Page 1 of 1

243?

Posted: Sat Jun 09, 2018 7:49 pm
by lefty
Manne, wat is die grootste bok wat mens verantwoordelik kan neertrek met n 90gr 243 jag punt? Ek kyk om vir my seuns n 243 te koop... by voorbaat dankie v julle input!

Re: 243?

Posted: Sat Jun 09, 2018 10:03 pm
by Eduard Venter
Ek laai 100gr PMP bruin punte teen 2890fps. Op bosveld afstande is penetrasie net genoeg vir 'n groot vlakvark beer. Met iets soos 'n 90gr mono of bonded punt sou ek sĂȘ 'n rooihartbees is beslis binne die perke.

Groete

Sent from my LG-H735 using Tapatalk

Re: 243?

Posted: Sun Jun 10, 2018 8:46 am
by lefty
dankbaar v jou reply; ek gaan maar iets soek met bietjie meer woema...

Re: 243?

Posted: Sun Jun 10, 2018 9:04 am
by Malan123
Lefty, sonder om nou in die etiese ding in te gaan, maar ek ken manne wat elande skiet met 243. Maar hulle kan skiet! Dit gaan maar oor die moer agter die roer. Persoonlik dink ek mens moet 243 tot medium wild beperk. Hoe oud is jou lighties? Koop vir hulle 'n 6.5mm en sit 'n lekker silencer op. Dit sal jou ook rustiger maak

Re: 243?

Posted: Sun Jun 10, 2018 9:10 am
by RevA
Op vlaktes gemaklik n gemsbok. Binne 100m as die bok reg staan en jy jou geweer ken kan mens kudu skiet.