Page 1 of 1

Geweer rakke agter op bakkie

Posted: Fri May 25, 2018 10:55 am
by tau
Môre Manne

Ek wil twee geweer rakke agter op tralies monteer. Dit gaan vir gewere met silencers wees. ENige voorstelle vir afstand tussen twee hakke?

Dankie

Re: Geweer rakke agter op bakkie

Posted: Fri May 25, 2018 11:25 am
by Viking
Hi Tau,

Ek jag gereeld in Murraysburg by 'n boer wat 'n geweerrak, vir sy eie geweer op die bakkie se tralies het, half op die dak teen die tralies. Die geweer lê in 'n "padded" geweersak wat heeltemal ooprits...maar dis dalk net prakties vir homself en nie vir die jagters agter op die bak nie.

In my soektog na 'n praktiese oplossing het ek op die voorbeeld afgekom wat vir my meer sin maak, maar dalk nie die beste oplossing is as daar manne agterop die bak moet staan en rondval en teen die gewere kan stamp nie.

Vir jou eie gewere mag dit goed werk, maar nie vir jag nie!

http://www.wiedmannbros.com/Power-Ride- ... p_577.html