Page 1 of 1
Hawke Vantage of Tasco? Help asb
Posted: Sun Jun 24, 2018 4:45 pm
by Doepie01
Hallo almal.
My ou Lynx 8X56 het gegroet. Die kruishaar wil nie meer stel nie. Ek moet nou baie vinnig vir my 6mm Musgrave n ander scope soek want volgende naweek kom vriende by my jag en hy moet my geweer gebruik.
Ek wil nie duur koop nie want ek het nie die fondse nie en tweedens gebruik ek basies die teleskoop net in die winter vir potjag. Die res van die tyd is my nagsig gemount op die geweer.
Ek kyk op hierdie stadium na die Hawke Vantage 3-9X50 of die tasco 3-9X50. Ek besef ek kan nie n mercedes verwag as ek geld het vir n GWM het nie maar ek wil darem ook nie iets koop wat binne die eerste week sy gat sien of wat na elke 3e skoot weer ingestel moet word nie.
Albei die teleskope het nogal redelik goeie reviews op die internet maar ek wil graag jul menings hoor asb.
Baie dankie by Voorbaat
Doepie
Re: Hawke Vantage of Tasco? Help asb
Posted: Sun Jun 24, 2018 4:53 pm
by tripodmvr
Ek het 3 Hawkes op my gewere n hulle gee nog net goeie diens. Helder beelde en behou zero. Stel ook positief. Tasco is nie meer wat dit was toe hulle in Japan gemaak is nie.
Re: Hawke Vantage of Tasco? Help asb
Posted: Sun Jun 24, 2018 5:26 pm
by johans
doepie ek sal verseker kyk na daai wildgame scope wat geno verkoop.gaan search hom hier op die forum en lees maar sy reviews.veral vir hoe min jy hom gebruik
Re: Hawke Vantage of Tasco? Help asb
Posted: Sun Jun 24, 2018 5:48 pm
by ruaanb
kry die wildgame.
Re: Hawke Vantage of Tasco? Help asb
Posted: Sun Jun 24, 2018 7:28 pm
by Malan123
ruaanb wrote:kry die wildgame.
+1. Ek het nou al my 2de 1 gekoop en hulle loop baie mooi
Re: Hawke Vantage of Tasco? Help asb
Posted: Sun Jun 24, 2018 11:02 pm
by Doepie01
Dankie manne vir die raad. Kry nog nie vir Geno in die hande nie maar sal hopelik iewers regkom.
Net so ter info. Die Hawke verkoop vir R1470. Weet nog nie die Wildgame se prys.
Re: Hawke Vantage of Tasco? Help asb
Posted: Sun Jun 24, 2018 11:06 pm
by Philip J
Re: Hawke Vantage of Tasco? Help asb
Posted: Mon Jun 25, 2018 10:10 am
by Omnia
Kry die Wildgame , ... sal nie spyt wees nie . Vir R2500 , geen vergelyking nie .
Re: Hawke Vantage of Tasco? Help asb
Posted: Mon Jun 25, 2018 1:16 pm
by alecjohnson
Ek is ook ongelooflik beïndruk met my wildgame teleskoop. onthou net hy het 30mm buis so kry regte ringe.
Re: Hawke Vantage of Tasco? Help asb
Posted: Mon Jun 25, 2018 1:21 pm
by cassie_calvinia
LYNX sal jou scope 10 teen 1 verniet regmaak. sonder vrae
Re: Hawke Vantage of Tasco? Help asb
Posted: Mon Jun 25, 2018 2:22 pm
by Omnia
Doepie01 wrote:Dankie manne vir die raad. Kry nog nie vir Geno in die hande nie maar sal hopelik iewers regkom.
Net so ter info. Die Hawke verkoop vir R1470. Weet nog nie die Wildgame se prys.
Jy toe vir Gino in die hande gekry ? Glo jy het die regte no. ?
Re: Hawke Vantage of Tasco? Help asb
Posted: Mon Jun 25, 2018 9:25 pm
by Doepie01
Ek het toe maar besluit om die Hakwe te koop by Wildman in Kimberley dood eenvoudig omdat hulle al was wat na my toe terug gekom het, van al die plekke wat ek gekontak het, en omdat ek gedruk is vir tyd. Almal met wie ek gepraat het noem darem net goeie dinge van die Hawke so kom ons hoop vir die beste.
Cassie ek sal bietjie jou voorstel ondersoek. Is baie erg oor daai Lynx van my so sal bly wees as hy kan regkom.
Groete
Re: Hawke Vantage of Tasco? Help asb
Posted: Mon Jun 25, 2018 9:39 pm
by Alwin
cassie_calvinia wrote:LYNX sal jou scope 10 teen 1 verniet regmaak. sonder vrae
En vinnig ook. Gewoonlik nie meer as 2 weke nie, afhangend van die vervoer.
Re: Hawke Vantage of Tasco? Help asb
Posted: Tue Jun 26, 2018 7:13 am
by Armand Steenkamp
Ek het n Hawk Vantage. Ek is baoe beindruk met die scope.... ek het op n slag met my 6.5 wat op daai tyd die Hawk op gehad het en met my nulkwes wat n nikon monarch op het gaan skiet. Ek het eers met die nulkwes geskiet en toe met die 6.5. Dit was so duidelik soos daglig dat die Hawk scope baie helderder as die Nikon Monarch was.
Re: Hawke Vantage of Tasco? Help asb
Posted: Tue Jun 26, 2018 8:19 am
by tripodmvr
Doepie01 wrote:Ek het toe maar besluit om die Hakwe te koop by Wildman in Kimberley dood eenvoudig omdat hulle al was wat na my toe terug gekom het, van al die plekke wat ek gekontak het, en omdat ek gedruk is vir tyd. Almal met wie ek gepraat het noem darem net goeie dinge van die Hawke so kom ons hoop vir die beste.
Cassie ek sal bietjie jou voorstel ondersoek. Is baie erg oor daai Lynx van my so sal bly wees as hy kan regkom.
Groete
Watter Hawke het jy toe gekry? Hulle het ook 'n vervangingswaarborg en ek weet van een geval waar 'n 6-24 met 'n 8-32 vervang is.