Page 1 of 3
Betaal vorentoe "Pay Forward"
Posted: Mon Oct 03, 2011 11:19 am
by Coenie (Swift)
Dags? Manne,
Ek weet nie hoe voel julle oor die konsep van betaal vorentoe nie?
'n Plekkie waar ons goed wat rondl? kan aanstuur vir iemand wat dit soek en kan gebruik kosteloos.
Bv. ek het al 'n paar teleskoop ringe wat ek glad nie weer sal gebruik nie, maar iemand soek hul dalk of 'n stelskroefie, ou geweerbande, "die" komponente, ou bakkie bande, ou roeper, lig komponente ens.
Die manne in beheer kan maar besluit waar dit hoort en wat dit genoem kan word en of dit op jaracal hoort of nie.
Groete
Re: Betaal vorentoe "Pay Forward"
Posted: Mon Oct 03, 2011 11:49 am
by Renier
Hi
Ek was die naweek aan die ontvang kant en ek wil net s? dit het my 'n "believer" gemaak. Ek sal laat weet sodra ek ook iets kan aangee.
Vriendelike groete
Re: Betaal vorentoe "Pay Forward"
Posted: Mon Oct 03, 2011 12:25 pm
by Coenie (Swift)
Renier +1
Ek weet hoe dit voel, het 'n sekere skroefie vir 'n Mossberg gesoek en ou omie my gehelp en ek was so bly en toe vir hom sommer bietjie koedoe wors gegee en was hy toe nou verrras en bly ook.
Ek weet my vrou s? ek is soos kraai en dra alles nes toe en klou daaraan vas, maar ek glo met die manne op die forum sal ons mekaar kan help so nou en dan.
Re: Betaal vorentoe "Pay Forward"
Posted: Mon Oct 03, 2011 12:28 pm
by Geno
Manne,
Ek hou bitter baie van die idee. Laat weet hoe julle met die onderwerp wil maak,,,,,
Re: Betaal vorentoe "Pay Forward"
Posted: Mon Oct 03, 2011 12:31 pm
by henried
Baie nice!!!
Ek het nie jag goed om weg te gee nie, maar het 'n beginners vleigstok wat ek kan gee...
Re: Betaal vorentoe "Pay Forward"
Posted: Mon Oct 03, 2011 12:33 pm
by Renier
Hi
Ek dink nog daaraan, maar dit moet so hanteer word dat dit nie as 'n "hit and run" gesien moet word nie. Met ander woorde, iemand moet nie kom en heeldag net vat,vat,vat nie. Dalk moet dit wees dat voor jy iets vat, moet jy eers iets gee, ongeag wat die waarde is daarvan?
cheers vir eers
Re: Betaal vorentoe "Pay Forward"
Posted: Mon Oct 03, 2011 12:34 pm
by Renier
PS: en as daar nou 'n poepol is wat dit wil misbruik is dit maar op sy gewete. Mag ek poepol s??

Re: Betaal vorentoe "Pay Forward"
Posted: Mon Oct 03, 2011 1:17 pm
by Coenie (Swift)
Ek glo die forum manne is slim en ken vir jakkals se kind

