Page 1 of 10
Waarvoor is jy gatvol?
Posted: Sat May 12, 2018 8:54 am
by Max Rossle
Elke man het iets wat hom pla aangaande skiet, herlaai of jag... of wat in die begin lekker was - maar nie meer lekker is nie...
Ek het 3 wat my mal maak...
1. Dop voorbereiding...
In de begin was dit bevange om my eie goed te bou... Om die doppe presies te sny , presies te resize, als te uniform en die hele proses deur te volg... ek het n paar keer gesê "Og wat n plesier" en "dit is terapie"... Nou kan ek dit nie meer hanteer nie... ek haat dit... Ek het vanoggend die resizing gedeelte elke oomblik gehaat . Al wat my motiveer is die skietbaan tyd na die laai...
2. Ander mense op die baan
Almal ken die gevoel oor Augustus na Februarie toe waar die skietbane leeg staan en al die jagters iets anders doen... Dan kom Maart maand en die aanval begin... honderde manne staan tou by die skietbaan in hulle beste camo's om die jaar se jag aan te vat en hulle 5 skote te skiet om "te check of als reg is". Natuurlik, het almal trompremme op hulle wapen en wil langs jou sit terwyl jy lading ontwikkel..
3. Mense wat aan die barreled action se staal vat...
Ek is eerlik .. dit maak my gek. Ek haat dit... Daar is n moerse stuk hout op die geweer vir vat, vashou en dra.... Hoekom aan die staal vat??? Die suur sweet die enigste vorm van lubrikant op die loop ... bleh... dis net verkeerd... loop soek n laag olie op hom... nie jou pote se oxidasie versneller nie...
Dis lekker om te kla...
Re: Waarvoor is jy gatvol?
Posted: Sat May 12, 2018 10:05 am
by andre007
Mense wat raad vra. En dan die knaap agter die toonbank se raad volg.
Re: Waarvoor is jy gatvol?
Posted: Sat May 12, 2018 10:22 am
by Philip J

Die knaap agter die toonbank!
Darem nie almal wat agter n wapenwinkel toonbank werk nie, maar daar IS BAIE "knape" agter n wapenwinkel toonbank.
Re: Waarvoor is jy gatvol?
Posted: Sat May 12, 2018 10:29 am
by joe rocket
Die mense wat die "quickload" manne se tyd mors. My pelle wat net voor die jag gou wil gaan oefen. Hulle het gewoonlik geen teikens gonge tools ens. by hulle nie.
Re: Waarvoor is jy gatvol?
Posted: Sat May 12, 2018 10:33 am
by Parker
Die manne wat kla oor wat hulle gatvol maak.
Voor julle my skiet.......dit was tong in die kies!
Re: Waarvoor is jy gatvol?
Posted: Sat May 12, 2018 11:06 am
by Vergo10
Daar's te veel.
1. Die knaap wat net een skoot skiet en dan wil teiken toe stap.
2. Die knaap wat net een skoot skiet en dan verstellings aan sy scope bring...en dan weer, en dan weer, en dan weer....
3. Die "watse silencer/scope is die heel heel heel beste in die weie wêreld", maar dit moet die kleinste, ligste en goedkoopste wees
4. Manne wat jagveld toe kom sonder tags, penne, karkas sakke, ammo en 'n geweer maar die trailer was vol premium drank.
....die lys gaan lank raak.
Re: Waarvoor is jy gatvol?
Posted: Sat May 12, 2018 11:51 am
by Messor
Ek sien 'n patroon hier.
Dit lees:
Mense
Mense
Mense
Mense
Mense
Re: Waarvoor is jy gatvol?
Posted: Sat May 12, 2018 12:09 pm
by Mellies
Vir niks!!
Met n vleisie...
Re: Waarvoor is jy gatvol?
Posted: Sat May 12, 2018 12:43 pm
by tripodmvr
Te min tyd om by jag en skiet uit te kom. Wat nog te se herlaai.
Re: Waarvoor is jy gatvol?
Posted: Sat May 12, 2018 1:46 pm
by Ds J
As daar minder mense was het ons minder probleme gehad ...

