Page 1 of 1

Geweer heeltemal uit met knaldemper

Posted: Mon Jun 11, 2018 8:30 pm
by Theunodb
Goeie naand,

Ek het so rukkie terug vir my CZ455 .22 lr varmint ‘n knaldemper laat opsit.

Het toe die naweek baie opgewonde hom gaan inlyf, maar het met n skok agter gekom dat my geweer heeltemal uit is. So ver uit dat ek nie ‘n A4 op 25m kan raakskiet nie. Hy het ongefeer 20cm hoog, en 20cm regs geskiet.

Het eers gedink die scope was dalk uitgestel met die sny van die loop en het toe begin instel om weer op papier te kom. Het hom eventueel weer reg gekry en kon op 50m ‘n R5 groep skiet met 10 rondtes.

Het toe gedink alles is reg, tot ek die knaldemper afgehaal het. Sonder hom kon ek weer nie die papier raakskiet op 50m of 25m nie. Het toe agtergekom dis die knaldemper wat die groot verskil veroorsaak.

Het begin lees om te kyk wat dit kan wees, meeste mense se die extra gewig affekteer die harmonics.

Kan dit so groot verskil maak, of is dit dalk iets anders?


Sent from my iPad using Tapatalk

Re: Geweer heeltemal uit met knaldemper

Posted: Mon Jun 11, 2018 8:33 pm
by Malan123
Silencer gaan meeste van die tyd jou POI verander

Re: Geweer heeltemal uit met knaldemper

Posted: Mon Jun 11, 2018 8:38 pm
by LUAN
Ek glo nie op n .22 sal daar so groot verskil wees myne skiet selfde plek met en sonder kd. Dink die koel tref jou demper opad uit.

Re: Geweer heeltemal uit met knaldemper

Posted: Mon Jun 11, 2018 8:44 pm
by Theunodb
LUAN wrote:Ek glo nie op n .22 sal daar so groot verskil wees myne skiet selfde plek met en sonder kd. Dink die koel tref jou demper opad uit.
Ek het ook so vermoede. Sal more bietie kyk Image


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Geweer heeltemal uit met knaldemper

Posted: Mon Jun 11, 2018 8:57 pm
by Malan123
Sou hy R5 grouping gee as hy demper raak?

Re: Geweer heeltemal uit met knaldemper

Posted: Tue Jun 12, 2018 8:09 am
by Kolhasie
Theunodb wrote:
LUAN wrote:Ek glo nie op n .22 sal daar so groot verskil wees myne skiet selfde plek met en sonder kd. Dink die koel tref jou demper opad uit.
Ek het ook so vermoede. Sal more bietie kyk Image


Sent from my iPhone using Tapatalk
My .22 het presies die selfde gedoen. Hy raak so min dat jy dit nie met die oog kan sien nie.
Het hom groter geboor en probleem opgelos. skiet nou op die selfde plek met KD en sonder KD.

Groete KH

Re: Geweer heeltemal uit met knaldemper

Posted: Tue Jun 12, 2018 8:51 am
by ruaanb
Net ssos KH daar noem. Selfde oorgekom.

Re: Geweer heeltemal uit met knaldemper

Posted: Tue Jun 12, 2018 9:06 am
by Wouter Roets
+1 vir Ruaan en Kolhasie. Presies met dieselfde gesit. Boor hom n raps groter in n draaibank en jou probleem is opgelos.

Re: Geweer heeltemal uit met knaldemper

Posted: Tue Jun 12, 2018 1:43 pm
by Armand Steenkamp
Haha ek het ook groter geboor. En toe is die probleem weg..

Re: Geweer heeltemal uit met knaldemper

Posted: Tue Jun 12, 2018 3:05 pm
by Theunodb
Dankie vir al die terugvoer en raad.

Ek het hom toe van 5,7 na 6 laat boor maar dit het dinge erger gemaak. Mens kan nou meer duidelik die plek sien waar hy die baffel tref.

Die target regs bo is met die silencer, die res sonder die silencer.

