Page 1 of 2

Loop se "twist" - Kan dit waar wees?

Posted: Wed Jul 04, 2018 8:30 pm
by PWV
Ek is vandag skietbaan toe om, na ses weke, weer 'n paar skote te skiet.
My .22-tjie ingestel.
Hier sit toe 'n vriend langs my. Ken hom nie van Adam af nie, maar hy skiet met 'n .308 wat hy, volgens hom, self gebou het.
Die loop het hy in Gauteng laat maak. Vra hom toe wat die "twist" is. Sy antwoord was 1:4. Ek het nog nooit van so 'n twist gehoor nie.
Kry mens so 'n loop?

Re: Loop se "twist" - Kan dit waar wees?

Posted: Wed Jul 04, 2018 8:37 pm
by Aceofspades
Sjoe oom. Ás dit een is sal dit seker 'n gain twist ook nog moet wees. En wie maak dit in ons ou deel van Afrika?

Kriek

Re: Loop se "twist" - Kan dit waar wees?

Posted: Wed Jul 04, 2018 8:40 pm
by Gawie(13mm)
Oom Pieter, ek en Oom weet albei dat daai kerel die klok hoor lui het, maar nie weet waar die bel hang nie. :o

Hy skiet ook seker 110 grein koeëls teen 3000 vps?

Re: Loop se "twist" - Kan dit waar wees?

Posted: Wed Jul 04, 2018 8:40 pm
by Capt. Yoda
Uncle skuif maar eder n paar banke op volgende keer as hy da sit en skiet

Re: Loop se "twist" - Kan dit waar wees?

Posted: Wed Jul 04, 2018 8:52 pm
by Zuku
Verwys hy nie dalk na twist van knaldemper groef

Re: Loop se "twist" - Kan dit waar wees?

Posted: Wed Jul 04, 2018 9:21 pm
by Mellies
PWV wrote:Ek is vandag skietbaan toe om, na ses weke, weer 'n paar skote te skiet.
My .22-tjie ingestel.
Hier sit toe 'n vriend langs my. Ken hom nie van Adam af nie, maar hy skiet met 'n .308 wat hy, volgens hom, self gebou het.
Die loop het hy in Gauteng laat maak. Vra hom toe wat die "twist" is. Sy antwoord was 1:4. Ek het nog nooit van so 'n twist gehoor nie.
Kry mens so 'n loop?
Oom PW,

Klink of daai man deurmekaar is met die twist van sy oorlede ouma se koeksusters en die lemon twist by die kermis!

Met n vleisie...

Re: Loop se "twist" - Kan dit waar wees?

Posted: Wed Jul 04, 2018 9:25 pm
by tripodmvr
Gauteng bring wonders na die Kaap!!!!!!!

Re: Loop se "twist" - Kan dit waar wees?

Posted: Wed Jul 04, 2018 9:57 pm
by Alwin
Hierdie tipe van doodernstige onkunde is redelik algemeen in die samelewing en selfs in die wapen-wêreld. Dis ook hoekom gewere opblaas met 'n maatjie se "reloads".

Re: Loop se "twist" - Kan dit waar wees?

Posted: Wed Jul 04, 2018 10:23 pm
by Ds J
Dit vat seker vier volle twists met n bobbejaanspanner om die loop in die aksie te skroef. ;)

Re: Loop se "twist" - Kan dit waar wees?

Posted: Thu Jul 05, 2018 7:06 am
by FHM
Oom Pieter dit was net n misverstand, hy het jou se skoop vergroting gegee

Re: Loop se "twist" - Kan dit waar wees?

Posted: Thu Jul 05, 2018 7:10 am
by 3006
Dalk sy voorgee op die skietbaan :confused: :confused:

Re: Loop se "twist" - Kan dit waar wees?

Posted: Thu Jul 05, 2018 8:55 am
by joe rocket
Hy skiet seker met n 311.5gr. koeel. ;)

Re: Loop se "twist" - Kan dit waar wees?

