Page 1 of 1

Trots op myself

Posted: Wed Oct 07, 2009 8:54 pm
by Problem Animal Control
Hel manne
Ek het my eerste beroepsjag suksesvol afgehandel.Die klient is baie tevrede,ek was skepties oor die maan wat helder is.Het al die tips van die forum gebruik en siedaar.Sewe jakke het reageer in omtrent vyf ure se roep en skuif.Ek kon daarin slaag om ses van die sewe te laat sneuwel,sou die ander een ook gehad het as my bestuurder ook net wou skiet,die blikskottel sit ook met n roer toe drie kamerade ons amper letterlik storm.Ek was skoon uit die veld geslaan maar kon darm twee laat sneuwel.Dankie vir jullle wenke DIT WERK RERIG.Hel ma dit werk goed in op jou dag en nag,maak tot jou metabolisme deurmekaar. Dit was asemrowend lekker!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Groette

PAC

N.S.My stoel kort herstelwerk want my klient het gedink dis n stut om jou te help om op die LAND ROVER te klim(DOM AAP)

Re: Trots op myself

Posted: Wed Oct 07, 2009 8:57 pm
by Mac
PAC,

Mooi man, jy mag maar trots wees, well done

Graham

Re: Trots op myself

Posted: Wed Oct 07, 2009 9:04 pm
by Christo
Knap gedaan PAC

Oom Am gaan jou vra vir die stats. Ek sien hulle nie op die forum nie.  ;)

Looi hulle

Christo

Re: Trots op myself

Posted: Wed Oct 07, 2009 9:05 pm
by Raven
PAC,

Wel gedaan, ek spandeer nog ure op die forums om net alles te probeer in neem.
Lees en lees weer...  ;)

Vir nou jag ek net op my plaas jakkals, en leer nog elke keer iets nuuts!!

Sterkte..
Raven

Re: Trots op myself

Posted: Thu Oct 08, 2009 6:52 am
by CHRIS
PAC man

Geluk man, as ek jou net bietjie raad kan gee, moet nooit dat die klient a roer saam vat nie, dit kan sake lekker bedonner.
Die Pro,s moet help as ek verkeerd is, ons is mos hier om mekaar tehelp.

Chris

Re: Trots op myself

Posted: Thu Oct 08, 2009 8:22 am
by Caller
Chris

Absoluut. Vir veiligheid ook. Wanneer ek vir 'n klient jag kan hy saamgaan sonder sy geweer. Met twee jagters wat saamwerk is een geweer altyd heeltemal geb?re in sy sak, agter die bakkie se sitplek. Slegs een geweer mag op 'n slag gebruik word, anders ry ek nie saam met 'n jagbakkie nie. Ek jag in elkgeval meeste van die tyd alleen (geen drywer).

Caller

Re: Trots op myself

Posted: Thu Oct 08, 2009 8:55 am
by Problem Animal Control
Caller

Ek hoor wat jy se en sal dit ter harte neem. Ek sukkel nog net n bietjie om n slotaksie geweer soos n outomatiese geweer te laat werk veral as daar drie wolsterte met n spoed oppad is. Kon darm twee van die drie skiet,jy sal my dan seker een van die dae op Guiness world records sien vir vinnigste slotaksie geweer operateur. Grappies op n stokkie,ek het gehoor en geluister. Dankie

PAC

Re: Trots op myself

Posted: Thu Oct 08, 2009 9:13 am
by Caller
PAC

Lyk my jy het baie skietwerk om in te haal, sodat die getalle van so 'n aard is dat jy net een of twee skote per roepplek sal hoef te skiet.

Los net die ou maanhare man.

Goete

Caller

Re: Trots op myself

Posted: Thu Oct 08, 2009 3:08 pm
by boeta
Caller

So gepraat van maanhare,het so n week terug by klient gejag en 2 jakkies geskiet en op die laaste roep plek toe kom bruin hyina in,skruk my amper van die stoel af.Permit is gereel so hy gaan opgestop word en in die boer se lapa staan.

Boeta

Re: Trots op myself

Posted: Fri Oct 09, 2009 7:36 pm
by Ambessa
Hallo Boeta
boeta wrote:...gejag en 2 jakkies geskiet en op die laaste roep plek toe kom bruin hyina in,skruk my amper van die stoel af.Permit is gereel so hy gaan opgestop word en in die boer se lapa staan.
Moet jy of wil jy hom jag? Het hy al vee gevang? Ek weet dit lyk verskriklik grusaam waar hulle skape/lammers aan die gesig gebyt het.

Vra maar net...

Ambessa

Re: Trots op myself

Posted: Fri Oct 09, 2009 9:19 pm
by WillJak
PACman, knap gedaan man, regtig knap gedaan!! En hoor maar wat Chris en Caller s? oor "los" gewere..

Re: Trots op myself

Posted: Sat Oct 10, 2009 12:53 pm
by boeta
Ambessa

Ja hy het gevang,boer het gese hy het lammers gkry wat die hele kop weg is,die boer het gese ek moet hom skiet anders het ek hom gelos

Boeta

Re: Trots op myself

Posted: Sun Oct 11, 2009 1:32 pm
by Ambessa
Hallo Boeta
boeta wrote:...hy het gevang,boer het gese hy het lammers gkry wat die hele kop weg is,die boer het gese ek moet hom skiet anders het ek hom gelos
Dankie. Mooi loop.

Ambessa