Page 1 of 1

Blueprinted Aksies - hulp nodig

Posted: Wed May 09, 2018 1:01 pm
by Rem
Middag Manne,

Ek het my 300wsm laat bou deur n baie bekende wapensmit (sal later name noem indien wat ek vermoed waar is), +/-130 skote later my geweer by Geoffrey Baraball ingegee om n ander scope op te sit waarna hy my uit neskurigheid gevra het of die vorige wapensmit my aksie geblueprint het?

Ek het wel betaal daarvoor maar blyk my geen blueprinting was gedoen nie. Nou wil ek vra of daar van julle is wat dalk min of meer dieselfde hoeveelheid skote al deur jul aksie het wie se aksies wel al geblueprint is sodat ek my aksie met dit kan vergelyk. n Nuwe geblueprintde aksie gaan my nie help nie want die geweersmit gaan net se maar ek vergelyk nuwe aksie wat pas gedoen is met my aksie wat al geskiet is.

Enige verdere hulp sal waardeer word.

Maak my darem woedend wanneer jy betaal vir n diens en niks daaraan gedoen was nie.

Groete
Dirk

Re: Blueprinted Aksies - hulp nodig

Posted: Wed May 09, 2018 1:36 pm
by Arnold
Hierdie dink ek is moontlik een wat jy op die ken gaan moet vat tensy julle bespreek het wat die blueprinting self behels aangesien verskeie mense dit elk op hulle manier kan benader.

My vraag is dadelik watse aksie is dit en hoekom het Geoffrey die vraag gevra? Is daar iets fout met hoe die geweer skiet?

Re: Blueprinted Aksies - hulp nodig

Posted: Wed May 09, 2018 1:52 pm
by Rem
Arnold,

Dis n remington 700 LA, en nee daar is niks fout met die aksie nie maar Geoffrey het vir my n foto gestuur van my aksie teen n aksie wat hy ge-blueprint het en mens kan sien daar is aan die een gewerk en nie aan myne nie.

Die feit dat die geweer fine skiet is nie vir my die probleem nie dis die feit dat ek betaal het vir die blueprint en nou onseker is of dit wel gedoen is. Geoffrey het basies vir my gese hy is 100% seker die aksie is nie ge-blueprint. Los maar n slegte smaak in die mond as dit jou droom geweer is waarvoor jy 2jaar gewag het.

Re: Blueprinted Aksies - hulp nodig

Posted: Wed May 09, 2018 2:07 pm
by Arnold
Wat jy sĂȘ is waar ...

Weereens wat was die ooreenkoms aangaande blueprint want wat Geoffrey doen is dalk nie wat die ander smid doen nie en dalk (onwaarskynlik) het die smid die aksie opgeklok en was die dele waar mens kan sien of die aksie geblueprint is mooi haaks/reguit en binne toleransie.
Natuurlik kan jy ook vir die betrokke smid vra wat hy wel gedoen het sonder om enige beskuldigings rond te gooi.

Re: Blueprinted Aksies - hulp nodig

Posted: Wed May 09, 2018 2:16 pm
by Rem
Ek stem saam met jou, juis hoekom ek nie die geweersmit se nam noem nie oor ek eers agter die kap van die byl wil kom. Ek het hom gevra en wag nog vir sy terugvoer. Enigste ding is daar was klein goed van die geweer nie 100% reg nie (picatinny rail was nie heeltemal vas nie, scope kon ek met die oog sien was nie perfek nie), wat my laat wonder hoeveel aandag hy nou rerig aan die geweer gegee het en of hy dit dalk afgejaag het.

Ek se weereens indien di wel gedoen is vra ek omverskoning, maar ek probeer maar net die ding self uitredeneer.

Re: Blueprinted Aksies - hulp nodig

Posted: Wed May 09, 2018 2:18 pm
by Swede
Soos Arnold se, gaan vra die betrokke persoon wat hy gedoen het ens, anders gaan jy in die donker rondloop en nooit die lig sien nie.

