Page 1 of 1

Re: .416 rem mag

Posted: Fri Oct 07, 2011 9:23 am
by erx
Piet Siet

Weet nie van die herlaai kostes, maar hoekom nie die 416 Rigby nie?

Groete
erx

Re: .416 rem mag

Posted: Fri Oct 07, 2011 10:11 am
by Wouter Roets
Hallo Piet

Jaco Alberts hier op die forum het een in die nuwe Winchester. Pragtige geweer en uitstekende kaliber! n Mens het nie meer met vandag se poeier die groot Rigby dop nodig nie en die Remington dupliseer Rigby se oorspronklike syfers maklik. Gebruik Frontier se Game Ranger vir oefening en dan jou jaglading vir jag. Doppe word maklik gemaak van 375 s'n so vir n groot kaliber in hierdie klas gaan jy sukkel om goedkoper te skiet. Hornady se DGX is n goeie keuse vir n jaglading teen 2300-2350ft/sek en die Interlock behoort mooi te werk teen 2100ft/sek.

Groetnis
Wouter

Re: .416 rem mag

Posted: Fri Oct 07, 2011 6:22 pm
by Francois Marais
Wouter/Manne

Wat is die ligste 416cal koeel wat beskikbaar is, as herlaai komponent......

Mooi loop
Francois

Re: .416 rem mag

Posted: Fri Oct 07, 2011 8:09 pm
by Biltongjagter
Francois,

Nie seker of dit die ligste 416 kaliber koe?ls beskikbaar is vir herlaai doeleindes nie, maar vanwe? die feit dat hulle van suiwer koper is, is hierdie twee baie popul?re 416 koe?ls seker naby daaraan -
416330HV   330gr; en
416380FN    380gr.

Groete,
Koos.

Re: .416 rem mag

Posted: Sat Oct 08, 2011 2:57 pm
by Francois Marais
Piet/Koos/Ludwig

Thanks virri reply, sal so deurgee na die man wat wou weet......

Mooi loop
Francois

Re: .416 rem mag

Posted: Sat Oct 08, 2011 7:14 pm
by ThinusS
Ek is 'n groot fan van die .416 Rem Mag, miskien omdat ek my eerste, en enigste, buffel met 'n geleende een platgetrek het. Dit was tydens 'n jag in die Maromeu area in Mosambiek. Die geweer, 'n Remington 700, het aan die outfitter , behoort. Ek was baie skepties omtrent die ammunisie omdat dit met 400 gr Hornady Interlock koe?ls gelaai was (nie seker van die trompsnelheid nie) die outfitter het my egter verseker dat hulle die koe?ls gereeld en baie suksesvol op buffels gebruik.
Die eerste skoot op die buffel was skuins van voor en hy het net omgedraai en weer gaan staan, die tweede skoot was skuins van agter en hy het na 'n paar sekondes, en 'n hartseer bulk, geval en bly l?. Ek twyfel of die tweede skoot nodig was maar hoe gereeld kry 'n man nou kans om na 'n buffel te skiet?
Die Interlocks het goed presteer wat penetrasie en wondkanaal aanbetref, die koe?ls is altwee herwin en gewigsretensie was goed.
Gedurende dieselfde jag het my vrou 'n vlakvark met die 416 geskiet, die geweer het haar onder haar pet uitgeskop maar die vark het heelwat slegter daarvan afgekom.
Die enigste ander ondervinding wat ek met 'n 416 het, behalwe op papierteikens, is 'n dassie wat ek in die Oos Kaap met 'n ander geleende 416 geskiet het, die dassie was morsdood en die wonkanaal verbasend klein.
So, kry gerus 'n .416 Rem Mag dit is dodelik op alles van 'n dassie tot 'n buffel.

Groete
Thinus

Re: .416 rem mag

Posted: Sat Oct 08, 2011 8:24 pm
by willem
Ek dink dat jy beter sal doen met n 416 rigby ,die kaliber het hom al bewys .Die kaliber wat die meeste probleme gee met die jaarlikse PH kawilifiserings toetse in Zimbabwe is die 416 rem, gewere wat nie reg voer nie en ook baie druk probleme in die zambezi valei,hierdie toetse is vir PH,s en is n praktiese toets waar hulle buffels en olifante moet skiet om hulle lisensies te kan kry.

