Page 1 of 1

Ons eerste Familie jag

Posted: Thu May 10, 2018 9:25 am
by JacquesT (Stompe)
Dag manne,

Na kolhasie se roep vir paar jag fotos, deel ek graag die afgelope naweek se jag met julle.

Ons gesin het saam boesem vriende net voor Swartruggens gaan jag. Dave wou so bietjie vleis vir die deep freeze gaan haal alles van koedoe, blesbok, rooibok en blouwillebees moes val. Aangesien ek my budget die vorige naweek effe skade aan gedoen het, wou ek net bitter graag 'n familie foto saam 'n gesneuwelde bok gehad het, en was 'n Blessie op die menu.

Ek het die jag so 2 maande terug vasgemaak met 'n jong PH Reinhard Fourie wat vir ons die jag gereel het op 'n nog jonger boer sê plaas Bospatrys. Reinhard is 24, en die boer Steve is 'n skaamtelikke 22 jaar oud. Ja, ek het ook reageer met 'n gebaar van ongeloof toe ek op die plaas kom en die 2 jong manne sien. Na die jag is al wat ek kan sê, met jong opkomende boere soos Steve en PHe soos Reinhard is die jag toekoms in ons land gesond. Beide manne se koppe is reg op hul skouers.

Die jag was ongelooflik lekker en die plaas kon ons nie beter kies in terme van familie vriendelikheid nie. Ons tweeling Hannah en Jacques is nou maar 10 weke oud, so lus vir 'n gesukkel was ons nie.

Op die plaas gekom moes ek net seker maak van die nuut gemonteerde Stac op die 308 wat die meeste skiet werk vir die naweek sou doen is reg(natuurlik was die Creed ook in gepak sou ek geleentheid kry vir 'n verder skoot).

Dave, het 'n koedoe bul, 'n rooibok, 2 blesbokke en willebees geskiet. Sy vrou het 'n mooi koedoe koei geskiet en sy dogter, nou 14 het haar eerste bok, 'n knypkop geskiet.

Ek het ook my blesbok gekry so 240m weg.

Vir my het jag die naweek 'n nuwe betekines aangeneem, om saam jou kinders en vrou jou liefde te deel is onbeskryflik.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20180510/0c0518f418ca473e452437d5b48a7101.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20180510/ddef86efbe502a45f76178645e62a916.jpg



//uploads.tapatalk-cdn.com/20180510/b6ad7a6d1b383abd2a068136ae9c2410.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20180510/c1b6718441ff316f3634852c00646a39.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20180510/bbea3c8d64914ebf6347f9a39d01a683.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20180510/55e92fd94322a34a7ee95da1e6bd8b86.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20180510/eea1c8dc4a089bf00e966150bd00e318.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20180510/7a348b31ee852530a4e7aa72a2c01475.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20180510/96a5ccaa8351f9a94e7449190a80bc83.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20180510/5dd42c6bd94af088c2b0a854ee9c2001.jpg

Hier is die 147gr ELDm wat uit my blesbok gekom het op 240m.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20180510/325603360dd928618421bc86eb3a3f04.jpg

Re: Ons eerste Familie jag

Posted: Thu May 10, 2018 9:30 am
by andre007
Jacques, mooi storie en fotos, sien jyt 2 nuwe redes om gunne te koop...

Re: Ons eerste Familie jag

Posted: Thu May 10, 2018 9:31 am
by kudu375
Baie geluk Jacques!

Dit lyk soos die "ultimate" jag. Boesemvriende, vrou kinders... what a bargain!

groete

Re: Ons eerste Familie jag

Posted: Thu May 10, 2018 9:35 am
by sako 30-06
Baie geluk, ek hou van die foto's met die tweeling by.
Ek sien die een bestuur al, dis mos nou familie foto's.

Goeie werk.

Re: Ons eerste Familie jag

Posted: Thu May 10, 2018 9:20 pm
by naas222
man dit lyk lekker... jy sal nou al moet begin spaar... as daai 2 ook begin skiet gaan pa maar min kans kry ;)

Sent from my GT-I9500 using Tapatalk

Re: Ons eerste Familie jag

Posted: Fri May 11, 2018 7:48 am
by Vergo10
Dit is nou regtig lekker en 'n voorreg om so te kuier. Ek myself kan nie wag om met my familie te gaan kuier op die plaas. Dit is darem maar net ietsie ekstra as jy sien hoe die meisiekinders vaar in die veld!!!

Re: Ons eerste Familie jag

Posted: Fri May 11, 2018 8:00 am
by JacquesT (Stompe)
Ag baie dankie kerels, ons is ongelooflik geseend met die twee en om hulle saam op die jag te gehad het.

Ja die geweer koop is nou 'n ander storie, ek beplan al hul elk se 2de en 3de kalibers. Ek sal net effe selfdissepline moet aanleer dat daai lope nie al uitgeskiet is teen die tyd wat hulle moet begin skiet nie ;D. Ek wou al verlede week 'n 1000 .22LR rondtes gekoop het, toe herhinder Siebert my ek kan dit maar na die jagseisoen doen...

Groete

Re: Ons eerste Familie jag

Posted: Thu Oct 18, 2018 8:24 am
by ArnoldM
Lekker Jacques. Special tye ou maat.

Re: Ons eerste Familie jag

Posted: Thu Oct 18, 2018 8:28 am
by Smitstertjies
Beste jag is saam met jou familie....