie kry
303, 308, 7mm, 270, 30-0kws, almal sal die job doen, mar asb. net nie 'n verdomde 6.5 CM nie, jy kan in elkgeval nie rak ammo vir hom in die hande kry nie

Re: Bakkie geweer.
Posted: Thu Jul 05, 2018 3:54 pm
by LoopSoosStroop
Ek het nie een nie, maar dit sou 'n 18" Howa .308 met 'n 1-6x24 Strike Eagle gewees het.
Re: Bakkie geweer.
Posted: Thu Jul 05, 2018 4:24 pm
by Ds J
Die volgende gedagte kom nou op: wat van n "bullpup"-tipe ombouing vir n jaggeweer? Dit sou beteken dat die teleskoop vorentoe monteer moet word soos Jeff Cooper se "scout-rifle"-idee. Dan het n mens n vollengte loop met die gemak van n baie kort geweer. En gewig speel geen ernstige rol nie aangesien die bakkie die roer dra. 'n Dik loop sou dan help, en solank die roer aan die vereistes vir plaaswerk voldoen is die kaliber nie werklik van belang nie - ek weet van genoeg boere wat 'n 223 saamry.
Re: Bakkie geweer.
Posted: Thu Jul 05, 2018 4:56 pm
by tripodmvr
Net om anders te wees. Ruger No. 1A wat 22 duim loop het. Kaliber 270 tot .30 met 2-7x32 scopy. Korter as meeste .22's.
Re: Bakkie geweer.
Posted: Thu Jul 05, 2018 4:57 pm
by Capt. Yoda
Supacow wrote:enigiets in 270 want kwes is nie mooi nie
Jy moet tog n poging aan wend om in die moderne tyd iets te probeer. Ek kan net dink hoe jy gaan voel
Elk geval, ek sou n 20" 308 vat vir m bakkie roer. 125gr BTs vir koppe en n dop vol Hodgon en n 180gr iets vir groter wild
Re: Bakkie geweer.
Posted: Thu Jul 05, 2018 4:58 pm
by heywillie
LoopSoosStroop wrote:Ek het nie een nie, maar dit sou 'n 18" Howa .308 met 'n 1-6x24 Strike Eagle gewees het.
Die Savage Hog Hunter lyk ook reg vir die job
Re: Bakkie geweer.
Posted: Thu Jul 05, 2018 5:01 pm
by Messor
Dis moeilik om 'n goeie balans te kry, want jy soek 'n geweer wat maklik hanteer, redelik plat skiet, nie te veel recoil, min geraas, maar genoegsame penetrasie as jy iets groot moet platskiet. Mens ry nie heelted met oorbeskerming nie, so 'n demper vir my is 'n moet, so die loop kan nie langer as 20" wees nie.
As ek in die bosveld gebly het, of terrein waar mens algemeen nie vêr skiet nie, dan sou dit beslis 'n 6.5 Grendel wees.
As ek op die vlaktes bly, dan sou ek nie wou kleiner gaan as 'n 6mm nie, want jy weet nie wat jy dalk gaan moet doodskiet nie. So 'n 243(en of ackley) of die 6mm Creedmoor sal mooi loop.
Re: Bakkie geweer.
Posted: Thu Jul 05, 2018 5:08 pm
by Capt. Yoda
Ry maar net met jou ore kla op jou kop rond
Re: Bakkie geweer.
Posted: Thu Jul 05, 2018 5:09 pm
by Ranger
7-08 Rem would be my choice.
Re: Bakkie geweer.
Posted: Thu Jul 05, 2018 5:40 pm
by Hercules Louw
Geelslang, siende dat jou vorige geweer 'n 22-250 was en jy huidiglik 'n 6mm Dasher het, klink dit vir my jou behoefte meer 'n platskieter is wat jy vinnig aan die skiet kan kry en waarvoor jy nie baie omgee nie. Soos my broer dit sal noem, 'n optel-en-vinnig-skiet-geweer.
Ek dink die 243 Howa geweer hieronder met knaldemper en skroefdraad teen R12k is 'n goeie en baie koste-effektiewe opsie. Dan sit jy 'n stewige scope op sonder parallaks verstelling, sonder eksterne turrets en moontlik met 'n afmik kruishaar sou dit 'n behoefte wees, bv. 3-12x56 Lynx SAH. Ek verkies los magasyne vir so 'n toepassing en daar is ook opsies beskikbaar. Laai hom 75gr V-Maxe en jy is in besigheid.
http://www.habitatafrica.co.za/product/ ... l-weather/
http://www.habitatafrica.co.za/wp-content/uploads/2017/05/Howa-HS-Varmint-20-inch-243-Winchester-All-Weather-Rifle-Habitat-Africa-Gun-Shop-South-Africa-924x683.jpg
Re: Bakkie geweer.
Posted: Thu Jul 05, 2018 6:21 pm
by savage(P Coetzer)
My bakkie roer wat amper altyd saam my ry is n 223 met n 24” loop en n silencer. Lê lekker plat op n cruiser se dash en na 4000 skote waarvan ten minste 1000 uit die bakkie geskiet is sal ek moeilik n ander roer verkies. Het n veselglas kolf en n 4.5-14 burris e1 op hom gesit. Maar ek moet bieg dat n 20” loop sal mooi loop.
