Page 1 of 2
Lands
Posted: Mon Jan 05, 2009 8:30 pm
by johan
Raychell
My 22-250 se lands lyk vir my n bietjie plat in die keelarea,dit voel ook skurf daar as ek die loop skoonmaak.Kan ek die kamer laat dieper sny,indien wel, hoe moet die geweersmit bepaal hoeveel om dieper te sny?(ek wil nie he hy moet sommer 2duim wegsny nie!)
Die loop is nog standaard 26duim,op watter lengte sou dit te kort word om effektief te werk?
Sal my bestaande patrone(handgelaai) pas in die geweer na die kamer gesny is?
Wat behoort so iets te kos?
Is 3grade die korrekte invalshoek vir die lands?
johan
Re: Lands
Posted: Wed Jan 07, 2009 9:49 pm
by johan
Enige ander man?Hennerik??
Gaan jy n kans vat Meso?
Re: Lands
Posted: Thu Jan 08, 2009 8:28 am
by JACQUES BOTHA
die enigste ou wta jou gaan kan se is die ou wat die loop gaan uitdraai en gaan korter sny....
maw. die geweersmit...
jy gaan ten minste een duim verloor. n 22.250 brand gewoonlik die ten minste die eerste duim murtu...
ek het laas gehoor gerrie coetzee in bloem vra so in die omgewing van R400.
die loop sal om en by by 18 duim eers te kort wees .
wat ek doen met my 22-250 is elke 500 skote maak ek die TOL 1MM LANGER
JOU AMMO sal altyd pas , maaar jy sal hulle voor jy begin skiet met die nuwe kamer en korter (meer akkuraat) loop net al die doppe moet full lenght resize en weer jou TOL bepaal.
Re: Lands
Posted: Sat Jan 10, 2009 3:58 pm
by johan
Meso
Jys n ou hand ne
johan
Re: Lands
Posted: Tue Jan 20, 2009 8:07 pm
by raychell
Johan
Jammer nou eers jou vraag gesien.
Eerstens sal ek die throat aria van die loop poleer met J&B tot die growigheid weg is,dan maak 'n dummy rondte wat maks lengte is wat jou magasyn kan hateer.Poleer die ko?l met 000 staalwol tot blink gooi dan die ptroon in jou geweer se kamer en maak die slot toe .Daar behoort groef merkies op die ko?l te wees as daar nie is nie het jy nie 'n keuse as om oor te sny nie.As daar merke reg om is seat die ko?l dieper tot die merkies net fyn sigbaar is en back dan nog sowat 'n kwart draai weg.Jy kan jou tpl lengte so lank maak as wat die magasyn toelaat.My cheetha het later slegs1.5mm in dop gegaan en nog steeds geskiet.
Jy sal heel waarskynlik 13mm mot afsny om nuwe skroefdraad te kan sny hag af van watse aksie jy het
Re: Lands
Posted: Tue Jan 20, 2009 8:40 pm
by johan
Raynie
Dis n Rem700,die een met die los recoillug.
johan...QBE
Re: Lands
Posted: Tue Jan 20, 2009 9:00 pm
by raychell
Johan
Ek dink die Rem het 17mm skroefdraad maar wat dit ook al is die lengte van die skroefdraad is die minimum wat nodig is om af te haal want gewoonlik undercut hulle die end van die skroefdraad.Kom jou ko?l glad nie by die groewe nie?
Re: Lands
Posted: Tue Jan 20, 2009 11:01 pm
by johan
Raynie
As ek die punt 3mm in die dop sit,raak dit nie,op2.5mm raak dit net net.
Ek se dis nou weer hoogtyd

