Page 1 of 1

Assistensie benodig met houtkolf skroefgat

Posted: Sat May 05, 2018 4:14 pm
by Joe13
Kêrels,

My sling skroef gaatjie se thread is in sy tjops.

Het oor naweek krans geklim met die geweer op my rug soos altyd, toe ek bo kom en so paar meter loop vliee my wapen, gelukkig betyds gevang.

Hoe maak ek hom reg?
Boor groter gaatjie, hout dowel met gom, boor dan kleiner gaatjie in hom en skroef die swivel weer terug?

Hulp sal waardeer word.

Re: Assistensie benodig met houtkolf skroefgat

Posted: Sat May 05, 2018 4:47 pm
by tripodmvr
Sit houtgom in die gat en skroef in. Los om droog te word. Kyk of dit nie werk nie.

Re: Assistensie benodig met houtkolf skroefgat

Posted: Sat May 05, 2018 5:23 pm
by alecjohnson
Oom driepoot het 'n punt beet, maar ek sal eerder epoksie probeer, selfde as Bedding joppie, maak gat skoon maak grof epoksie op skroef en sit in, laat droogword... waarom ek dit se is gewone houtgom kan mos uitwas. epoksie/steenvas is baie na aan veraltyd!

Re: Assistensie benodig met houtkolf skroefgat

Posted: Sat May 05, 2018 5:49 pm
by tripodmvr
Met epoksie in die gat gaan jy nie die skroef kan uitdraai nie. Jykan ook tandestokkies en die houtgom insit en dan die skroef styf indraai.

My vrou het op 'n keer 'n gebreekte bord met houtlym reggemaak. Dit het ses maande se gebruik en was oorleef.

Re: Assistensie benodig met houtkolf skroefgat

Posted: Sat May 05, 2018 6:18 pm
by ruaanb
draai in met stukkies dowell en houtlym.
laat lym net eers vir so 8 min rus voor jy begin in draai. vee oortollige lym af met n klam lappie. laat rus vir 24-48 uur.

Re: Assistensie benodig met houtkolf skroefgat

Posted: Sat May 05, 2018 6:41 pm
by Armand Steenkamp
tripodmvr wrote:Met epoksie in die gat gaan jy nie die skroef kan uitdraai nie. Jykan ook tandestokkies en die houtgom insit en dan die skroef styf indraai.

My vrou het op 'n keer 'n gebreekte bord met houtlym reggemaak. Dit het ses maande se gebruik en was oorleef.
Oom jy speer maar net bietjie cobra pollish op die skroef. Dan draai hy lekker uit die steenvas

Re: Assistensie benodig met houtkolf skroefgat

Posted: Sat May 05, 2018 6:49 pm
by Pappabeer
Voor of agter?

Jy kry n replacement voor wat met n moertjie binne in die loop kanaal vasvat. Dit is nommer een.

Anders plug die gaatjie met n paar vuurhoutjies of dowel sonder om hom groter te boor wat jy vaslym en skroef hom dan in.

Re: Assistensie benodig met houtkolf skroefgat

Posted: Sat May 05, 2018 8:27 pm
by Fanta300
Myne met Pratley Putty reggemaak. Hou nou al drie jaar. Cobra was op skroef voor jy hom indraai en hy kom maklik uit

Re: Assistensie benodig met houtkolf skroefgat

Posted: Sat May 05, 2018 9:03 pm
by Pieter_Brink
Die fabrieke wat gestoffeerde meubels maak het 'n tipe moer wat hulle in die hout indraai. Aan die buitekant van die moer lyk hy soos 'n houtskroef maar aan die binnekant het hy 'n metrieke skroefdraad. Doen navraag by meubelfabrieke oor die korrekte benaming en die beskikbaarheid. Ek dink dit sal jou probleem oplos

Re: Assistensie benodig met houtkolf skroefgat

Posted: Sat May 05, 2018 9:16 pm
by Pieter_Brink
Hulle noem dit "wood thread inserts" of "wood insert nuts". Hoop jy kom reg.

Groetnis.
Pieter

Re: Assistensie benodig met houtkolf skroefgat

Posted: Sat May 05, 2018 10:16 pm
by Pappabeer

Re: Assistensie benodig met houtkolf skroefgat

Posted: Sat May 05, 2018 10:18 pm
by smirre86
Joe,

Jou topic is vir seker in my top 3 anglisismes
vir die jaar...