Sal gou sien wie net bakhand die heeltyd staan en kan maar ook s? jammer is nie meer beskikbaar nie
Re: Betaal vorentoe "Pay Forward"
Posted: Mon Oct 03, 2011 1:23 pm
by Renier
Wel in daai geval, stel ek voor daar spesifiek 'n "pay it forward" skakel moet wees en daar 'n moderator moet wees? Hoe klink dit? Aan wie kan ons die voorstel maak?
Re: Betaal vorentoe "Pay Forward"
Posted: Mon Oct 03, 2011 1:36 pm
by SV MAD (Henk)
dit klink na n bakgat plan
Re: Betaal vorentoe "Pay Forward"
Posted: Mon Oct 03, 2011 3:25 pm
by theedge
Ai manne dit is super idee (Baie mooi beginsel)
Re: Betaal vorentoe "Pay Forward"
Posted: Mon Oct 03, 2011 4:11 pm
by cassie_calvinia
ek het nie baie, maar hou van die plan. dalk oor 'n ruk ;n teleskoop.
Re: Betaal vorentoe "Pay Forward"
Posted: Mon Oct 03, 2011 5:48 pm
by Kallie404
Swift,dit is n fantastiese idee!! Ek is glo in die konsep soos ek in die Bybel glo.Miskien twee afdelings? soos bv. n afdeling waar manne wat iets spesifiek benodig dit kan post,soos bv n ou swartkruit laaisstok,teleskoop ringe ens en n afdeling waar ons ons oorbodige dinge aanbied aan mekaar.Dit is nou maar eenmaal so dat iemand altyd iets nodig het wat jy het en anders-om!
Re: Betaal vorentoe "Pay Forward"
Posted: Mon Oct 03, 2011 8:12 pm
by Coenie (Swift)
Manne eks bly ons kan (veral as jagters) in mekaar se lewe insaai. Ons moet nou net 'n moderator/s en natuurlik Jaracal homself se goedkeuring kry en dan kan hy dit skuif waar dit sal pas.
Wonder waar is hulle???? Seker in die veld op soek na vlekkie
Re: Betaal vorentoe "Pay Forward"
Posted: Mon Oct 03, 2011 8:47 pm
by Jaco Swart
Dis n baie goeie idee.
Ek kan begin deur my skoonma te skenk, aangesien ek haar nie meer gebruik nie.
Groetnis
Re: Betaal vorentoe "Pay Forward"
Posted: Tue Oct 04, 2011 4:21 am
by tafjak
Swift
Gr?nd plan en hou sommer dadelik daarvan! As die plan goedgekeur word het ek 'n Accutrimmer van Lyman om aan iemand(natuurlik iemand sonder case trimmer) te gee.
Jaco S
Ouderdom?
Voorspoed
Re: Betaal vorentoe "Pay Forward"
Posted: Tue Oct 04, 2011 8:23 am
by prohunt
Ek stem dat ons hier in die regte rigting beweeg, ek sal ook 'n paar items op die tafel kan plaas as die admin uitgesorteer is.
Jagtersgroete
Johan
Re: Betaal vorentoe "Pay Forward"
Posted: Tue Oct 04, 2011 8:35 am
by erx
Nog nooit so daaraan gedink nie, maar die plan kan werk!
Nou en dan soek 'n man 'n naald in 'n hooimied en die naald le op 'n ander man se lessenaar, dan kan daar 'n plan gesien word, een hand was die ander een.
Groete
erx
Re: Betaal vorentoe "Pay Forward"
Posted: Tue Oct 04, 2011 8:41 am
by Monrique (SJ)
erx
Hoop daai bi-pod loop nog mooi!!!
Groetnis
Re: Betaal vorentoe "Pay Forward"
Posted: Tue Oct 04, 2011 8:48 am
by erx
Presies mater, baie dankie, dit is nou 'n presiese voorbeeld!
Hoop nie jy het hom gou nodig, ma my pressie sal werk as die dag kom.
Groete
erx
Re: Betaal vorentoe "Pay Forward"
Posted: Tue Oct 04, 2011 8:50 am
by Monrique (SJ)
Daai was net n groot plesier.. Geniet hom!!
Groetnis
Re: Betaal vorentoe "Pay Forward"
Posted: Tue Oct 04, 2011 9:03 am
by Arnold
Ek dink ook dit is 'n goeie idee.
Dit is heerlik as jy vir iemand vra wat jy hom skuld en hy s?: nee toemaar niks, doen vir iemand anders weer 'n guns.
Dit is ook 'n lekker gevoel as jy iemand kan help en vir hom dieselfde s?. {Alhoewel ek s? gewoonlik dat hy vir my eendag 'n bier kan koop

}
Re: Betaal vorentoe "Pay Forward"
Posted: Tue Oct 04, 2011 9:43 am
by FE
Goeie plan, die manne moet jou net rond neuk nie, soos wat met my gebeur het 'n ruk terug nie. Man het 'n kolf belowe en my in Pretoria laat op en af ry vir poef.
Re: Betaal vorentoe "Pay Forward"
Posted: Tue Oct 04, 2011 9:58 am
by erx
FE,

, goeie werk mater!
Groete
erx
Re: Betaal vorentoe "Pay Forward"
Posted: Tue Oct 04, 2011 12:00 pm
by Vlakvark
Manne ek dink Renier se plan om te gee as jy wil vat is die regte manier anders gaan daar altyd vrate wees maar dit moet n tit for tat wees met ander woorde as jy n R700.00 stel ringe wil vat sit n ietsie van die selfde waarde in of meer help tog nie jy vat groot item en sit net R20.00 item in nie dan gaan daar verseker vrate wees geld n black-sam en ongelukig bestaan die wereld uit givers and takers en voorentoe gaan ons kwaad word vir mekaar wat meer skade as goed gaan doen maar dit is waar jou scrapjaard is my koningkryk en anders om en as ons ons scrap en oorbodige goed kan poel kan dit n wen vir almal wees as ons op gelyk veld speel