Die eksaminator was altyd Don Heath,hy was eers verbonde aan die parkeraad,ek glo nie hy sal in sy verslae lieg nie.

My keuse , 416 Rigby , het self een

Groete
Willem

Re: .416 rem mag

Posted: Sun Oct 09, 2011 5:30 pm
by Jaco Alberts
Middag almal,

Die keuse sal wissel van persoon tot persoon, Rigby of Rem Mag, myne was eenvoudig, omdat ek die 458 ook in die Winchester Mod 70 Safari Exp het en gegaan het vir die "couple" was my keuse Win Mod 70, beide my 416 Rem Mag en 458 Win Mag skiet ongelooflik akkuraat en lekker. ( Winchester se kolwe is lekker reguit en help vir terugskop en weeg beide 4,5 kg ( 458 ) en 4,75 kg ( 416 ) ) Die Cz's se kolwe neig afwaarts met 'n redelike helling, het met 458 WM CZ geskiet, maand terug, terugskop is baie opwaarts en pla bietjie.

Het toevaliig ook die naweek gelees op 'n Amerikaanse skietforum, 2004 /5 van die druk probleme wat die Rem mag gee, maar dit was nie so groot issue soos baie mense dit maak nie. Die manne het ongelooflike spoed gekry met die 400 gr koeels en hul poeiers op die Rem Mag ( 2450 - 2480 f/s ) wat toe deel was van hul druk probleme onderandere in die Zambezivalleie ( My opinie is dat hulle heeltemal te warm laai )

My eeste toetsladings het gestop by S341 met 81gr agter 'n 400gr Rhino en ook Hornady se DMX het ek getoets in Jan 2011, toe dit die dag 35 grade celsius was om 13:00 die middag en het ek geen probleme ondervind. Die spoed was 2380 f/s. ( wou kyk tot waar kan ek die 400gr druk ) Laasweek Donderdag, het ek S 355, 79 gr getoets en twee van my drie ladings was 2400 f/s, ook met die Rhino koeels. Geen tekens van druk ! Ek is nou besig om te laai, wil in die omgewing van 2330 f/s skiet, QL, Wouter se node en die Amerikaanse skietforum dui aan dat die beste groepering op die spoed behoort te wees. PS: Ek het 'n 30 mm groepering met 4 skote, S 355, 76 gr @ 2271 f/s op 80 meter met die begin ladings gedoen. Die Rhino se "crimping groove" is 15.3 mm van die koeel-basis af waar die Hornady s'n 18mm is. Dit maak 'n groot verskil op die druk wat jy kry, namate jy begin hoer ladings laai. Die Hornady is reeds 'n compress load op 78.5 gr S335.

Sterkte met jou keuse 

Re: .416 rem mag

Posted: Tue Oct 11, 2011 6:13 pm
by Alan Hibbert
Iemand al gekyk na die .416 Weatherby. Ek staan voor die keuse Rigby of Weatherby....

Re: .416 rem mag

Posted: Wed Oct 12, 2011 4:46 pm
by Wouter Roets
Hallo Slagpen

Baie welkom op die forum van my kant af ek hoop jy geniet dit terdee.

As dit net gaan oor kaliber sal ek vir die Rigby gaan tussen die twee. Die dopvolume is basies dieselfde en indien altwee na dieselfde drukvlakke gelaai word is daar nie n balisties verskil nie. Die Weatherby lyn van kalibers het oor die algemeen n probleem met krake wat ontstaan op die nek/skouer as die doppe al n paar keer gelaai is. Hierdie is afkomstig van die "double raduis" skouer ontwerp.

Jou keuse gaan natuurlik gaan oor die geweer wat hierdie verskillende rondtes moet afvuur en dit gaan dalk heel moontlik jou brsluit meer beeinvloed.

Groetnis
Wouter