Page 1 of 1

Kraai sukses!!!

Posted: Sat May 05, 2018 11:58 am
by Pvdw
Manne ek het so jaar terug Jacques se CD gekoop en daarvan vergeet. Met my en Cob se jag die jaar by Wayne op Queenstown het ek besluit om die kraai ding te toets.

Soos van julle gesien het het ek so 3 weke terug vrae oor kraaie gevra. Weer met Jacques gesels en als reg gekry vir die geleentheid.

Ons 1 ste probeerslag het ons onder groot doring boom gestaan met lekker lae takke. 3 Min se roep en die 1ste kraai draai bo ons. Hoe nou gemaak met die skiet??? Boom is te dig so ek kan nie oop plek kry vir skoot nie. Stap ek uit sien kraai my. Sit toe als af en soek ander plek.

Volgende dag sien ons die braaiplek by die huis kan dalk werk. Daar begin als weer van voor af. die keer het die roepper nie 1 min geskreeu nie toe die 1ste skaduwee oor ons gaan. Skoot loop en die Nr3 hael doen hul werk. Nog so paar kom in en gee skoot kaans. In daai sessie het 6 die gees gegee, of so het ons getel.

Sit toe als af en gaan tel nou die 6 dooie kraaie op. Kry net 3. ander is weg. Nou weet ons nie meer nie. Maar vir 'n begin smile ons oor die 3 wat lê en nou kan dien as decois.

Volgende dag sit my seun weer daar in die braai area en roep. ek maak toebie en koffie. Met my uitkyk deur die venster skrik ek toe ek sien wat aangaan. Ek begin tel maar êrens tusen 35 en 40 kraaie raak ek deurmekaar. Soos ek tel loop die skote en my seun roer nog so paar. Probleem is dat braai nie dak het nie en sodra die kraaie oor jou vlieg en jou sien spaander hulle.

Met die kyk by die venster uit kom ek agter waar ons 1ste sessie se ander 3 kraaie heen is. Hulle is bledie taai en vrek nie vir die lekker nie. Van hulle val wel soos sak patats uit die lug uit maar sodra hulle grond vat lyk hy gesond en begin letterlik wegloop en soms sommer hardloop. Binne 1 min is daai kraai gone!!!

Laaste sessie het ek en Dewald, Cob se seun weer paar gaan roep op ander plek in die veld. Ons klank wou nie werk nie, hulle het klaar geleer. Besluit toe om ander klank te probeer. Bingo!! Daar kom hulle weer, die keer so rondom 20 op 1 slag. Kon 4 raak skiet voor hulle besef hier is iets nie pluis nie. 2 is mooi grond toe waarvan 1 weer weg gehardloop het terwyl ek skiet en 2 ander het duidelik skoot gevat maar het so kruppel kruppel weg gevlieg.

Als en als het ons gepraat en getel en gereken dat ons in die 4 sessies van minder as 10-15min elk so 13-15 kraaie geskiet het. Dit sluit die 1ste blank sessie in.

Ons het vinnig geleer en aan gepas. Die kraai skiet ding is baie opwindend en ek gaan dit verseker vêrder vat. 'n Ligte maar effektiewe hide is 'n moet, daarsonder sien die kraaie jou en vlieg weg. Ek is oortuig dat ons ten minste 2x soveel kon skiet met die regte hide.

Wat die klanke aan betref, wel as jy 35-40 en dan weer 20 kraai op 1 slag sonder moeite kan roep dink ek dit spreek van self. Dankie Jacques vir die CD en al jou raad. Jou setup en tegniek werk virseker!! 8) 8)

Re: Kraai sukses!!!

Posted: Sat May 05, 2018 4:30 pm
by Joe13
Baie mooi, so leer 'n mens, sou dit self eendag wou probeer, laai bietjie fotos op asb.

Re: Kraai sukses!!!

Posted: Sun May 06, 2018 1:14 pm
by Pvdw
Joe ek kon ongelukkig nie foto neem nie. Ek het beplan om laaste middag foto te neem maar was tot donker agter kwesbok aan. Volgende oggend net na 5 uit die jagkamp om vleis te laai en huistoe te gaan.

Re: Kraai sukses!!!

Posted: Sun May 06, 2018 4:29 pm
by Spanner
Blikskottel mater, dit klink na groot pret en baie adrenalien.
Bly julle het sukses gehad.

