Page 1 of 2

n Vrystaat skilpad se 3de tepel

Posted: Wed May 02, 2018 2:44 pm
by Capt. Yoda
Vrydag ogend net na 6 stop ons almal by die "blok huis" garage verby Carnival City op pad na ons jag bestemming, die plaas "Skilpadtepel" is tussen Sasolburg en Koppies. Ons het gou n vinnig koffie en broodjie gebruik en gewag dat Louis net so Crocks uit skop en sy regte jag skoene aan trek voor ons die laaste end in die diep donker Vrystaat in gevat het.

Die pad was n bq langer agv van ons Afrika broers wat hul ontevredenheid met hul lewens op die karre wou uit haal maar die om pad was darem nie te lank. Na n vinnige verdwaal/verkeerde grondpad af ry het ek, Jacques en Gerhardu by die res aan gesluit sodat ons gou n draai op die baan kon gaan maak. Daar het dit soos in Henties gelyk as die vis loop soos die manne die gewere uit gehaal het en gelukkig was daar geen probleme met enige van die roere nie so ons kon die bakkies by die huis trek en die eerste span wat sou skiet het gewere geavt.

Die plan was om Vrydag die meeste werk van die Cruiser af te doen omdat ons taamlik bokke wou skiet en dan Saterdag net op Langafstand skiet spandeer.

Die kamp waar in ons gejag het het soos elke jaag ongelooflik baie wild gehad van springbokke reg deur tot Gemsbok, Eland en n lekker trop Buffels. Op die lys vir Vrydag was taamlik Blesbokke, 2 takbokke en n SWB of 2.

Eerste aan die die beurt was Cronje wat n takbok trofee wou he, die bokke is mos nie die slimste of wildste diere nie so dit het nie te lank gevat om 2 Ramme op te spoor nie. Die 2 het langs mekaar agter n kliprand gele en ons beloer soos ons n plan beraam het om by hulle uit te kom, ek en Cronje was nog aan die beplan om terug om hulle te loop en te kyk of ons nie agter hulle kan in stap nie toe daar n Swartwitpnes bul die twee takbokke skrik maak en die kleiner een van die twee wat voor gele het het op gespring en weg gehardloop, met die was die 2de bok se kop en nek mooi oop en Cronje het daar n skoot op 200y gevat en n 140gr Berger Hybrid uit sy 6.5 Creedmoor mooi onder die bok se kop in geskiet.

https://image.ibb.co/n7Hdyn/IMG_20180427_WA0029.jpg

Volgende was Steven gewapen met sy leftie 308 reg om vir n Blessie te probeer, so halwe draai oor die koppie en die manne het n mooi Ram wat bq links weg van die trop gestaan het uit gekies en gese Steven moet vas maak. EK het gou die range gekry en geskree en Steven het hom n mooi skoot op 300m op die blad geskiet, soos in die foto gesien kan word het die Ram probeer op staan toe ons nader ry waar Steven hom toe in die kop geskiet het....daai is ongelukkig die mooi kant van die kop so don't hate the player.

https://image.ibb.co/gAiOW7/IMG_20180427_WA0030.jpg

Ogend het goed geloop en ons het besluit om gou nog vir Rudie n Blessie te soek voor ons die bokkie slaghuis toe sou vat, die groot trop bokke het in 3 gedeel met die kleiner trop wat weer terug gedraai het dam toe waar ons die Takbok gekry het en ons het besuit om agter hulle aan te ry. Na so bq bakkie bekruip het daar n mooi ram reguit na ons toe gedraf en op 300y vas gesteek, Rudie het reg gemaak terwyl ek nommers gepraat het en die volgende oomblik toe alles stil is hoor mens net click......tussen deur die gelag het die man besef hy het nie n patroon gevoer nie en weer oor gehaal. Die blessie het toe bq weg gedraai en nog op 300y gestaan en toe Rudie uiteindelik n patroon in die kamer kry die blessie net daar skuins agter die blad met sy 25-06 geskiet, die bok het met n spoed weg getrek maar na 15m was die 100gr gameking net te veel.

https://image.ibb.co/hHsdyn/IMG_20180428_WA0002.jpg

So lyk dit as Rudie se muzzle brake op sy 25-06 oop is en ek vergeet om my ore in te sit

[image]https://image.ibb.co/czsiW7/IMG_20180430_WA0046.jpg[/image]

Na die bokke af gelaai was by die slaghuis en die volgende span manne gewere gekry het is ons weer agter die groot trop bokke aan.

Jacques het voor links gestaan met sy swart monster sniper geweer en reg gemaak om aan te le op n Blesbok. Nie te ver in die kamp in nie het daar n groot trop bokke voor ons verby gehardloop en Jacques het die bakkie maak staan. n Klomp Gemsbokke het heeltyd op en af gedraf en toe daar n bok net anderkant 220y weg van die Gemsbokke af hardloop en vas steek het Jacques n 147gr ELDX uit sy Creedmoor aan gestuur. Die koel het die bok so paar duim onder die kop in die nek getref en dit was verby. Nog voor iemand iets kon se skree die PH/Driver daar voor uit die bakkie uit "kap daai ver een regs wat gaan staan het". Met die ander bokke wat nou al oor die rand is range ek gou die blesbok op 450y en se vir Jacques om so 1 click vir wind gee, toe die skoot klap gooi die ELD die bok letterlik van sy voete af soos die koel hom net onder die oor tref.

