Page 1 of 1

Howa 300 Win Mag Bull Barrel?

Posted: Thu May 31, 2018 8:47 am
by Springkudu
Manne, is daar van julle wat vir my duidelikheid kan gee, een winkel sê vir my daar bestaan nie 'n Howa 300 Win Mag Bull Barrel, die ander sê dit bestaan maar word nie ingevoer nie, die derde winkel sê hulle het een in voorraad. Ek moet nog soontoe ry om te gaan kyk maar wil net seker maak voor ek ry en my feite agter mekaar kry

Bestaam hy of nie?

Re: Howa 300 Win Mag Bull Barrel?

Posted: Thu May 31, 2018 8:48 am
by ruaanb
Hy bestaan ja.

Re: Howa 300 Win Mag Bull Barrel?

Posted: Thu May 31, 2018 9:20 am
by JacquesT (Stompe)
Springkudu, hy bestaan wel soos my kapenaar vriend daar noem.

Siende dat die thread handel oor die Howa 300WM hoop ek nie jy gee om as ek hom so semi hijack nie. ;)

Het enigeiemand of weet enigeiemand of die 26" weergawe van de 300WM B/B iewers in die land beskikbaar is en of is daar sprake is dat ons hom hier sal sien?

Groete

Re: Howa 300 Win Mag Bull Barrel?

Posted: Thu May 31, 2018 10:11 am
by Springkudu
Dankie Ruaan

Jy is welkom Jacques

Re: Howa 300 Win Mag Bull Barrel?

Posted: Thu May 31, 2018 6:39 pm
by Sean3006
So staan hy op Legacy Sports se website.... Maar om een hier te kry kan moeilik wees.

Available Calibers For Heavy Barrel: .22-250 Rem, .223 Rem, .308 Win, .223 Rem, .243 Win, 6MM Creedmoor, 6.5 Creedmoor, .308 Win, .300 Win Mag

Re: Howa 300 Win Mag Bull Barrel?

Posted: Thu May 31, 2018 6:46 pm
by Arnold
Die 24" HB was taamlik beskikbaar so tydjie terug.

Hoor by VGK, Wildman, Kooperasie en Camdix en dan die kleiner winkeltjies.

Re: Howa 300 Win Mag Bull Barrel?

Posted: Thu May 31, 2018 6:56 pm
by Springkudu
VGK het bevestig hulle het in voorraad, ek kon net nie vandag daar uitkom om te kyk of dit wel die BB is


Sent from my iPhone using Tapatalk