Page 1 of 1
Howa vs. Remington
Posted: Mon Jun 18, 2018 9:03 am
by Maartin
Goeie dag.
Ek wil kyk om vir my 'n 6.5 Creedmoore te koop.
Ek wil die geweer 80% gebruik vir gonge skiet so ver as moontlik en dan dalk 20% indien so baie vir jag.
Ek wil graag julle menings hoor of voorstelle tussen die volgende gewere wat ek na kyk en wat ek kan bekostig.
Remington 700 6.5 creedmoore ADL TAC
24" loop met 1-8 twist heavy barrel
weaver tipe rail
reeds gethread.
OF
Howa 6.5 Creedmoore
Heavy barrel 24" 1-8 twist ( van wat ek kan sien)
Dit is die prysklas wat ek na kyk en wat ek kan bekostig.
Watter een van die roere sal die beter koop wees?
Ek wil baie graag die 1km merk en verder breek, sal ek dit kan doen met een van die bogenoemde gewere.
Glo 140greiners sal die werk kan doen.
Raad en menings sal ek waardeer, ek leer nog en wil soveel leer as wat ek kan en dink nie daar is 'n beter p[lek om raad te vra as hier nie.
Ek hoor graag.
Re: Howa vs. Remington
Posted: Mon Jun 18, 2018 9:11 am
by Smittie86
Goeie More Maartin,
Ek is in PRESIES dieselfde bootjie. Ek gaan hierdie een dophou.
Re: Howa vs. Remington
Posted: Mon Jun 18, 2018 9:20 am
by tripodmvr
Ek besit een Howa en geen Remington nie.
Van Remington was daar al redelike kommentaar en probleme en veral oor kwaliteitbeheer.
My Howa en baie ander se gewere het nog net goeie resultate gelewer. Is die prysverskil groot tussen die' twee - die skroefdraad wat standaard is kan jou redelik kos met die Howa. Watter kolwe is op die gewere?
Re: Howa vs. Remington
Posted: Mon Jun 18, 2018 9:26 am
by Maartin
Oom Tripod,
Beide die gewere het sintetiese kolwe standaard howa en weet net die remington se kolf is sinteties.
My plan is om later 'n ander kolf op te sit.
Ek weet dat komponente vir beide make oral bekombaar is.
Die remington is aanloklik omdat hy reeds draad voor het en die weaver rail.
Die koste van die Remington beloop tussen R10490 - R11500 so ook vir die Howa.
Re: Howa vs. Remington
Posted: Mon Jun 18, 2018 9:27 am
by Capt. Yoda
Howa
Re: Howa vs. Remington
Posted: Mon Jun 18, 2018 9:31 am
by Armand Steenkamp
Ek sal die Howa vat met 26duim loop.... net die barreld action en dan n lekker kolf opsit.
Re: Howa vs. Remington
Posted: Mon Jun 18, 2018 9:50 am
by Finder20
Armand Steenkamp wrote:Ek sal die Howa vat met 26duim loop.... net die barreld action en dan n lekker kolf opsit.
+1
Re: Howa vs. Remington
Posted: Mon Jun 18, 2018 10:16 am
by Bushpig7
Hallo Martin
"standaard" vir Suid Africa skroedraad voor op die loop is metric die remmington lope word imperial gesny en dan betaal jy n primie vir accesories.
Koop howa hulle presisie is oor die algemene beter. Sal nie spyt wees.
Creedmoor sal jou Supersonic vat tot by so 1200m en dan word dit intrsant in die transonic en subsonic zone.
Sit dadelik n 30MOA rail op die Howa anderse verloor jy te veel scope verstelling om die afstande te haal.
Groete
Norbert
Re: Howa vs. Remington
Posted: Mon Jun 18, 2018 10:29 am
by AJ Botha
Ek het presies dieselfde vraag, ek fancy ook die Rem 700 omdat hy klaar gethread is, klaar 'n rail het, en om almal Howas het (bietjie iets anders).
Ek het hier op die forum gelees die 26" loop word verkies, maar kom toe tovallig op die interessante artikel af:
https://rifleshooter.com/2016/02/6-5-cr ... creedmoor/
Met 120gr punte was die 26" loop 30fps vinniger as die 24" loop;
Met 142gr Sierra MatchKings was die 26" loop 6fps STADIGER as die 24" loop?
Ek droom nou al twee aande in 'n ry oor daai Rem, dink dis 'n teken!
Jammer vir die Hijack!
Re: Howa vs. Remington
Posted: Mon Jun 18, 2018 10:32 am
by AJ Botha
Bushpig7 wrote:Hallo Martin
"standaard" vir Suid Africa skroedraad voor op die loop is metric die remmington lope word imperial gesny en dan betaal jy n primie vir accesories.
Groete
Norbert
Al betaal jy meer vir die demper omdat dit 'n ander groef het, spaar jy die koste van die rail en die sny van die loop se kostes.
As ek die Rem koop sal ek ringe koop met 'n MOA offset, ek neem aan die rail is 0MOA (weet iemand dalk?).
Re: Howa vs. Remington
Posted: Mon Jun 18, 2018 10:44 am
by Maartin
Dankie Vir die insette sover, lyk of meeste manne maar aan die Howa span is.
Ek dink dalk soos Armand genoem het die 26" howa barreled action (indien hy BB is). Mens kan altyd 'n howa kort aksie kolf maklik bekom sou dit nodig wees of fondse nog nie genoeg is vir grs of soortgelyk nie.
Re: Howa vs. Remington
Posted: Mon Jun 18, 2018 10:53 am
by Smittie86
Wat van so iets, en dan kolf. (Cheapie kolf vir eers en dan fondse vir Scope en Kolf.)
http://www.habitatafrica.co.za/product/ ... ed-action/
Re: Howa vs. Remington
Posted: Mon Jun 18, 2018 10:54 am
by Springkudu
Sterkte om 'n 26" op te spoor, al waar ek voorraad kon kry was by Habitat, dink dit was net onder die 14k (Dit is nou met kolf).
Re: Howa vs. Remington
Posted: Mon Jun 18, 2018 11:24 am
by heywillie
Re: Howa vs. Remington
Posted: Mon Jun 18, 2018 12:28 pm
by Dolf014
Martin.
Ek het begin April presies dieselfde huiswerk gedoen.
Ek het winkel toe gegaan en altwee die gewere hanteer, gevoel, bekyk en ge-"dry fire"
Howa het ek toe gekoop.
Gaan youtube "howa vs remington" daar is 'n baie duidelike praktiese vergelyking.
Ek het toe ook dadelik besluit ek gaan die kolf vervang as hom kry.
Re: Howa vs. Remington
Posted: Mon Jun 18, 2018 12:59 pm
by Pinkes
Ek het net Remington 700s in my kluise en hulle almal skiet bitter goed. Ek weet van al die probleme wat almal met hul al gehad het..maar ek was dan maar seker net gelukkig. Ek het wel ook onlangs vir my die 6.5CM ADL TAC gekoop. En dis die een wat ek die meeste mee skiet huidiglik. Het net kolf verander en sneller gestel op 1.6lbs en kry maklik 1/3moa. Het ook ander 2 vriende gedruk om hul te koop en ons het dieselfde resultate met hul ook gekry. So akkuraatheid is nie 'n probleem nie. Met al sy ekstras soos rail en thread tel dit in sy guns. kan hul nou kry vir R9500 is dit n steel. Weet hier is baie howa manne en met goeie rede!Howa is ook baie akkurate gewere en glo jy sal ook nie n fout maak daar nie. Remington en howa parte is oorals bekombaar as jy sou nodig. Glo nie jy sal fout maak met enige van die gewere nie.
Maar omdat ek Rem700 man is sal hy my vote kry

Re: Howa vs. Remington
Posted: Tue Jun 19, 2018 2:30 pm
by tau
EK het 2 x Remington 700's maar hulle is almal Pre 1970 wat foutloos loop. Hulle is darem al gepillar bed en draade gesny etc.
Ek het 'n 2016 Howa .243 Varminter SS en hy is net soos ek, lus vir vir jag en skiet. Absolute plesier.
Ek wou bittergraag 'n Ruger RPR 6.5 Creedmoor koop, toe sien my pel die Remington 700 6.5 creedmoore ADL TAC 20 moa rail en reeds draad vir kneldemper. Ons het tussen 3 pelle toe 3 gekoop + 2 x G19' vir hulle so ons prys was toe nog so bietjie beter.
So ek hoop vir die beste en dat hy by my 2 x ou Rem 700's kan bybly.
Re: Howa vs. Remington
Posted: Tue Jun 19, 2018 3:55 pm
by OosKaapJagter
Ek het nie een van die twee nie. My volgende wapen gaan waarskynlik 'n Howa wees.
Remington het onlangs bankrot gespeel. Dit beteken dalk winskopies vir nou, maar dalk probleme vorentoe. Die vraag is egter, wie het al 'n geweer opgeskiet, behalwe vir lope?
Hoekom sou 'n maatskappy wat goeie produkte lewer egter bankrot speel in 'n vuurwapenvriendelike land soos die VSA? Daar is sprake dat hulle kwaliteit die afgelope paar jare nie van die beste was nie.
Re: Howa vs. Remington
Posted: Tue Jun 19, 2018 7:01 pm
by jdpretorius
dalk sal die julle kan help
https://www.range365.com/top-6-long-ran ... d-reviewed
Sent from my SM-G570F using Tapatalk