Page 1 of 1
270 met 145gr ELD-X. Enigeiemand wat met hierdie skiet?
Posted: Wed Jun 20, 2018 11:47 am
by Cor Jacobs
More manne,
Kan enigiemand wat dalk reeds met hierdie kombinasie skiet vir my terugvoer gee rakende hul gevoel.
Bv. Spoed, max lading, prestasie en so meer.
By voorbaat dank
Cor
Re: 270 met 145gr ELD-X. Enigeiemand wat met hierdie skiet?
Posted: Fri Aug 14, 2020 9:24 am
by Cor Jacobs
More Manne,
Ek post/aktiveer weer op hierdie topic van my van 2 jaar gelede. Dalk het daar intussen manne begin om met hierdie kombinasie te skiet. Enige terugvoering in die verband sal waardeer word.
By voorbaat dank,
Groete
Cor
Re: 270 met 145gr ELD-X. Enigeiemand wat met hierdie skiet?
Posted: Fri Aug 14, 2020 10:10 am
by tripodmvr
Cor, sukkel jy met die kombinasie of is dit maar net terugvoer wat jy soek?
Re: 270 met 145gr ELD-X. Enigeiemand wat met hierdie skiet?
Posted: Fri Aug 14, 2020 11:16 am
by dehacked
Ek het oor hulle opgelees en besluit om by die 140SST te hou so lank ek kan.
Re: 270 met 145gr ELD-X. Enigeiemand wat met hierdie skiet?
Posted: Fri Aug 14, 2020 2:22 pm
by fanie.myburgh
Halo Manne.
Ekt een pakkie van hulle op my vrou se 270 Musgrave geskiet laas seisoen toe ek nie 130gr interlocks gekry het nie.
Hulle geskiet teen 2850fps pmp doppe en s385, akkuraatheid baie goed. Ons het paar bokke geskiet geen punt herwin nie, maar alles met een skoot dood geskiet. My vrou het n groot Kudu bul geskiet en die punt het goed gewerk.
Afstande het gewissel van 80m op jakkels, kudu op 240m en springbokke tussen 150m en 300m.
Hoop dit help.
Groete
Fanie
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: 270 met 145gr ELD-X. Enigeiemand wat met hierdie skiet?
Posted: Sun Aug 16, 2020 4:15 pm
by Philip_L
Ek skiet 145gr Eld-x in my 270 teen n matige spoed van so 2740fps. Laai tans s365.
Sover doen die koeel baie goed. Koedoe bul die week geskiet op 140m. Het beide blad bene gebreek en is uit aan die anderkant. Drie rooibokke ook geskiet op afstande tussen 30 en 220m. Geen punt recover nie.
Die verste wat ek al geskiet het is gong tot op 500m met goeie resultate.
Re: 270 met 145gr ELD-X. Enigeiemand wat met hierdie skiet?
Posted: Mon Aug 17, 2020 9:08 am
by Cor Jacobs
tripodmvr wrote: Fri Aug 14, 2020 10:10 am
Cor, sukkel jy met die kombinasie of is dit maar net terugvoer wat jy soek?
More Oom Tripod,
Jammer vir die laat reply, so bietjie internet probleme ondervind die naweek.
Sal nou nie se ek sukkel nie, maar ek het die punte en sou wou weet of die manne se ervaring darem positief is met dit.( Ek het dit nog glad nie in die veld gebruik nie) Ek dink my probleem gaan inkom met die dat daar nie meer Somchem kruit hierdie kant van die Oranje beskikbaar is nie. Interesantheidshalwe, hier is my data soos ek die naweek gou geskiet het op die baan. Groep lyk nie te sleg nie, maar ek is seker dit kan verbeter.
Gemeet met Magneto speed. 2949 f/s ave 5 skote
Tpl 85mm
Nossler doppe - H2O ?
CCI 200 Primers
Somchem lot 88 - S365 52gr.
Ek wil die punte gebruik meestal vir Springbok en Gemsbok jag, so die afstande is maar wyd. Hierdie is ook die laaste blik Somchem wat ek het, so my volgende vraag wat is die aanbevole alternatiewe kruit vir hierdie spesifieke punte?
By voorbaat dank.
Groete
Cor
Re: 270 met 145gr ELD-X. Enigeiemand wat met hierdie skiet?
Posted: Mon Nov 09, 2020 5:50 pm
by Karnalie
Hi Cor,
Ek het met die ELD-X 145g geskiet. Hy loop mooi.
Ek't Hodgdon H4350 kruit gebruik. 51.6g.
My spoed was 2823ft/s.
Groete,
Theo Fourie