Page 1 of 1

Steyr Manlicher Classic II

Posted: Tue Jun 12, 2018 11:11 am
by cobusb
Ek beplan om die Steyr Manlicher in 6.5x55 aan te skaf. Het iemand enige ondervinding metdie gerweer?
Sal terugvoer waardeer.
Groete

Cobus

Re: Steyr Manlicher Classic II

Posted: Tue Jun 12, 2018 1:22 pm
by Smitstertjies
Ek herlaai vir n vriend sin in 300wsm. Die geweer is baie mooi afgewerk maar is baie lig vir daardie spesifieke kaliber. Skop soos n donkie. Ek kon maklik sub moa ladings kry.

In 6.5x55 glo ek sal dit n lieflike geweer wees.

Re: Steyr Manlicher Classic II

Posted: Tue Jun 12, 2018 2:53 pm
by cobusb
Baie dankie, ek sien uit om te begin herlaai en te skiet met die 6.5x55. Dis nou net die gewag vir vir die lisensie.
Cobus

Re: Steyr Manlicher Classic II

Posted: Wed Jun 13, 2018 10:15 am
by RiaanPretorius
Goeie more Cobus

Ek besit so geweertjie ....wel die Luxus model met die staal magasyn ...maar ek kan met eerbaarheid se dis by verre n geweer wat jy verseker baie gaan geniet....vir ver dra en vrek mooi skiet.

Geniet hom!!!

Re: Steyr Manlicher Classic II

Posted: Wed Jun 13, 2018 2:57 pm
by tau
Ek het ook 'n Luxus in 6.5 x 57 Mauser.

Asemrowende sneller, bitter mooi afgewerk, dra bitter lekker al probleem is die geweer se kamer is bietjie langer gesny en rek doppe.

As dit 'n 6.5 x 55 was sou dit dalk beter gegaan het met doppe beskikbaarheid en maak.

Re: Steyr Manlicher Classic II

Posted: Wed Jun 13, 2018 6:15 pm
by cobusb
Dankie manne,
Ek het lank gewik en geweeg voor ek die geweer gekoop het, omdat ek meeste wild met my ander gewere kan jag. Dit is gevolglik 'n "bederf", alhoewel ek vermoed dit dat ek dit defnitief baie gereeld gaan gebruik. My gunsteling tans is my 375 H&H, ander gewere is my vorige "bederf" so 13 jaar gelede, 'n 470NE, en 'n geweer wat ek persent gekry het, 'n 300WM. Toe ek jonk was het ek met groot verwondering geluister na die ooms wat byna magiese status aan die " Maanligters" toegeskryf het. Nou wag ek vir my Maanligter aangetroud met Steyr.
Groete
Cobus

Re: Steyr Manlicher Classic II

Posted: Thu Jun 14, 2018 11:55 am
by tau
baie geluk. Ek het myne ook gesoek en gekoop agv. kinder dae wat Oom by wie ek geleer jag het 'n fullstock 9.3 gehad het en Steyr gewere. EK kry toe 'n Fullstock steyr en moes hom koop vir die nostalgie. Ek gebruik die geweer net vir stapjag en moet myself keer of ek vat hom saam op vlakte jagte ook.

Re: Steyr Manlicher Classic II

Posted: Wed Jun 20, 2018 4:50 pm
by deserthuntr
Baie geluk Cobus, 'n vriend van 'n vriend van my het een en is baie gelukkig. Ek is self 'n groot 6.5x55 aanhanger, bitter lekker kaliber waarmee jy 90% van ons wildspesies mee kan jag.

Re: Steyr Manlicher Classic II

Posted: Fri Jun 22, 2018 5:08 pm
by cobusb
Dankie deserthuntr, ek kan nie wag om te begin skiet nie. Jy het voorwaar 'n interessante "verenigte nasie" van gewere