Page 1 of 1

Fortuner (2014) Nudge Bar en roofrack

Posted: Mon Jun 11, 2018 12:32 pm
by saswart
Middag manne,

Ek is opsoek na 'n Fortuner Nudge Bar.

Ook kort ek hulp ek wil graag 'n roof rack opsit. Waarna moet ek kyk - Moet ek tipe kry wat op die bestaande swart rails vas sit of die tipe waar jy die rails moet afhaal en self vas maak ens. Ek sal dit meestal gebruik vir ligte groot voorwerpe wat nie binne pas nie soos stoele, matrasse, spaar wiel ens.

Ek hoor graag van julle.

Re: Fortuner (2014) Nudge Bar en roofrack

Posted: Mon Jun 11, 2018 12:38 pm
by Basjan123
Kry eerder 'n venter waentjie..........

Re: Fortuner (2014) Nudge Bar en roofrack

Posted: Mon Jun 11, 2018 3:20 pm
by Harambe
Basjan123 wrote:Kry eerder 'n venter waentjie..........
Dan kan jy net sowel 'n ouerige Corsa Bakkie koop vir dieselfde prys.

Re: Fortuner (2014) Nudge Bar en roofrack

Posted: Mon Jun 11, 2018 7:45 pm
by JJV
Ek het Frontrunner se roofrack op my Prado120 gebruik, hy het ingeskroef waar jy die bestaande rails afgehaal het, was lekker sterk, ek kon op hom staan en Frontrunner het baie accessories wat pas op hul roofrack. Gn kyk bietjie na hul webwerf, weet net dat goed op die dak petrol vreet en pyn in die gat is om heeltyd op en af te laai. JJV


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Fortuner (2014) Nudge Bar en roofrack

Posted: Tue Jun 12, 2018 9:58 am
by saswart
Dankie JVV