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Assistensie benodig met houtkolf skroefgat

Posted: Sat May 05, 2018 10:43 pm
by Alwin
Watse ding is 'n "assistensie"? Kan mens dit eet? ;)

As die deurgetrekte skoefgaatjie voor is, is dit in elkgeval 'n swak opstelling wat 'n plek soek om 'n ongeluk te veroorsaak. Kry 'n aanhegpunt (eng: sling swivel) wat met 'n moertjie aan die binnekant vasmaak.

As dit agter aan die kolf is, is dit waarskynlik wenslik om 'n langer skroef te gebruik, met 'n dieper gat, en dan die beskadigde gedeelte van die gat te herstel met houtlym+splinters of epoksie.

Ek gril elke keer as ek die goedkoop sjinese draband-aanhegtings sien met die kort houtskroefies voor en agter. Ek weet van verskeie gewere, teleskope en ongelukkig ook ledemate wat in die slag geby het toe hierdie goed uitgetrek het. Dis veiligheids-items, wat moet keer dat (soms gelaaide) gewere val.

Re: Assistensie benodig met houtkolf skroefgat

Posted: Sun May 06, 2018 4:45 pm
by Hein (Haan)
As dit voor is kan jy n m5 t-nut ook gebruik met n bietjie epoxy.
As ek dit nie mis het nie is die sling studs met skroefdraad ook m5

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Assistensie benodig met houtkolf skroefgat

Posted: Sun May 06, 2018 5:22 pm
by Joe13
Flip dankie vir almal se raad. Ek sal mooi beplan wat ek wil doen.

Re: Assistensie benodig met houtkolf skroefgat

Posted: Sun May 06, 2018 5:23 pm
by Joe13
smirre86 wrote:Joe,

Jou topic is vir seker in my top 3 anglisismes
vir die jaar...

Sent from my iPhone using Tapatalk
Dit is wragtig nie so erg nie. Ek tik sommer op gevoel en soek nie in woordeboekke op na woorde nie.

Re: Assistensie benodig met houtkolf skroefgat

Posted: Sun May 06, 2018 5:48 pm
by Joe13
Baie dankie vaderbeer ;)

Re: Assistensie benodig met houtkolf skroefgat

Posted: Sun May 06, 2018 5:49 pm
by Joe13
dogmatix wrote:Hulle noem dit "wood thread inserts" of "wood insert nuts". Hoop jy kom reg.

Groetnis.
Pieter
Die klink soos n permanente oplossing, ek moet net inserts kry wat skroefdraad aan die binnekant het vir my swivel.

Re: Assistensie benodig met houtkolf skroefgat

Posted: Sun May 06, 2018 9:17 pm
by finch
Joe13 wrote:
smirre86 wrote:Joe,

Jou topic is vir seker in my top 3 anglisismes
vir die jaar...

Sent from my iPhone using Tapatalk
Dit is wragtig nie so erg nie. Ek tik sommer op gevoel en soek nie in woordeboekke op na woorde nie.
Daar is min dinge so erg soos n horibale translasie ;-)

Re: Assistensie benodig met houtkolf skroefgat

Posted: Sun May 06, 2018 9:41 pm
by Alwin
Joe13 wrote:Dit is wragtig nie so erg nie. Ek tik sommer op gevoel en soek nie in woordeboekke op na woorde nie.
As jy dan nie "woordeboekke" gebruik nie, waar het jy daai juweel uitgekrap? ;D

Re: Assistensie benodig met houtkolf skroefgat

Posted: Sun May 06, 2018 9:46 pm
by smirre86
finch wrote:
Joe13 wrote:
smirre86 wrote:Joe,

Jou topic is vir seker in my top 3 anglisismes
vir die jaar...

Sent from my iPhone using Tapatalk
Dit is wragtig nie so erg nie. Ek tik sommer op gevoel en soek nie in woordeboekke op na woorde nie.
Daar is min dinge so erg soos n horibale translasie ;-)

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Assistensie benodig met houtkolf skroefgat

Posted: Sun May 06, 2018 9:47 pm
by smirre86
Skerp Finch

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Assistensie benodig met houtkolf skroefgat

Posted: Mon May 07, 2018 6:39 am
by Joe13
finch wrote:
Joe13 wrote:
smirre86 wrote:Joe,

Jou topic is vir seker in my top 3 anglisismes
vir die jaar...

Sent from my iPhone using Tapatalk
Dit is wragtig nie so erg nie. Ek tik sommer op gevoel en soek nie in woordeboekke op na woorde nie.
Daar is min dinge so erg soos n horibale translasie ;-)
Hy hang hier in my kranium rond.