Page 1 of 1
Springbokke en varslug
Posted: Thu Jun 14, 2018 8:26 pm
by tau
Manne ek kon vir StefL en nog 2 pelle na my vrou se familie plase neem om te kamp en te jag. So paar kiekies.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20180614/52d9fed65707a992fae8043eac4daeef.png
StefL kon ‘n monster drop
//uploads.tapatalk-cdn.com/20180614/66cb21681d02aecbb87a0b1589cd584a.heic
//uploads.tapatalk-cdn.com/20180614/f14b9d1dc2f89549729d2021ee7f5d5e.heic
Ons 5 ster verblyf vir twee aande voor ons na die jaghuis is.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20180614/59c5bee6352eb4724e52b1e4515f2aa8.jpg
Engelsman met ‘n 447 m bok met sy 22-250 en 69gr Nosler CC’s hulle het my verbaas en mooi gewerk. Hy het 3 bokke tussen 380 en 447 m geskiet.
Ek kon niks skiet het herltyd bestuur, maar dit vreeslik geniet.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20180614/3946e064f965fdb3125e8a322d3fe1ed.heic
Re: Springbokke en varslug
Posted: Thu Jun 14, 2018 8:30 pm
by tau
//uploads.tapatalk-cdn.com/20180614/49a20018df1aca4e63bae9d0aa4dc060.heic
StefL se bok en die enigste bok wat ek die naweek sommer oor my spieel oor ‘n skoot op gehad het. Ek meet glad nie horings nie so bitter bly Stefan kon hom skiet en waardeer.
Re: Springbokke en varslug
Posted: Thu Jun 14, 2018 8:52 pm
by Nella
Lyk stunning daar.
En daai is n duk ram! Geluk
Re: Springbokke en varslug
Posted: Thu Jun 14, 2018 9:23 pm
by honda2
Sjoe. Spesiaal! Daai is n doring ram!
Sent from my SM-A510F using Tapatalk
Re: Springbokke en varslug
Posted: Fri Jun 15, 2018 7:17 am
by FHM
Baie geluk Tau en manne. Dit lyk heerlik, seker ook heerlik koud gewees so vroeg oggende ne..

Re: Springbokke en varslug
Posted: Fri Jun 15, 2018 7:26 am
by Gian_dP
Lyk of hulle 'n heerlike trippie gehad het!
Waar is die plaas geleë?
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Re: Springbokke en varslug
Posted: Fri Jun 15, 2018 7:40 am
by tau
Gian_dP wrote:Lyk of hulle 'n heerlike trippie gehad het!
Waar is die plaas geleë?
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Eerstekeer in my lewe dat ek nie 'n bok skiet nie, maar vreeslik geniet om so in die veld te bly.
Ons het die eerste twee aande en eendag op 'n plaas tussen Ai- Ais en Grunau gejag. Ons het net bees op die plaas en die drade is maar eina om die minste te sê so die bokke is jy nie gewaarborg nie. Dit is ook 'n redelike groot plaas sonder binnedrade.
Die tweede dag is op die wildsplaas waar my skoonma van tyd tot tyd woon tussen Karasburg en Aroab. Die plaas lyk vanjaar besonders mooi.
Maar die bokke is nog nie op vol-lyf groote na die droogte nie en die grootste karkas was maar 22.3kg.
Re: Springbokke en varslug
Posted: Fri Jun 15, 2018 7:53 am
by Gian_dP
tau wrote:Gian_dP wrote:Lyk of hulle 'n heerlike trippie gehad het!
Waar is die plaas geleë?
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Eerstekeer in my lewe dat ek nie 'n bok skiet nie, maar vreeslik geniet om so in die veld te bly.
Ons het die eerste twee aande en eendag op 'n plaas tussen Ai- Ais en Grunau gejag. Ons het net bees op die plaas en die drade is maar eina om die minste te sê so die bokke is jy nie gewaarborg nie. Dit is ook 'n redelike groot plaas sonder binnedrade.
Die tweede dag is op die wildsplaas waar my skoonma van tyd tot tyd woon tussen Karasburg en Aroab. Die plaas lyk vanjaar besonders mooi.
Maar die bokke is nog nie op vol-lyf groote na die droogte nie en die grootste karkas was maar 22.3kg.
Ons ry oor drie weke, gaan jag op twee plase net noord van Grunau. Klink of hulle ook redelik reen gehad het. Sien baie uit om te sien hoe die wêreld lyk die jaar.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Re: Springbokke en varslug
Posted: Fri Jun 15, 2018 7:56 am
by ruaanb
tau wrote://uploads.tapatalk-cdn.com/20180614/49a20018df1aca4e63bae9d0aa4dc060.heic
StefL se bok en die enigste bok wat ek die naweek sommer oor my spieel oor ‘n skoot op gehad het. Ek meet glad nie horings nie so bitter bly Stefan kon hom skiet en waardeer.
Dis nou 'n ram met karakter.
Re: Springbokke en varslug
Posted: Fri Jun 15, 2018 8:30 am
by Carl
tau wrote:
Ek kon niks skiet het herltyd bestuur, maar dit vreeslik geniet.
Genade Tau en jy noem hulle vriende, ek het ook lisensie en sal stokke oorvat as ek saam kan gaan

