Page 1 of 1

Sneller breekkrag

Posted: Tue Jun 26, 2018 8:06 pm
by Malan123
Hoe lig maak julle manne snellers se breekkrag en hoekom verkies jy hom op daai spesifieke breekkrag?

Re: Sneller breekkrag

Posted: Tue Jun 26, 2018 8:46 pm
by Pvdw
1 pond

Re: Sneller breekkrag

Posted: Tue Jun 26, 2018 9:33 pm
by JPS
1.5 onse kompetiesie gewere

Ander gewere so 11 - 12 onse

Re: Sneller breekkrag

Posted: Tue Jun 26, 2018 10:08 pm
by alecjohnson
375 op 12,3onse
243 op 12,3 onse en gestel 1,06 onse

res se sneller kan nie gestel word nie



Edit van gram na onse omgeskakel

Re: Sneller breekkrag

Posted: Wed Jun 27, 2018 8:40 am
by Malan123
Dankie sover. Dit is interesant om te sien hoe smake verskil. Ek verkies hom so rondom 10oz

Re: Sneller breekkrag

Posted: Wed Jun 27, 2018 8:43 am
by joe rocket
Howa 17 onse en tikka 8 onse.

Re: Sneller breekkrag

Posted: Wed Jun 27, 2018 8:56 am
by Geno
My Remingtons se Jewell snellers en CZ se standaard sneller is op 8 onse, my een Howa op 12 onse.
Ek sal tien teen een die een Remington .243 en die Howa 6.5 Grendel stel na 1.5lb toe omrede vrou en kinders met hulle sal skiet.

Re: Sneller breekkrag

Posted: Wed Jun 27, 2018 9:04 am
by Finder20
Geno wrote:My Remingtons se Jewell snellers en CZ se standaard sneller is op 8 onse, my een Howa op 12 onse.
Ek sal tien teen een die een Remington .243 en die Howa 6.5 Grendel stel na 1.5lb toe omrede vrou en kinders met hulle sal skiet.
Geno hoe verstel mens die Howa se H.A.C.T sneller? behalwe nou die video's om die springs te knip...

Hoor graag...

Re: Sneller breekkrag

Posted: Wed Jun 27, 2018 9:16 am
by Geno
Ons geweersmid doen die job. Hy vervang van die parte en vere.

Re: Sneller breekkrag

Posted: Wed Jun 27, 2018 9:27 am
by Smitstertjies
JPS wrote:1.5 onse kompetiesie gewere

Ander gewere so 11 - 12 onse
Shoe daai 1.5 onse is lig. :): :):

Re: Sneller breekkrag

Posted: Wed Jun 27, 2018 10:43 am
by alecjohnson
help my asseblief google het klompie onse, wat is die onse wat hier gebruik word se gram?

Re: Sneller breekkrag

Posted: Wed Jun 27, 2018 10:46 am
by Geno
alecjohnson wrote:help my asseblief google het klompie onse, wat is die onse wat hier gebruik word se gram?
28.34 gram

Re: Sneller breekkrag

Posted: Thu Aug 02, 2018 3:01 pm
by Dupies
Is dit moeilik om 'n CZ 550 se sneller self te stel?

Re: Sneller breekkrag

Posted: Thu Aug 02, 2018 4:19 pm
by alecjohnson
Dupies wrote:Is dit moeilik om 'n CZ 550 se sneller self te stel?
Glad nie, daar is 3 skroefies

Onder: stel hoeveel die sneller kan beweeg na die skoot geloop het, bo stel hoeveel krag benodig word (spanning teen veer) kyk net na veer agter skroef.
agter snellei is 'n klein skroefie wat die hoeveelheid wat die "set trigger" vashou wees maar veral met hom versigtig.

en dan kan jy sonder om roer uitmekaar te haal die skroefie indraai wat die voortrek verwyder, maar dan verloor jy die haarsneller funksie.

Re: Sneller breekkrag

Posted: Thu Aug 02, 2018 4:41 pm
by savage(P Coetzer)
Vra my. Jy kan n cz550 se sneller lig genoeg stel om n chrony so 7m vêr te laat trek...

Re: Sneller breekkrag

Posted: Thu Aug 02, 2018 10:08 pm
by Cobus(Cobb)
Brno.....kannie hom lekker gesyel kry nie
Howa....14 Oz....nog nie verder gekarring nie maar sal dalk by 11 kan draai.....weetnie
Pistool ook gedoen...DIY jobbie....nooit gemeet maar helfte sagter as standaard model.

Cheers

Re: Sneller breekkrag

Posted: Fri Aug 03, 2018 8:38 am
by Kallie Fernhout
As jy eers gewoont is aan Jewel wat op 2-3 ounce breek sukkel jy maar met n ander sneller

Re: Sneller breekkrag

Posted: Fri Aug 03, 2018 10:18 pm
by JPS
Kallie Fernhout wrote:As jy eers gewoont is aan Jewel wat op 2-3 ounce breek sukkel jy maar met n ander sneller
Feite.

Net Bix n Andy wat Jewel klop.

Dan het ek nou ‘n kelby sneller op my nuwe 284Win, met Defiance Rebel aksie. Ek het gedink dis Jewel Br tot ek kolf afhaal toe sien ek dit is Kelby. Net so lekker soos my Jewel snellers.

Re: Sneller breekkrag

Posted: Sat Aug 04, 2018 3:40 am
by Basie2
Hi-jack
Het steyr pro hunter ‘n ‘hair trigger’?

Kan die na trek verwyder word en hoe?

Dankie


Sent from my iPad using Tapatalk