Nie heeltemal seker wat my opsies is nie. Het julle enige ander raad? Moet mens nog groter gaan?

http://www.mdits.co.za/woh/IMG_1090.JPG

http://www.mdits.co.za/woh/IMG_2977.JPG

http://www.mdits.co.za/woh/IMG_9835.JPG

Re: Geweer heeltemal uit met knaldemper

Posted: Tue Jun 12, 2018 3:24 pm
by OosKaapJagter
Het die ouens wat die skroefraad gedoen het dit nie dalk so effens skeef gesny nie? As die knaldemper dan opgeskroef word en dit is nie ordentlik opgelyn met die loop nie kan dit dalk so probleem veroorsaak.

https://www.youtube.com/watch?v=a3t_zbwYwjg

In so geval help dit dan ook nie om net 'n ander knaldemper aan te skaf nie.

Re: Geweer heeltemal uit met knaldemper

Posted: Tue Jun 12, 2018 3:28 pm
by Theunodb
OosKaapJagter wrote:Het die ouens wat die skroefraad gedoen het dit nie dalk so effens skeef gesny nie? As die knaldemper dan opgeskroef word en dit is nie ordentlik opgelyn met die loop nie kan dit dalk so probleem veroorsaak.

https://www.youtube.com/watch?v=a3t_zbwYwjg

In so geval help dit dan ook nie om net 'n ander knaldemper aan te skaf nie.
Ek het probeer kyk met 'n thread cap wat ek op 'n ander plek gekoop het, hy skroef baie maklik op, en line perfek op met die barrel. Sekerlik nie die perfekte toets nie, maar kon nie aan iets anders dink nie. Sal om seker te maak kyk of ek met 'n ander silencer kan toets.

Re: Geweer heeltemal uit met knaldemper

Posted: Tue Jun 12, 2018 3:45 pm
by ruaanb
boor hom na 7 en kyk dan. 5.7 na 6 is bietjie min. dit is maar 0.15 clearance aan elke kant.

Re: Geweer heeltemal uit met knaldemper

Posted: Tue Jul 17, 2018 7:24 pm
by Theunodb
Ek uiteindelik kans gekry om hom op n draai bank te kry. Dit was toe n fabrieksfout. Kon hom volgende dag omruil vir n nuwe een.

Hier is die toets met n ander knaldemper wat reg is:
https://youtu.be/BArzAxXhIto

Hier is die foutiewe een:
https://youtu.be/N43OvGjrog4


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Geweer heeltemal uit met knaldemper

Posted: Tue Jul 17, 2018 7:26 pm
by Malan123
Blikkies ja nee, daai is nogal 'n groot fout!

Re: Geweer heeltemal uit met knaldemper

Posted: Tue Jul 17, 2018 9:35 pm
by ruaanb
eish

Re: Geweer heeltemal uit met knaldemper

Posted: Wed Jul 18, 2018 6:23 am
by Smitstertjies
Dankie tog dinge het uitgewerk! Ek het amper voorgestel jy moet maar die recoil vat soos n man en sonder demper skiet! >:+ >:+

Re: Geweer heeltemal uit met knaldemper

Posted: Wed Jul 18, 2018 6:24 am
by Theunodb
:laugh: :laugh: :laugh:
Smitstertjies wrote:Dankie tog dinge het uitgewerk! Ek het amper voorgestel jy moet maar die recoil vat soos n man en sonder demper skiet! >:+ >:+

Re: Geweer heeltemal uit met knaldemper

Posted: Wed Jul 18, 2018 8:07 am
by Wouter Roets
Smitstertjies wrote:Dankie tog dinge het uitgewerk! Ek het amper voorgestel jy moet maar die recoil vat soos n man en sonder demper skiet! >:+ >:+
Met so n baard was ek darem onder die indruk dat recoil die laaste van sy probleme sou wees... ;D ;D ;D

Re: Geweer heeltemal uit met knaldemper

Posted: Wed Jul 18, 2018 8:18 am
by Gawie(13mm)
Fabrieke maak nie foute nie. >:D
Ek is bly jy het vreugde gevind. ;D

Re: Geweer heeltemal uit met knaldemper

Posted: Wed Jul 18, 2018 12:52 pm
by Meteor
Ek dink nie hy hoef eers te raak. Sekerlik sal die turbulence op 'n skewe gat ook bietjie moeilikheid maak?