Wil nie later as al die Smiths besig is n breakdown he nie,nou is die tyd.
johan...QBE
Re: Lands
Posted: Sun Feb 15, 2009 4:58 pm
by rednat
Johan
Met die vinnige goed brand die landings weg.
Kontak vir Louw van Deventer van Advance Gunsmithing Technologies van Potchefstroom. Hy sal al jou vrae beantwoord en sommer ook 'n prys gee - baie billik en doen goeie werk.
Re: Lands
Posted: Sun Feb 15, 2009 7:01 pm
by johan
Rednat
Dankie vir die advies,maar ou Swartekater is nou 20mm korter en is alweer homself in die 1/4" in teen 3940fps.
Die ou sal seker die week saam met Sir Tuffy en Willem n ou vleisdingetjie proe
Die stadige goed maak weer doughnuts en skiet bont EN hulle kele brand ook maar,en die ondiere lag hier van 280m af.
Re: Lands
Posted: Sun Feb 15, 2009 10:41 pm
by rednat
As jy 'n man vir maksimum spoed is hoekom laat ackley jy nie die geweertjie nie --- seker nog so 'n 150vt plus. Jy kan dit ook by Louw laat doen --- hy is die ackley koning.
Hy het my 7X57 pasmaak geackley en met 155 hornady interbonds kry ek sonder drukking maklik 3020 v p s.
Re: Lands
Posted: Sun Feb 15, 2009 11:02 pm
by johan
Rednat
In n 22kal met 55gr koeel is als bo 3850fps voldoende,die res is mors.
Of wat??
Re: Lands
Posted: Mon Feb 16, 2009 7:48 am
by rednat
Johan
Julle manne is die spoedspesialiste. So het jy dan seker al die performance verskil by jou geweertjie herhaaldelik bereken en getoets.
Op watter afstand zero jy?
Dan asb.: Wat is die trajekverskil tussen 'n spoed van 3940vps soos hy nou skiet (1/4" teen 3940 ) en bv. rondom 3700vps en 3500vps op 200 en 250 meter met jou zero??.
dankie
Re: Lands
Posted: Mon Feb 16, 2009 7:59 am
by rednat
Johan
Jammer nog iets vir interressantheid.
Sien die mannetjie is nou 20mm korter. Watter effek het die korter loop op jou spoed met die oorspronklike lading. Het jy jou lading dieselfde gehou. ??
Re: Lands
Posted: Mon Feb 16, 2009 4:05 pm
by projag
My 4000 vps speelding het sy shilen lopie se landings binne 1000 skote weggebrand. Nou wil ek vir my 'n 30 duim loop laat opsit sodat ek elke 1000 skote 1 duim kan laat wegvat vir oorsny van kamer om weer die landings te bring waar hulle hoort. Anders sit ek met die gewone lopie een van die dae met 'n rewolwer met slotaksie.
Re: Lands
Posted: Mon Feb 16, 2009 10:11 pm
by johan
Rednat
Swartekater is redelik parmantig,hy wil na niks onder 350m skiet nie,het ook nie n trajek nie,daai Blitzking trek net en proe vleis

Ek is verby die tyd van spoed meet,ek laai die ou max, bekyk die druk en as ons altwee tevrede is, meet ek die spoed vir die wis en stel 30mm hoog op 100m dan vergeet ek die res en skiet net,als waarna ek mik moet vroer of later val

Party manne wil te veel meet(spoed,afstand,energie,trajek ens) en te min skiet.
Ander kan weer nie afstand skat of wind lees nie,om nie te praat van toegee vir daai bul wat in die dorings afstryk nie.
Terug by jou vraag van die verskil in trajek; EK WEET EERLIKWAAR NIE.
Ek kan seker kyk op my Sierra program,wat help dit my as ek nie bedags of snags n rancefinder gebruik nie?Ek sal later kan "voel" of die 20mm n verskil maak.Ek is nie ou vir te veel somme en so nie,as die bok daar staan is daar nie tyd vir somme en stront nie,hy moes al geval het

