Page 1 of 1
Wat is die goedkoopste FFP, Mil/Mil met Zero Stop funskie
Posted: Thu Jul 05, 2018 9:59 am
by Finder20
More manne,
Julle het hierdie seker al baie gehoor maar wil graag uitvind vir n vriend met n lae budget onder 10k wat is die goedkoopste scope wat hy kan kry met:
- Akkurate Tracking
- Tactical Turrets
- Zero Stop funksie
- Mil / Mil
- First Focal plane
Hierdie scope gaan op sy nuwe Remington 700 ADL Tactical 6.5 Creedmoor diens doen.
Hy kyk na die Hawke reeks op die oomblik....
Hoor graag.....
Re: Wat is die goedkoopste FFP, Mil/Mil met Zero Stop funski
Posted: Thu Jul 05, 2018 10:13 am
by savage(P Coetzer)
Nie noodwendig die goedkoopste nie maar steeds baie goed geprys en goeie kwaliteit is die Bushnell ers 6-24ffpg2mil/mil
Re: Wat is die goedkoopste FFP, Mil/Mil met Zero Stop funski
Posted: Thu Jul 05, 2018 3:38 pm
by Alwin
Kyk na die Athlon reeks. Ek het geen ondervinding met hulle nie, net een gesien op 'n vriend se 6,5CM. Lense lyk helder.
Re: Wat is die goedkoopste FFP, Mil/Mil met Zero Stop funski
Posted: Thu Jul 05, 2018 9:16 pm
by snakker
Alwin wrote:Kyk na die Athlon reeks. Ek het geen ondervinding met hulle nie, net een gesien op 'n vriend se 6,5CM. Lense lyk helder.
Ek het Athlon en sal nie weer koop nie
Sent from my Redmi Note 3 using Tapatalk
Re: Wat is die goedkoopste FFP, Mil/Mil met Zero Stop funski
Posted: Fri Jul 06, 2018 9:36 am
by Finder20
Hy se hy sal selfs die Rudolph T1 wat nou op special is by safari oorweeg teen 13k dis nou die MOA ffp 6-24, wat dink julle van die?
Sent from my HUAWEI VNS-L22 using Tapatalk
Re: Wat is die goedkoopste FFP, Mil/Mil met Zero Stop funski
Posted: Fri Jul 06, 2018 9:43 am
by Hein22
Ek dink nie die Rudolph teleskope was ooit regtig sleg nie, nie die waarna ek al gekyk het nie in elk geval. Ek dink die ding was dat hulle die teleskoop (veral hul top reeks) probeer uitmaak het as iets wat hy nooit regtig was nie en dan natuurlik die grootste probleem het gekom by die naverkope diens. Maar ek dink tog nie dit is 'n slegte teleskoop nie.
Re: Wat is die goedkoopste FFP, Mil/Mil met Zero Stop funski
Posted: Fri Jul 06, 2018 9:53 am
by andre007
Ek is n Hawke fanatikus, hy't nou wel nie n zero stop nie maar sou my keuse gewees het
https://us.hawkeoptics.com/sidewinder-f ... 6-mil.html
Re: Wat is die goedkoopste FFP, Mil/Mil met Zero Stop funski
Posted: Fri Jul 06, 2018 10:02 am
by Gawie(13mm)
Finder20 wrote:Hy se hy sal selfs die Rudolph T1 wat nou op special is by safari oorweeg teen 13k dis nou die MOA ffp 6-24, wat dink julle van die?
Sent from my HUAWEI VNS-L22 using Tapatalk
Bel dan liewer vir Ockert by Quenet's ek kyk na 'n Leupold VX3i-LRP.
Re: Wat is die goedkoopste FFP, Mil/Mil met Zero Stop funski
Posted: Fri Jul 06, 2018 10:26 am
by Toyrsi
Leupold LRP. In sy prysklas is daar min wat soos hy kyk.
Re: Wat is die goedkoopste FFP, Mil/Mil met Zero Stop funski
Posted: Fri Jul 06, 2018 10:55 am
by JGZ
savage(P Coetzer) wrote:Nie noodwendig die goedkoopste nie maar steeds baie goed geprys en goeie kwaliteit is die Bushnell ers 6-24ffpg2mil/mil
Ek stem saam. Beste waarde vir geld. Het n 3.5-21 HDMR en ERS al gehad en altwee puik teleskope vir die prys.
Re: Wat is die goedkoopste FFP, Mil/Mil met Zero Stop funski
Posted: Fri Jul 06, 2018 1:55 pm
by Alwin
snakker wrote:Alwin wrote:Kyk na die Athlon reeks. Ek het geen ondervinding met hulle nie, net een gesien op 'n vriend se 6,5CM. Lense lyk helder.
