Page 1 of 2

Howa 1500 vs. Remington 700 ADL

Posted: Tue May 08, 2018 1:39 pm
by MDT
Goeie dag.

Ek het bietjie raad nodig asb. Wat sal aanbeveel word tussen Howa 1500 en Remington 700 ADL in 6.5 Creedmoor kaliber? Die geweer is grootliks vir jagdoeleindes en sal ook gebruik word deur my seun (9 jr.).

Byvoorbaat dankie.

Re: Howa 1500 vs. Remington 700 ADL

Posted: Tue May 08, 2018 2:10 pm
by Capt. Yoda
Howa

Re: Howa 1500 vs. Remington 700 ADL

Posted: Tue May 08, 2018 2:13 pm
by joe rocket
Howa, Remington se kwaliteitsbeheer is nie goed nie. Kan ook nie aan die sneller werk nie en jy sal dit moet vervang. Howa se komponente is nou vol op.

Re: Howa 1500 vs. Remington 700 ADL

Posted: Tue May 08, 2018 2:20 pm
by alecjohnson
Ek het nog nie howa besit nie maar my remie het werk nodig gehad om regtig goed te skiet, hoor howa is uit die boks ok so salhowa aanbeveel...

Re: Howa 1500 vs. Remington 700 ADL

Posted: Tue May 08, 2018 2:34 pm
by Ratel
Ek was tussen dieselfde twee vure met my 308. Ek is nie een dag spyt oor ek Howa gekies het nie.

Re: Howa 1500 vs. Remington 700 ADL

Posted: Tue May 08, 2018 3:08 pm
by Vergo10
Het nou weer nie ondervinding met Remington nie, maar ekt Howa's en tussen my vriende is daar nog 14 Howa's en almal is baie gelukkig...uit die box.

Re: Howa 1500 vs. Remington 700 ADL

Posted: Tue May 08, 2018 3:36 pm
by Basjan123
Het iemand gesê..... HOWA ??

Re: Howa 1500 vs. Remington 700 ADL

Posted: Tue May 08, 2018 3:39 pm
by Herman Huyser
Miskien bevooroordeeld, maar my twee Howa's (30.06 & .243) word nie vir 'n ander geweer verruil nie.

Re: Howa 1500 vs. Remington 700 ADL

Posted: Tue May 08, 2018 3:52 pm
by MDT
Dankie! Almal stem lyk my saam (sover)... ;)

Re: Howa 1500 vs. Remington 700 ADL

Posted: Tue May 08, 2018 4:10 pm
by OosKaapJagter
Was dit ook nie Remington wat onlangs bankrot gespeel het nie?

Re: Howa 1500 vs. Remington 700 ADL

Posted: Tue May 08, 2018 4:18 pm
by joe rocket
Dit was ja, maar iemand sal hulle uitkoop.

Re: Howa 1500 vs. Remington 700 ADL

Posted: Tue May 08, 2018 7:25 pm
by Armand Steenkamp
Ek het 3 howas.... ek kort tenminste nog 3....

Re: Howa 1500 vs. Remington 700 ADL

Posted: Wed May 09, 2018 11:00 am
by MDT
Dankie vir al die raad. Klaar besluit en "ge-spend"... Howa!

Nou het ek raad nodig vir 'n scope. Soos ek gese het meestal vir jagdoeleindes.

Re: Howa 1500 vs. Remington 700 ADL

Posted: Wed May 09, 2018 11:02 am
by tripodmvr
Kaliber gekoop en vlakte of bosskiet?

Re: Howa 1500 vs. Remington 700 ADL

Posted: Wed May 09, 2018 11:09 am
by MDT
tripodmvr, 6.5 Creedmoor, alrounder vir beide bos en vlakte.

Re: Howa 1500 vs. Remington 700 ADL

Posted: Wed May 09, 2018 11:12 am
by tripodmvr
18x maks met 4x of 6x onder behoort albei omgewings te pas. Ek het 6-24 Hawke op my 7x64 en vir vinnig skiet is al die verstellings soms net te veel.

Re: Howa 1500 vs. Remington 700 ADL

Posted: Wed May 09, 2018 11:16 am
by MDT
Dankie tripodmvr. Handelaar het aanbeveel 'n Vixen 4-16 x 44 vir R4 500. Ek hoor graag wat julle dink.