Posted: Thu Jul 05, 2018 10:28 am
by BSniperEM
Wat die man bedoel het is dat dit n 4R loop is. (amper soos n 5R) maar die een minder "land" bied NOG minder weerstand aan die punt dus vinniger spoed met minder poeier en/of korter loop.

Net soos n 5R is daai loop ook nog makliker om skoon te maak!

Google dit... ++>:

Re: Loop se "twist" - Kan dit waar wees?

Posted: Thu Jul 05, 2018 10:32 am
by Diesel Dog
Nee man sy koeël maak 4 volle twists uit sy 30' loop sy twist rate is 1-7.4 .Die man het hom seker weerspreek of oom Pieter het met sy skiet oor geluister. :laugh: :laugh:

DD

Re: Loop se "twist" - Kan dit waar wees?

Posted: Thu Jul 05, 2018 10:44 am
by Wouter Roets
PWV wrote:Ek is vandag skietbaan toe om, na ses weke, weer 'n paar skote te skiet.
My .22-tjie ingestel.
Hier sit toe 'n vriend langs my. Ken hom nie van Adam af nie, maar hy skiet met 'n .308 wat hy, volgens hom, self gebou het.
Die loop het hy in Gauteng laat maak. Vra hom toe wat die "twist" is. Sy antwoord was 1:4. Ek het nog nooit van so 'n twist gehoor nie.
Kry mens so 'n loop?
Oom Pietta

Was daar nie dalk n coleman langs die man nie? As ek so luister dalk n redelike groot een.

Groetnis
Wout

Loop se "twist" - Kan dit waar wees?

Posted: Thu Jul 05, 2018 10:51 am
by Willeboer
N man het eendag by n braai my vertel sy 7mm mag het n 32 twist en skiet 139gr teen 3900ft/s. Later vertel hy dat hy n PH was, amper n pro golfer was, fly fishing gids en instructor, commercial skipper, wildsboer en parrabat. Ek se toe vir hom hy moet seker nou al 102 jaar oud wees met al die ondervinding.

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Loop se "twist" - Kan dit waar wees?

Posted: Thu Jul 05, 2018 11:10 am
by PWV
Geen wonder daar is skietongelukke nie, want as mens met sulke stommiteite te doen kry besef jou daar is mense wat dink hulle weet maar eintlik donners min weet!
Ongelukkig was die knaap nie lank daar nie, want toe ek weer met hom wou praat, het hy die pad gevat.

Re: Loop se "twist" - Kan dit waar wees?

Posted: Thu Jul 05, 2018 11:14 am
by Wouter Roets
Willeboer

Ons het destyds op n jagtog presies dieselfde gehad met n jong PH. Toe ons al die jare optel wat hy al orals spandeer het toe kom ons agter hy het al sy eerste buffel geskiet toe hy nog in sy pa se saadsakke was!

Groetnis
Wouter

Re: Loop se "twist" - Kan dit waar wees?

Posted: Thu Jul 05, 2018 11:17 am
by Mellies
PWV wrote:Geen wonder daar is skietongelukke nie, want as mens met sulke stommiteite te doen kry besef jou daar is mense wat dink hulle weet maar eintlik donners min weet!
Ongelukkig was die knaap nie lank daar nie, want toe ek weer met hom wou praat, het hy die pad gevat.
Hy is seker gholfbaan toe met daai 4 yster!!

Met `n vleisie...

Re: Loop se "twist" - Kan dit waar wees?

Posted: Thu Jul 05, 2018 11:53 am
by alecjohnson
PWV wrote:Ek is vandag skietbaan toe om, na ses weke, weer 'n paar skote te skiet.
My .22-tjie ingestel.
Hier sit toe 'n vriend langs my. Ken hom nie van Adam af nie, maar hy skiet met 'n .308 wat hy, volgens hom, self gebou het.
Die loop het hy in Gauteng laat maak. Vra hom toe wat die "twist" is. Sy antwoord was 1:4. Ek het nog nooit van so 'n twist gehoor nie.
Kry mens so 'n loop?