Ek het Athlon en sal nie weer koop nie
Vertel 'n bietjie meer asb? Watter model en wat is die goeie en swak punte? Ek is self ook maar versigtig gewees om nie die proefkonyn te word nie...
Re: Wat is die goedkoopste FFP, Mil/Mil met Zero Stop funski
Posted: Fri Jul 06, 2018 6:00 pm
by Vleisie
snakker wrote:Alwin wrote:Kyk na die Athlon reeks. Ek het geen ondervinding met hulle nie, net een gesien op 'n vriend se 6,5CM. Lense lyk helder.
Ek het Athlon en sal nie weer koop nie
Sent from my Redmi Note 3 using Tapatalk
Sal ook graag wil hoor wat hier skeef geloop het, ek het 2. Talos 4-14 op my 22-250 en ‘n Argos 6-24 op my 243. Altwee track reg, oop(tactical) turrets met ‘n tipe van ‘n Zerostop en jy het die plus punt van Kurt (TSG op die forum) se briljante diens en hulle waarborg is goed.
Dink ek daar is beter scopes op die mark? Verseker , maar in die prysklas glo ek nie.
Re: Wat is die goedkoopste FFP, Mil/Mil met Zero Stop funski
Posted: Fri Jul 06, 2018 6:37 pm
by Sangoma (IAN)
Henk verkoop sy Sightron S3 FFP hier op die forum vir R13k.
Ek sou def dit eerder oorweeg het....
Re: Wat is die goedkoopste FFP, Mil/Mil met Zero Stop funski
Posted: Fri Jul 06, 2018 7:21 pm
by Dezman
Die Sightron S3 is self n baie goeie opsie, ek stem.
Anders sien ek nie fout met selfs n Vortex Viper PST gen 2 nie...
Sent from my SM-A500F using Tapatalk
Re: Wat is die goedkoopste FFP, Mil/Mil met Zero Stop funski
Posted: Fri Jul 06, 2018 7:23 pm
by Ranger
What about the Burris XTRii 3-15? It's pretty close to R10k I think.
Re: Wat is die goedkoopste FFP, Mil/Mil met Zero Stop funski
Posted: Mon Jul 09, 2018 2:50 pm
by Finder20
Die man het toe oe toe geknyp en n Vortex PST Gen II gekoop FFP 5-25x50 maar MOA...wat dink julle manne van die?
Re: Wat is die goedkoopste FFP, Mil/Mil met Zero Stop funski
Posted: Mon Jul 09, 2018 2:56 pm
by Ranger
Finder20 wrote:Die man het toe oe toe geknyp en n Vortex PST Gen II gekoop FFP 5-25x50 maar MOA...wat dink julle manne van die?
Also been looking at that one. Let us know how it goes.
Re: Wat is die goedkoopste FFP, Mil/Mil met Zero Stop funski
Posted: Mon Jul 09, 2018 3:17 pm
by Dezman
Finder20 wrote:Die man het toe oe toe geknyp en n Vortex PST Gen II gekoop FFP 5-25x50 maar MOA...wat dink julle manne van die?
Jaloers maar steeds bly vir hom.
Sent from my SM-A500F using Tapatalk
Re: Wat is die goedkoopste FFP, Mil/Mil met Zero Stop funski
Posted: Thu Jul 12, 2018 4:00 pm
by Ranger
snakker wrote:Alwin wrote:Kyk na die Athlon reeks. Ek het geen ondervinding met hulle nie, net een gesien op 'n vriend se 6,5CM. Lense lyk helder.
Ek het Athlon en sal nie weer koop nie
Sent from my Redmi Note 3 using Tapatalk
Please elaborate?
Re: Wat is die goedkoopste FFP, Mil/Mil met Zero Stop funski
Posted: Thu Jul 12, 2018 4:17 pm
by snakker
I have an Athlon Argos BTR 6-24x50 FFP: Parallax adjustment very stiff doesn't seem to have any focussing effect. Reticle holds are accurate but dialing adjusts too much (105% of adjustment typical). I might just have got a lemon... Bought it in UK, now have to ship it to USA at my cost to have it inspected / repaired / replaced. This cost will be approx 20% of what scope cost me, so I decided to live with it as is. Still, I wouldn't buy it again if I had the chance; I feel Athlon USA should have issued a replacement scope via local agents and retrieved the scope at their cost for inspection - this would really honour their lifetime warranty, but maybe I'm expecting too much from them