Page 1 of 1

grootste foute

Posted: Thu Oct 06, 2011 5:13 pm
by cassie_calvinia
manne, wat is die grootste foute wat 'n beginner kan maar as hy roep?

Re: grootste foute

Posted: Thu Oct 06, 2011 10:18 pm
by Topcat
mis skiet

Re: grootste foute

Posted: Fri Oct 07, 2011 4:58 am
by cassie_calvinia
seker waar, die seuniwees knaag seker met die 1rst 1

Re: grootste foute

Posted: Fri Oct 07, 2011 6:34 am
by Danie01
Cassie

Ek dink daar is baie foute wat n man kan maak en nie noodwendig n grootste fout nie.

Jy kies jou staanplek verkeerd, beteken jy kam dalk jakkals inroep maar nie geskiet kry nie.
Jy oorroep of roep te hard.
Roep op verkeerde tye verkeerde soort klanke.
Lig te skerp op jakkie as hy inkom.
Jou bakkie of jouself kan maklik gesien word.
Jy raas teveel deur te praat of goed wat rondle op die bakkie.
Jakkie kom in maar jy weet nie hoe om hom te stop nie.
Dan is daar ook baie basiese goed soos jy moet kan skiet, geduld he en jy moet daarvan hou!

Glo as jy jou staanplek reg kies en ook weet hoe om te roep, wanneer om stil te bly en regte toerusting het, sal jy sukses kan he!

Sommige jakkies is net heelwat slimmer as ander en dan moet plan B gedoen word, moet net nie plan B veroorsaak nie en jy sal jouself baie tyd en geld spaar.

Groete
Danie

Re: grootste foute

Posted: Fri Oct 07, 2011 2:18 pm
by James Wilson
Naas miskiet, is seker daai plan aar diemanne die roeppe van nommer 1 af begin en almal dwarsdeur speel.

Re: grootste foute

Posted: Fri Oct 07, 2011 2:29 pm
by theedge
Jy het begin roep ;D ;D - dit iis verslawend ;D