Re: Waarvoor is jy gatvol?
Posted: Sat May 12, 2018 2:15 pm
by Steyr270
Die een man tussen n groep jagters wat altyd dink dit is eintlik sy jag...
Re: Waarvoor is jy gatvol?
Posted: Sat May 12, 2018 5:28 pm
by Flip Nel
joe rocket wrote:Die mense wat die "quickload" manne se tyd mors. My pelle wat net voor die jag gou wil gaan oefen. Hulle het gewoonlik geen teikens gonge tools ens. by hulle nie.
Jip kyk asb. vir my op quickload, en dan maar die spoed is nie genoeg nie, of die persoon wil jou nie glo dat daai lading in die rooi is nie.
Re: Waarvoor is jy gatvol?
Posted: Sun May 13, 2018 7:09 am
by naas222
van topic af... hare op n koekie seep...
maak my gek mal
Sent from my GT-I9500 using Tapatalk
Re: Waarvoor is jy gatvol?
Posted: Sun May 13, 2018 7:12 am
by naas222
en van jag... n man wat met tekkies jag...dis net verkeerd
Sent from my GT-I9500 using Tapatalk
Re: Waarvoor is jy gatvol?
Posted: Sun May 13, 2018 8:10 am
by Ranger
naas222 wrote:en van jag... n man wat met tekkies jag...dis net verkeerd
Sent from my GT-I9500 using Tapatalk
Correct, real men hunt barefoot.
Re: Waarvoor is jy gatvol?
Posted: Sun May 13, 2018 8:22 am
by Nella
Moungatte. ..klakouse, daai een ou wat oor alles k#k en kerm.
Gewoonlik is dit ook die ou wat niks geskiet kry nie...
Re: Waarvoor is jy gatvol?
Posted: Sun May 13, 2018 8:25 am
by naas222
sy scope is uit man..n R30k scope n R40k geweer.. moet weer gaan inskiet... sal maar betaal vir kwesbok... en al die gadgets hang om hom.. lyk soos n straat smous...
Re: Waarvoor is jy gatvol?
Posted: Sun May 13, 2018 8:44 am
by PWV
Re: Waarvoor is jy gatvol?
Posted: Sun May 13, 2018 8:47 am
by win270
Die houding van "ek weet alles" en daar is niks verder om te leer nie.
Dryfmiddel wat nie beskikbaar is nie.
Rompslomp gedurende lisensie-aansoeke.
"Gekleurde bokke" wat kwansuis so hoog in aanvraag is.
Die "skieter" wat reken hy is 'n "jagter" en al sy vriende wat dan kommentaar lewer dat "elke man soen sy vrou op sy eie manier."
Oorgewig "skieters" agter-op bakkies.

Re: Waarvoor is jy gatvol?
Posted: Sun May 13, 2018 11:51 am
by Umshwati Boy
win270 wrote:
Oorgewig "skieters" agter-op bakkies.

In Camo

Re: Waarvoor is jy gatvol?
Posted: Sun May 13, 2018 12:44 pm
by DWB
Ouens wat my oordeel oor ek dik is....
Ek is net dik... nie kruppel...
En kan heel moontlik meer stap en doen as jy met dubbeld die gewig...
Re: Waarvoor is jy gatvol?
Posted: Sun May 13, 2018 12:52 pm
by ruaanb
DWB wrote:Ouens wat my oordeel oor ek dik is....
Ek is net dik... nie kruppel...
En kan heel moontlik meer stap en doen as jy met dubbeld die gewig...
jip
Re: Waarvoor is jy gatvol?
Posted: Sun May 13, 2018 1:45 pm
by Diesel Dog
1. Kuier plekke wat nie koffie bedien nie.
2. Skiet kompetisies waar daar nie koffie bedien word net drank.
3. Mense wat my 11.1.11 aankyk as ek koffie bestel.
DD
Re: Waarvoor is jy gatvol?
Posted: Sun May 13, 2018 5:06 pm
by Swede
Manne wat die SA Jagters tabelle kom skiet, gecamo van kop tot toon...mmm nee, maar "everyone to their own"
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Re: Waarvoor is jy gatvol?
Posted: Sun May 13, 2018 5:32 pm
by Geno
win270 wrote:
Oorgewig "skieters" agter-op bakkies.

90% van die maergatte kan gerus saam my kom stap op 'n jag dan kyk ons wie se asem raak eerste op. Hierdie vetseun se pens is 'n long range tank...