Wanneer kom kuier jy?
Projag
Shilen= sag..............beslis akuraat MAAR sag
Een van daai dinge...n resiesperd se bene sal nie vir ewig hou nie
Re: Lands
Posted: Mon Feb 16, 2009 10:52 pm
by rednat
Johan
Ek soek net bewys vir 'n standpunt dat tussen 3500 vps en 3800 vps daar eintlik net 'n 1/2 duim verskil is op 250 met 160 meter zero. dan wil ek teen 3500 laai vir 'n ekstra 1000 skote uit die loop.
Dit is omdat julle op 1000tree skiet dat julle so baie ander goed skiet volgens ons vriend die Vrystater. Skiet eers en gaan kyk dan.
Re: Lands
Posted: Mon Feb 16, 2009 10:57 pm
by rednat
Johan
Oja ons stem saam oor afstandskat. Ek skat hom nie --- weet sommer. Het werklik nie tyd vir rangefinder nie. Skiet nie bokke in hul slaaptyd nie.
En dan lees die goed nog verkeerd ook lyk dit my as ek sien hoe mis die manne met die goed skiet.
Re: Lands
Posted: Mon Feb 16, 2009 11:01 pm
by projag
Dan gaan ek vir my 'n 35 duim loop opsit. Kan hom dan 10 keer laat regsny en aan die begin druk ek hom sommer teen die jakkals en hoef nie te mik.
Re: Lands
Posted: Tue Feb 17, 2009 11:00 am
by tafjak
Rooies
Die afstandskat ding is maar 'n turksvy, ek en johan sit nou langs mekaar en sy rekenaar is af. Sy rangefinder het ek nog nooit in my lewe gesien nie en ek het nie een nie. Ons siening omtrent afstandskat is basies dieselfde, jy kan onmiddelik sien dis te ver of jy kan maar gooi. Ek dink daar gaan te veel tyd verlore om te probeer somme maak en na die somme staan die bok/jakkals in elk geval te v?r.
Swartekater gaan vanmiddag so bietjie toetse doen, so almal hier rond is angstig om te sien of die 20mm enige water hou. Sal laat weet.
Groetnis
Taffie
Re: Lands
Posted: Fri Feb 20, 2009 4:06 pm
by projag
Wat het die toets opgelewer.
Re: Lands
Posted: Fri Feb 20, 2009 4:49 pm
by projag
Vir aandag die manne wat so op die knoppie skiet dat dit soos een skoot lyk.
Hoev?r van die landings sit jou koe?l voor kontak.
Sien die bensch rest ouens laat hom druk.
Re: Lands
Posted: Sat Feb 21, 2009 9:01 am
by Yalair
projag
vat lee dop sit punt op en druk in kamer, maak nou slot toe dat punt in dop gedruk word.stel jou matrys op die lengte + so 1/4 draai in kyk of patroon in jou magasyn pas as hy werk begin op hierdie tpl. Nou moet jy jou ladings bepaal bv 10 van 28, 10 van 28.5 ens skiet almal en sien watter groep groepeer beste bv 29g nou begin jy weer 29, 29.25, 29.5, 29.75 skiet hulle en sien wat werk beste. Dan kan jy nou weer begin se maar 29.25 het beste gewerk nou laai jy die lading en verander tpl met elke batch so 1/4 korter elke keer. Dis 'n redelike proses, maar asjy van herlaai en speel met diegoete hou sal jy 'n lading kry wat elke keer op 'n tiekie sal skiet. Onthou net goeie dop is 'n gegewe, konstante gewig wand dikte konstant ens. Dan is daar nog verskillende punte, boat tails ens. Als speel 'n rol, en as als klaar is is dit nog die ou wat die sneller trek ook. Seker die lekkerste sport/tydverdryf in wereld

Re: Lands
Posted: Sat Feb 21, 2009 9:39 am
by projag
Yalair
Klink my na alles verby is is Johan se nuwe loop dan weer uitgeskiet, moet hy weer landings laat sny en dan weer voor begin net om weer met 'n uitgeskiete loop te sit ---- perpetual motion??

.
Als wat jy s? is reg. Ek stem.
Ek doen dit deesdae egter anders --- pak my geweer reg, dan skiet hy met enige ordentlike ammo teen 230000RPM binne 1duimoppie 100. Vir my werk dit. Ek soek nie teen alle koste daardie .25 groep nie. Bietjie groter groep kompenseer vir my bewe

Sal maar in 'n skietkompetisie die koffie aandra en net so af en toe sorg vir 'n surprise.
Re: Lands
Posted: Sat Feb 21, 2009 9:58 am
by Yalair
projag
het aangeneem geweer is reeds gepak so dit sommer uitgelos, het maar net vraag probeer antwoord en in vervoering geraak

jy is reg goeie geweer is ook gegewe