Re: Kraai sukses!!!

Posted: Mon May 07, 2018 7:27 am
by Desperatezulu
Pvdw wrote: Skoot loop en die Nr3 hael doen hul werk.
Ek dink nr 3 is n bietjie groot. Dis nie ganse nie!
Nr. 5 or 6 sal meer korrels in kry en meer skade aan die voel maak... 'n 32g nr.7 kan dalk ook mooi werk as die afstand nie te groot is nie.

Re: Kraai sukses!!!

Posted: Mon May 07, 2018 8:03 am
by Pvdw
Desperatezulu wrote:
Pvdw wrote: Skoot loop en die Nr3 hael doen hul werk.
Ek dink nr 3 is n bietjie groot. Dis nie ganse nie!
Nr. 5 or 6 sal meer korrels in kry en meer skade aan die voel maak... 'n 32g nr.7 kan dalk ook mooi werk as die afstand nie te groot is nie.

Ek stem saam en dis Jacques se aanbeveling ook. Ek het egter Nr3 in die kas gehad en vir 1ste probeerslag het ek besluit om nie onnodige kostes aan te gaan nie.

Klaar uit gevind waar om nr4 of 5 te koop ;)

Re: Kraai sukses!!!

Posted: Thu Jun 07, 2018 8:48 pm
by JacoJ
Oom gee bietjie Jacques se kontak besonderhede dat ons in aanraking met hom kan kom asb.

Sent from my SM-A320F using Tapatalk

Re: Kraai sukses!!!

Posted: Fri Jun 08, 2018 7:25 am
by J le Roux
For Enquiries and prices on Bird / Game Callers & CD's

Jacques Kotze

(+27)83 633 0539

www.scarecrowhunting.co.za

jacquesk1975@gmail.com

Re: Kraai sukses!!!

Posted: Fri Jun 08, 2018 7:32 am
by JacoJ
Baie dankie

Sent from my SM-A320F using Tapatalk

Re: Kraai sukses!!!

Posted: Wed Apr 24, 2019 8:29 am
by Jacques Kotze
Ai man maar dis lekker as jy dit geniet het. Ja kom ek sê julle, dai ding wat swart is met 'n wit ring om sy nek is toggie so slim soos julle dink nie. Ons klop vir hulle elke naweek hier by my want hulle vreet eenvoudig enige bleddie ding. Van vensters se putty, rosyntjies, druiwe, waatlemoen, spanspek, vye... en so kan ek aangaan, maar die ergste is dat hulle lammers baie vinnig doodmaak. As 'n skaap ooi 'n tweeling lam dan sal hulle die eerste een se oë, anus en tong uitpik terwyl die ooi besig is om tweede lammetjie uit te druk.

As julle besluit om hierdie ongelooflike lekker jag aan te pak is daar net 'n paar belangrike dinge wat julle moet onthou.
1. Klanke is 'n moet. Dit bring kraai van baie vêr af in tot by jou en bring hulle in skiet afstand. tussen 10 en 40m. Dis waar ons hulle klop.
2. Haelgeweer!!!. 'n Kraaie gaan sit nie sommer as hy geroep word nie. Jy skiet hom uit lug uit
3. Nr 5 hael is ideal. Groter as dit en jy skiet mis. Kleiner as dit en jy het nie afstand en impak nie.
4. Nog ammo... en nog... en nog. Sorg dat jy genoeg het
5. Decoys help bitter baie maar jy kan wel jou eie decoys maak en die dooies ook opstel. Sorg dat hulle in die wind in staan want dit is hoe hulle opstyg. 1 Decoy moet hoër as die ander wees (lookout). Moet nie 'n kraai lewendig los nie, hy gaan hardloop en die ander kraaie gaan heeltyd bo hom vlieg en nie oor jou worry nie.
6. As die kraai mooi ingevlieg kom en ewe skielik weg swenk... dan sien hulle jou!!!!
7. Cammo jouself
8. 'n Goeie skerm is seker die belangrikste vir 'n suksesvolle jag.
Kyk na die skerms wat ek opsit die dag voor die tyd
Ek sal nog fotos probeer bysit van skerms en jagte dat julle kan sien dat dit regtig nie so moeilik is om hulle te klop nie.

Re: Kraai sukses!!!

Posted: Wed Apr 24, 2019 9:07 am
by Jacques Kotze