Nee daai glo ek nie, die twistrate glo ek ook nie.... ++>:

so terloops wat is die vinnigste wat mens kry? 1:6.9?

Re: Loop se "twist" - Kan dit waar wees?

Posted: Thu Jul 05, 2018 1:08 pm
by PWV
alecjohnson wrote:
PWV wrote:Ek is vandag skietbaan toe om, na ses weke, weer 'n paar skote te skiet.
My .22-tjie ingestel.
Hier sit toe 'n vriend langs my. Ken hom nie van Adam af nie, maar hy skiet met 'n .308 wat hy, volgens hom, self gebou het.
Die loop het hy in Gauteng laat maak. Vra hom toe wat die "twist" is. Sy antwoord was 1:4. Ek het nog nooit van so 'n twist gehoor nie.
Kry mens so 'n loop?

Nee daai glo ek nie, die twistrate glo ek ook nie.... ++>:

so terloops wat is die vinnigste wat mens kry? 1:6.9?
Hang af hoe koud dit is! :)

Re: Loop se "twist" - Kan dit waar wees?

Posted: Thu Jul 05, 2018 1:43 pm
by THOMAST
Ek is jare terug by 'n vriend se huis met geselligheid. Soos gewoonlik vorder die geselsery na vuurwapens en jag oor die algemeen. Kom vertel 'n man (nog 'n kuiergas) ons van sy .375 geweer met 'n "Shaailen whipping barrel"
Ek los maar die res van die gesprek oor aan julle verbeelding.

Re: Loop se "twist" - Kan dit waar wees?

Posted: Thu Jul 05, 2018 1:48 pm
by Antondup
Wouter Roets wrote:Willeboer

Ons het destyds op n jagtog presies dieselfde gehad met n jong PH. Toe ons al die jare optel wat hy al orals spandeer het toe kom ons agter hy het al sy eerste buffel geskiet toe hy nog in sy pa se saadsakke was!

Groetnis
Wouter
Image Hy het seker wiskunde in st8 gelos want hy kan mos tel! Lekker lag ek nou!

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Loop se

Posted: Thu Jul 05, 2018 1:55 pm
by THOMAST
Antondup wrote:
Wouter Roets wrote:Willeboer

Ons het destyds op n jagtog presies dieselfde gehad met n jong PH. Toe ons al die jare optel wat hy al orals spandeer het toe kom ons agter hy het al sy eerste buffel geskiet toe hy nog in sy pa se saadsakke was!

Groetnis
Wouter
Image Hy het seker wiskunde in st8 gelos want hy kan mos tel! Lekker lag ek nou!
Janee, hy kon tot elf tel met sy hande in sy broeksakke, want sy een broeksak het 'n gat ingehad.

Re: Loop se "twist" - Kan dit waar wees?

Posted: Fri Jul 06, 2018 7:21 pm
by Hansieslim
Ai die mensdom. Plaas sê hy net hy weet nie wat is twist nie. 5 jaar gelede het ek ook nie geweet wat is twist nie en toe het ek al 'n geweer besit. As die arme man weet hoe hy nou hier bepraat word, sal hy heel afgesit wees met die skietgemeenskap. Ek is 100% seker ek't 5 jaar gelede ook sulke "swak feite" kwytgeraak. Gelukkig is ek telkens op die spot gou reggehelp...en het ek eerder respek gekry vir die skietgemeenskap.

Miskien roer ek nou hier iets aan waar ek eerder moes stilgebly het, maar dink julle nie dit is eerder julle (ek wil myself nog nie as kennisvol en ingelig beskou nie) plig om 'n onkundige ou (wat twak kwytraak wat hy self glo), eerder DADELIK reg te help en selfs te leer nie? Dalk sit jou kind more op die skietbaan langs 'n "cowboy" herlaaier en kry jou kind die seerste as cowboy se geweer ontplof. Ek sê maar net.