Re: Howa 1500 vs. Remington 700 ADL

Posted: Wed May 09, 2018 11:21 am
by Supacow
meopta 6-18 kry my vote

Re: Howa 1500 vs. Remington 700 ADL

Posted: Wed May 09, 2018 3:08 pm
by 3006
Neem aan jy het by Camdix gekoop, ek het ook n Vixen (4x12x44)
as n pakkie "deal" gevat en vir jag is hy nie sleg nie. Soos Driepoot egter se vir jag kan die knoppe dalk te veel word vir vining skiet (4x16x44 het ook n parallax verstel knop)

Re: Howa 1500 vs. Remington 700 ADL

Posted: Sun May 13, 2018 11:52 am
by roboman
Always buy the best glass u can afford. Often see people with rifle issues and it's the R5.89 scope they have that's the issue. My 2c worth.

Sent from my SM-G955F using Tapatalk

Re: Howa 1500 vs. Remington 700 ADL

Posted: Sun May 13, 2018 11:54 am
by roboman
I have 3 hawke scopes and 2 rudolphs. They are reasonable in price and repeatable to shoot.

Sent from my SM-G955F using Tapatalk

Re: Howa 1500 vs. Remington 700 ADL

Posted: Mon May 14, 2018 7:39 am
by tau
EK het 2 x baie ou Rem 700's en hulle is yster.

So het ek 2 jaar gelede vir my 'n Howa 1500 .243 Heavy barrel SS gekoop om te verander na .243 AI of 6mm Dasher. Die plan was om soos Gawie net die geweer as donor te gebruik.

Die geweertjie het 'n cheap Nikon Fieldmaster op en my vrou en seuntjie het oorsponklik met hom geskiet totdat ek hom sou verander........ so het albei lassjaar 'n bok met hom geskiet en die geweertjie het ek ook toe gebruik op twee jagte en die tekort aan recoil en die feit dat my een uit die fabriek met 'n lekker sneller gekom het pas my toe nog ook. Die Howa het my begin beindruk en voor ek my kon keer is ek vir hom lief net soos hy is.

Hy is nou my go to gun en skiet sommer nou 3 skote in een gat.

Ek was so trots op hom ek het hom gister na Saterdag se skiet vir die eerstekeer skoon gemaak op 230 skote.

Hy was by die Ko-op R7400 op 'n Special en saam met die R4000 scope boks hy ver bo sy prys klas.

Ek is baie lief vir my Remingtons en die VTR is nog altyd vir my 'n mooi geweer, maar die Howa maak sin.

Re: Howa 1500 vs. Remington 700 ADL

Posted: Mon May 14, 2018 7:18 pm
by LRLaubscher
Ek reken tussen die ADL en die Howa bull barrel is die Rem n beter deal. Jy spaar op n rail en silencer thread. Dit by Howa se prys by getel dan is hy duurder.

Ek skiet n standaard van sy ma se kas af 300wm rem 700 en hy maak so!! //uploads.tapatalk-cdn.com/20180514/00029f23baf67c4386333b83f9f2c00a.jpg

As die ADL nie op special was by kloppers nie, was die Howa die deal. Maar vir R8990 koop ek die Rem700.
Ek reken die ADL kolf as is gaan beter wees as die Hogue- stywer met monder flex onder loop.

Dit als gesê, jy het nie n fout gemaak met die Howa nie. Daai yster gooi pa!!
Ek bou my nuwe long range rig op n Howa aksie!!!!

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Howa 1500 vs. Remington 700 ADL

Posted: Mon May 14, 2018 9:19 pm
by Andre308
LRLaubscher wrote:Ek reken tussen die ADL en die Howa bull barrel is die Rem n beter deal. Jy spaar op n rail en silencer thread. Dit by Howa se prys by getel dan is hy duurder.

Teiken foto op 25 meter?

Kyk nou, hulle se n blinde hoeder pik ook soms raakImageImage

Re: Howa 1500 vs. Remington 700 ADL

Posted: Mon May 14, 2018 9:27 pm
by LRLaubscher
Andre308 wrote:
LRLaubscher wrote:Ek reken tussen die ADL en die Howa bull barrel is die Rem n beter deal. Jy spaar op n rail en silencer thread. Dit by Howa se prys by getel dan is hy duurder.

Ek skiet n standaard van sy ma se kas af 300wm rem 700 en hy maak so!! //uploads.tapatalk-cdn.com/20180514/00029f23baf67c4386333b83f9f2c00a.jpg

As die ADL nie op special was by kloppers nie, was die Howa die deal. Maar vir R8990 koop ek die Rem700.
Ek reken die ADL kolf as is gaan beter wees as die Hogue- stywer met monder flex onder loop.

Dit als gesê, jy het nie n fout gemaak met die Howa nie. Daai yster gooi pa!!
Ek bou my nuwe long range rig op n Howa aksie!!!!

Sent from my iPhone using Tapatalk
Teiken foto op 25 meter?

Kyk nou, hulle se n blinde hoeder pik ook soms raakImageImage
Jou gatta patatta die is n honest 100m groep 5 skote.

Sent from my iPhone using Tapatalk