Re: Blueprinted Aksies - hulp nodig

Posted: Wed May 09, 2018 2:52 pm
by joe rocket
Jy moet die aksie, loop en slot haaks met mekaar kry. As jou slot se "boltface"en "lugs" nie gemasjien is nie dan is die roer nie geblueprint nie. Geoffrey het my Ackley gedoen en ek kan na 3 jaar nog duidelik aan die slot sien waar hy gewerk het.

Re: Blueprinted Aksies - hulp nodig

Posted: Wed May 09, 2018 2:59 pm
by Rem
joe rocket wrote:Jy moet die aksie, loop en slot haaks met mekaar kry. As jou slot se "boltface"en "lugs" nie gemasjien is nie dan is die roer nie geblueprint nie. Geoffrey het my Ackley gedoen en ek kan na 3 jaar nog duidelik aan die slot sien waar hy gewerk het.
As jy n kans het, wil jy nie asb vir my n foto stuur nie asb. Boltface en slot van die kant af (of areas waar jy die werk kan sien).

Sal waardeer. Stuur op die forum of whatsapp (08 twee 777 nege 6 een 2)

Dankie

Re: Blueprinted Aksies - hulp nodig

Posted: Wed May 09, 2018 3:47 pm
by Geno

Re: Blueprinted Aksies - hulp nodig

Posted: Wed May 09, 2018 4:08 pm
by Rem
Dankie

Re: Blueprinted Aksies - hulp nodig

Posted: Wed May 09, 2018 9:28 pm
by B Five
Geno
Hoeveel gunsmiths is so deeglik?

Is daar in Bloem een?

Re: Blueprinted Aksies - hulp nodig

Posted: Wed May 09, 2018 10:25 pm
by joe rocket
Ja daar is, Izak Hattingh.

Re: Blueprinted Aksies - hulp nodig

Posted: Thu May 10, 2018 10:33 am
by Rem
More manne,

Na alles in ag geneem is en dinge verduidelik is, is ek verlig om te se die aksie is wel geblueprint. Die spesifieke geweersmit re-blue weer die aksie nadat hy die blueprinting gedoen het wat dan veroorsaak dat die silwer van die metaal nie wys nie. Ek sal verdere ondersoek instel, maar vir nou is ek baie verlig en soos heel eerste gestipuleer het ek nie die geweersmit se naam genoem nie oor ek nie wil he almal moet vinnig tot gevolgtrekkings spring nie.

Ek saterdag weer bietjie op die baan die geweer toets maar tot op hede het hy nog baie mooi geskiet.

Dankie almal vir die insette, het n paar dinge so oornag geleer.

Re: Blueprinted Aksies - hulp nodig

Posted: Thu May 10, 2018 10:42 am
by Rem
Laastens ter inligting.

Die geweersmit se blueprint proses, soos deur hom verduidelik.

"Your action and bolt was blue printed and all I can say is that it looked like the other bolt face on the right when it left our shop. What has happened is that some brass from the case has been transferred to the bolt face, a bit of fine steel wool will clean the bolt face up nicely. When we blue print an action we have a procedure that we follow, the action face barrel threads and recoil lugs of the action is machined to the axis of the action, we then surface grind the receiver recoil lug parallel, then we machine the bolt face and bolt recoil lugs to the axis of the bolt, we fit a Sako extractor and lap the recoil lugs of the receiver and bolt. Finally we reblue the bolt body. "

Re: Blueprinted Aksies - hulp nodig

Posted: Thu May 10, 2018 10:50 am
by Arnold
So die smid het nog 'n stappie verder gegaan as ander en weer die slot geblou ... baie nice :)

Re: Blueprinted Aksies - hulp nodig

Posted: Thu May 10, 2018 11:05 am
by Rem
Arnold wrote:So die smid het nog 'n stappie verder gegaan as ander en weer die slot geblou ... baie nice :)

Korrek. Goed om te weet en die man agter die roer smile weer.

Re: Blueprinted Aksies - hulp nodig

Posted: Thu May 10, 2018 11:08 am
by Askari
Bly dit het goed geeindig!