Re: Bakkie geweer.
Posted: Thu Jul 05, 2018 6:31 pm
by Pappabeer
Ek het die laaste tyd n Ruger Alaskan .416 Ruger hiervoor aangewend met n 1-6x24 Swarovski Z6 op. Hogue kolf en stainless kom nie veel oor nie en alles van n poacher se hond tot n olifant gaan dood as jy hom skiet. Granted afstand is nie te groot hier nie en 6x kom by tot so amper 300m.
Die Tikka CTR .308 is ook effektief, met die luukse van n knaldemper en n groter scope. En 10 patrone in die magasyn. Beide het 20” lope
Re: Bakkie geweer.
Posted: Thu Jul 05, 2018 8:06 pm
by LoopSoosStroop
Pappabeer wrote:Ruger Alaskan .416 Ruger
"Use enough gun"
Re: Bakkie geweer.
Posted: Thu Jul 05, 2018 8:14 pm
by geelslang
Ja kyk as ek nou in Natal moes bly sou ek niks minder as as 'n LM4 my bakkie geweer gemaak het nie. Backup vir dit wat jy daar noem sal die 416 seker werk! Hier by ons in die karoo gaan die 416 bitjie fris wees. Die 243 en 223 klink goed. Slaan mooi tussen die twee en koop weer 'n 22-250 met 22" loop. Reflex silencer met die bogenoemde Lynx en jy is uitgesort....
Re: Bakkie geweer.
Posted: Thu Jul 05, 2018 8:15 pm
by geelslang
Cappie watse pragstuk staan daar op jou gras?
Re: Bakkie geweer.
Posted: Thu Jul 05, 2018 8:34 pm
by Capt. Yoda
Pappabeer wrote:Ek het die laaste tyd n Ruger Alaskan .416 Ruger hiervoor aangewend met n 1-6x24 Swarovski Z6 op. Hogue kolf en stainless kom nie veel oor nie en alles van n poacher se hond tot n olifant gaan dood as jy hom skiet. Granted afstand is nie te groot hier nie en 6x kom by tot so amper 300m.
Die Tikka CTR .308 is ook effektief, met die luukse van n knaldemper en n groter scope. En 10 patrone in die magasyn. Beide het 20” lope
Jys ok anders
Geelslang, daai is somer Ben se roer maar dit is een moerse lekker bos geweer wat ek glo n bul bakkie geweer sal wees. Is n musgrave aksie met n 20" 308 loop op, hy skiet n 180gr swift scirocco laat die 11.1.11 draai
Re: Bakkie geweer.
Posted: Fri Jul 06, 2018 7:33 am
by geelslang
Hierdie sal darm self mooi werk as jy 'n 95v-max of 100gr Nbt in hom gelaai kry.
Re: Bakkie geweer.
Posted: Fri Jul 06, 2018 8:42 am
by savage(P Coetzer)
Ek twyfel of Diesel Dog gaan saam stem met hierdie een
Re: Bakkie geweer.
Posted: Fri Jul 06, 2018 9:04 am
by geelslang
As dit 'n ander maak was het ek hom al gekoop. Ek is net nie lus vir die risiko nie...
Re: Bakkie geweer.
Posted: Fri Jul 06, 2018 9:09 am
by Hercules Louw
Geelslang, jy soek 'n betroubare bakkie geweer en nie 'n stokperdjie om jou besig te hou nie.
Hou ook net in gedagte dat al die 6.5 kalibers met 'n 1 in 8 groefdraai jou basies beperk tot 3100ft/s, die vinnige spin beskadig die koeëls of laat dit opbreek teen hoër trompsnelhede en jy loop die risiko dat die ligte koeëls nie wil groepeer nie.
Kry vir jou 'n 22-250 varmint geweer met 'n 1 in 12 groefdraai sodat jy ook die 53gr V-Maxe kan skiet, sny die loop op 20 duim en sit 'n gewone knaldemper op, ek het gevind die refleks tipe raak te dik en pla in die scope, veral in die nag met 'n lig. Die 20" loop geweer in 22-250 sal nog steeds 'n 223 met 'n 24 duim loop uitstof.
Die kort en varmint profiel van die loop met 'n staal knaldemper sal stewig genoeg wees om niks oor te kom al tref jy 'n miershoop of ry in 'n erdvark gat in.
Re: Bakkie geweer.
Posted: Fri Jul 06, 2018 9:34 am
by FHM
jdpretorius wrote:Supacow wrote:enigiets in 270 want kwes is nie mooi nie
So 'n bek mag 'n knertsie kry
303, 308, 7mm, 270, 30-0kws, almal sal die job doen, mar asb. net nie 'n verdomde 6.5 CM nie, jy kan in elkgeval nie rak ammo vir hom in die hande kry nie

As jy n BAIE goeie pel het wat Nam toe reis en terug reis, Safari Den in Windhoek het...