Darem maar net een van die beste plekke in die wêreld om te jag.
Dis mooi ram daai!
Re: Springbokke en varslug
Posted: Fri Jun 15, 2018 8:54 am
by tau
Carl wrote:tau wrote:
Ek kon niks skiet het herltyd bestuur, maar dit vreeslik geniet.
Genade Tau en jy noem hulle vriende, ek het ook lisensie en sal stokke oorvat as ek saam kan gaan

Darem maar net een van die beste plekke in die wêreld om te jag.
Dis mooi ram daai!
Carl ek het my vrou se bakkie gebruik met my jag tyres op en tralies. Vandag het hy weer kappie op en standaard rimme en tyres, so ek moet maar versigtig moontlik ry. Ongelukkig is die veld na die baie reën op plekke lelik gespoel en die manne ken ook nie die plaas of paaie nie(en ek verloor nog ook die paaie op die groot plaas in die woestyn

). So hulle het aangebied om te ry ek was net te suinig om stokke af te gee. Daar is sulke groot vergoeide duine teen die een grens en dit is bitter mooi om daar te ry, jy kry so Mad Max gevoel. Ek is mos nou maar 'n mechanic se kind so diesel brand pas my.

Re: Springbokke en varslug
Posted: Fri Jun 15, 2018 9:01 am
by Kallie Fernhout
Julle trip lyk soos kos vir die siel. Daai is sommer n mooi dromnek ram.
Re: Springbokke en varslug
Posted: Fri Jun 15, 2018 9:05 am
by Chevvy SS
Moes baie lekker gewees het tau. Daardie ram se horings draai al terug!
Re: Springbokke en varslug
Posted: Fri Jun 15, 2018 9:15 am
by DawieKotze
Mastag - dit lyk bitter lekker!
Baie mooi ram - jammer van die droogte anders sou hy seker oor die 30kg gewees het
Re: Springbokke en varslug
Posted: Mon Jun 18, 2018 8:09 am
by Geno
Te lekker!
Indien my dinge uitwerk sal ek ook binnekort 'n draai in die SUide van Namibie maak met 'n .243Ackley.
Re: Springbokke en varslug
Posted: Mon Jun 18, 2018 4:50 pm
by tau
Geno wrote:Te lekker!
Indien my dinge uitwerk sal ek ook binnekort 'n draai in die SUide van Namibie maak met 'n .243Ackley.
Hy sal mooi werk.
Die koue winter windtjie maak nie net die skote so bietjiei moeiliker nie, hy laat ook die bokke "verdwyn" en so bietjie angstig so hulle beweeg maar vinnig as hulel die bakkie sien.
Die suide lyk plek plek BAIE mooi en ongelukkig het party kolle niks reën gehad nie.
Re: Springbokke en varslug
Posted: Mon Jun 18, 2018 6:05 pm
by Flip Nel
Dit lyk baie lekker dankie vir die deel