Page 1 of 1
Kort aksie kaliber op n magnum aksie
Posted: Wed May 30, 2018 1:04 pm
by Henlo
Is dit moontlik om n kort aksie kaliber op n magnum aksie te bou?
Re: Kort aksie kaliber op n magnum aksie
Posted: Wed May 30, 2018 1:14 pm
by Flip Nel
Henlo wrote:Is dit moontlik om n kort aksie kaliber op n magnum aksie te bou?
Jip, jy sal jou koeels langer kan uitsit maar dit kan ook beteken dat jy baie spasie in jou magesyn boks gaan oorhou wat kan veroorsaak dat jou koeels platslaan voor. En jy kan dalk problem he met die voer van die korter vetter dope van sekere calibers maar goeie geweersmid sal dit kan regkry.
Re: Kort aksie kaliber op n magnum aksie
Posted: Wed May 30, 2018 1:40 pm
by Henlo
So dis moontlik om n 22-250 ackley op n aksie te bou wat n 7mm rem mag was?
Re: Kort aksie kaliber op n magnum aksie
Posted: Wed May 30, 2018 1:41 pm
by Johan van Wyk
Dit hang af wat jy bedoel met `n "kort aksie kaliber" en `n "magnum" aksie. Dalk moet jy bietjie meer spesifiek wees. Baie kort patrone in `n lang aksie gee baie keer onoorkombare voerprobleme.
Re: Kort aksie kaliber op n magnum aksie
Posted: Wed May 30, 2018 1:42 pm
by Johan van Wyk
Sien nou jy het nog info gegee. My eerste reaksie is nee. Die gesig van die slot is oopgesny om die magnum dop te kan vat en die rails het ook nie meer genoeg vleis om die .22-250 dop binne te hou nie.
Re: Kort aksie kaliber op n magnum aksie
Posted: Wed May 30, 2018 1:47 pm
by Henlo
Dankie
Re: Kort aksie kaliber op n magnum aksie
Posted: Wed May 30, 2018 1:55 pm
by Gian_dP
Henlo wrote:So dis moontlik om n 22-250 ackley op n aksie te bou wat n 7mm rem mag was?
Met baie moeite. Jou slotgesig moet omtrent oorgrdoen word on die kleiner dop te pas.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk