Page 1 of 1

Lesensie vraag

Posted: Fri Jun 22, 2018 11:14 am
by Thinus Human
Hi julle slim manne en maninne

Ek het 'n simpel vraag? Dit is seker al oor en oor gevra maar ek het so rond gekyk en niks gesien nie. Ek wil my oom se wapen koop n .22 maar die lesensie het verval. So ek weet nou dat mens of die goed moet terug gee vir die polisie :police: of jy moet wag vir die amnestie waaroor almal so tekere gaan. Ek wil weet of dit enigsins moontlik sal wees vir my om die wapen te kry en op my naam te probeer kry voor hy hom terug gee of is dit n onmoontlike taak.

Dankbaar vir enige terugvoering

Groete
Thinus Human

Re: Lesensie vraag

Posted: Fri Jun 22, 2018 11:25 am
by Nella
Huidiglik is dit n "onwettige" wapen.
Moet ingehandig word.
Hoop ook maar vir n amnestie maar eerlikwaar twyfel ek

Re: Lesensie vraag

Posted: Fri Jun 22, 2018 11:36 am
by OosKaapJagter
Onthou ook dat 'n amnestie, indien dit aangekondig word, op sigself niemand sal help nie.

So amnestie beteken bloot dat 'n onwettige wapen sonder vervolging ingehandig kan word. Dit is dan bestem vir toetsing deur die ballistiese afdeling van die SAPD en daarna vir vernietiging.

Dit is slegs as daar tesame met die amnestie toegewings aangekondig word vir herlisensiƫring van wapens met vervalde lisensies, dat dit enigsins van nut sal wees.

Re: Lesensie vraag

Posted: Fri Jun 22, 2018 2:41 pm
by Philip J

Re: Lesensie vraag

Posted: Wed Jun 27, 2018 2:07 pm
by knipmes
Die manne van GOSA en hul regspan het Maandag 25/6 n vergadering met die SAPS se regsverteenwoordigers gehad GOSA se Memorandum is op GUNSITE by URGENT Announcement op bladsy 25 ? te sien Hoop hulle kan iets regkry namens die eienaars wat soveel probleme het