Page 1 of 1
280AI - Extreme Spread (ES)
Posted: Tue Jun 12, 2018 5:29 pm
by gedroggie
Dagsê manne.
Ek stel belang om 'n 280AI met 'n 28" loop te koop, maar iemand het vir my gesê agv die lang dun dop en Suid-Afrikaanse kruit is die 280AI nie 'n goeie keuse nie want hulle lewer weinig 'n lae ES?
Het van julle dalk data water julle met my kan deel ivm hiermee?
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Re: 280AI - Extreme Spread (ES)
Posted: Tue Jun 12, 2018 6:01 pm
by Armand Steenkamp
Nee ek dink daai jong het dot ook maar om n kampuur gehoor. N lae ES gaan nie net oor n lang of n kort kruitkolom nie
Re: 280AI - Extreme Spread (ES)
Posted: Tue Jun 12, 2018 6:39 pm
by Mellies
Met daai 28” loop en die regte poeier gaan daai 280AI maak soos n 7RM!
En soos Armand sê...
Met n vleisie...
Re: 280AI - Extreme Spread (ES)
Posted: Tue Jun 12, 2018 6:54 pm
by Gawie(13mm)
280 AI, is basies 'n Tombi Mk4 se tweeling boetie, sonder al die ekstra dopvoorbereiding.
Eendag in die toekoms, as my 7x57 AI se loop groet, gaan ek ernstig na die 280AI kyk.
Re: 280AI - Extreme Spread (ES)
Posted: Wed Jun 13, 2018 7:52 am
by Capt. Yoda
Daar is so baie kruit beskikbaar in SA nou jy sal daai dop tot bo kan vol maak as jy wil, self die regte lot 385 sal bitter mooi werk
Re: 280AI - Extreme Spread (ES)
Posted: Fri Jun 15, 2018 6:01 am
by gedroggie
Dankie vir die terugvoer,dit word opreg waardeer
Daar het iémand my geinbox wat al 'n ES = 3 met sy 280AI gekry het.
Groete
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Re: 280AI - Extreme Spread (ES)
Posted: Fri Jun 15, 2018 7:38 am
by Gawie(13mm)
gedroggie wrote:Dankie vir die terugvoer,dit word opreg waardeer
Daar het iémand my geinbox wat al 'n ES = 3 met sy 280AI gekry het.
Groete
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Hoekom is die "ES" vir jou so belangrik?
Saam met "BC" en "Creed-whatever", is dit besig om vloekwoorde te word.
Grappies op 'n stokkie. Persoonlik dink ek dat ons as samelewing, dit makliker vind om iets af te kraak waarvan ons nie hou nie, eerder as om met die nodige kennis die deugde besing, van dit wat ons na aan die hart lê.
Jou vraag is dus vir my 'n teken dat jy jou huiswerk doen om 'n berekende besluit te neem. Dit is tog hoekom ons almal hier deelneem.
Ek voel sterker oor 7mm kalibers as wat enige 270 liefhebber ooit kan of sal wees, vir die eenvoudige rede dat wetenskaplike feite nie lieg nie.

Re: 280AI - Extreme Spread (ES)
Posted: Fri Jun 15, 2018 8:05 am
by Capt. Yoda
Gawie in skiet/herlaai is daar mos sulke suklise waar deur ons almal gaan. Almal kom op n kol by die ES jaag en wil dan net daai 0fps ES tussen skote kry tot jy eendag agter kom jy sit en jaag jou stert. Vir langafstand skiet is n goeie SD/ES belangrik maar dit is nie die einde van die wereld as jy n ES van 15 of dalk 18fps oor n 5 skoot string kry ni, waar dit taai raak is om daai 15fps ES oor n 10 skoot srtring te hou