Page 1 of 1

Teleskoop ruil tips asb.

Posted: Sat Jun 02, 2018 10:22 am
by J le Roux
My alie het gejeuk en ek gaan die 3-9 x 42 Lynx op my 7x57 met n S&B 6x42 Klassik vervang.
My vraag is aangesien die huidige teleskoop klaar ingestel is, of daar tips & truuks is met die montering van die nuwe scope wat instel tot die minimum sal beperk?

Lekker dag.

Re: Teleskoop ruil tips asb.

Posted: Sat Jun 02, 2018 11:26 am
by Smitstertjies
Jy kan tegnies jou geweer met 2 skote instel. As jy die teleskoop mount, boresight (kyk deur die loop na n kol op n teiken op so 25m) en maak seker die kruishaar is op dieselfde kol.Jy sal nou op 100m ten minste n A4 papier raakskiet. Skiet een skoot. Kyk waar die skoot tref. Hou jou gweer styf vas met die kruishaar op die plek waar jy oorspronklik gemik het. Met ander hand stel nou die kruishaar na die trefpunt van jou eerste skoot toe sonder dat die geweer beweeg. Skiet nog n skoot en siedaar, jy behoort op kol te wees.

Re: Teleskoop ruil tips asb.

Posted: Sat Jun 02, 2018 2:59 pm
by J le Roux
Baie dankie

Re: Teleskoop ruil tips asb.

Posted: Sat Jun 02, 2018 6:27 pm
by wlm
Begin by die begin. Die geweer se loop en die teleskoop moet so parallel as moontlik wees. Kry 'n 25 mm of 30 mm (selfde as teleskoopbuis) staaf wat langer as jou loop is. Monteer die staaf in die ringe en sit twee loodlyne op die voorste en agterste oppervlakte van die staaf. As jy nou deur die loop kyk moet die 2 loodlyne albei presies in die middel van die loop wees. Monteer teleskoop en stel in deur eers op 25 meter te skiet. Stel en skuif dan na 100 meter vir finale instel.