Die 400y bok, ek het ongelukkig nie n foto van die eerste een nie.
https://image.ibb.co/iUwhPS/IMG_20180428_WA0004.jpg

Met die 2 bokke gelaai was ons oppad na die lang gras waar die buffels altyd le om te kyk of ons nie vir Louis ook n takbok in daai moeras kon kry oppad terug slaghuis toe nie. Daar kry ons toe op n paar takbokke en blesbokke wat onbewus van ons staan en vreet, met die takbok op 205m was dit nie te moeilik vir Louis en sy 6.5 Creed om die 140gr Amax die kol te laat tref nie, mooi bladskoot en die bok het net daar in sy spore geval.

https://image.ibb.co/dvqsPS/IMG_20180428_WA0013.jpg

Na die foto het daar n baie mooi wit blesbok oor die rand gedraf nog voor die bakkie begin ry het en Louis het besluit om hom ook aan te vat, toe die bok op 325m gaan staan het het hy klaar die afstand gehad en die Amax het die bok plankdwars agter die blad getref en na so 2 skoppe en ruk het hy gaan le.

https://image.ibb.co/d192PS/IMG_20180428_WA0006.jpg

Net voor die draai huis toe het daar nog n tropie blesbokke uit die hoek uit op gehardloop en Louis het gese hy wil gou nog een skiet dan bere hy somer sy geweer na ete en die volgende manne kan hul gewere kry. Die ram het rustig al agter n lam aan geloop en toe die Ram stil staan was die 140gr Amax reeds oppad op sy 400m wedloop, toe die skoot klap het die bok reguit op gespring en met n spoed weg getrek maar na n paar meter het hy sy bene begin soek en om geval.

Hier na is ons gou huis toe vir n worsie braai en n bq Oros net om die manne weer krag te gee vir die middag sessie.

Die middag sessie was bq moeilker met die son wat ons erg begin pla het in die lang gras maar ons het darem reg gekom.
Cronje was eerste op die stokke om bloed te trek met sy nuwe 300WM en het dadalik beduie die bakkie moet na die hoek onder in kamp gaan waar al die SWBe loop, toe ons die Cruiser se neus oor die kop druk sien ons die beeste wat onder in die hoek staan en maal. Almal het dadelik n groot bul bq regs voor die res gesien en vir Cronje beduie wat die afstand is, toe die 2 koeie agter die bul verby stap praat die WM op 502m en daai 215gr Berger Hybrid maak n tonnel deur al 2 die SWB se blaaie. Toe die koel tref het die bok op sy agter end gaan sit, op gestaan, vir sy maats gekyk wat weg hardloop en net daar gele.

R5 grote exit op die blad, een van die beste LR jag koels op die mark ;)

https://image.ibb.co/gK4VB7/IMG_20180428_WA0011.jpg

Met die terug ry na ons die bok gelaai het het Gerhadu n mooi vet Ooi net oor die 300m met sy 6XC geskiet.
Ek het nie n foto van die bok nie maar die 105gr RDF het mooi gewerk

Volgende was dit bq Ben se kans om te kyk wat sy nuwe 22-250 met die piepklein Sierra koeltjies doen.
n Vinnig plan van aksie is beraam om weer die bokke op skoot te kry want teen die tyd het hulle geweet wat aan gaan en die hele trop van seker 300 blesbokke was nou saam met die Zeebras en SWB en hulle wou niks weet van staan en wag vir fotos neem nie.

Na n stop en go of twee het Ben n kans gekry op n mooi Ram op 340y en het die 55gr Sierra koeltjie die bok net agter die kop getref en die bok net daar in sy spore laat val.

https://image.ibb.co/im7BJn/IMG_20180428_WA0019.jpg

Met die bok op die bakkie het ons die trop blesbokke weer vinnig gekry en het ek vir Ben gevra of ek gou vir hom n 22-250 doppie kan fire form. Jacques en Louis het die afstand na n mooi Ram wat soos n kalahari gemsbok vir ons skuins oor sy boude staan en kyk het geskree op 448y en Ben het gese draai die turret so. Die 55gr Sierra is net onder die bok se kop in en ek kon deur die scope sien hoe hy net daar kop eerste in die gras in duik.

Blykbaar is dit makliker om vir Zet op n Larry King talk show af te neem as vir my so verskoon maar my fotos. Ek kan blykbaar nie stil sit en luister as mense my se wat om te doen nie.

https://image.ibb.co/jnvWJn/20180502_092330.jpg


Son het al bq laag begin sit en ons was lus vir bq n lekker gala aand so ons het besluit om maar klaar te maak vir die dag maar oppad kamp toe het daar n klein "splinter groep" blesbokke oor die pad gehardloop en toe die bakkie stop nog voor ek of Louis kon range klap Cronje en Ben se skote gelyk en die bok val net langs die pad, dit gebeur elke jaar vir een of ander rede.

https://image.ibb.co/hoAsPS/IMG_20180428_WA0018.jpg


Met die bokke by die slaghuis het ons bq die honde los gemaak en lekker gebraai.

https://image.ibb.co/f3vnr7/IMG_20180502_WA0002.jpg


Saterdag ogend was almal vroeg uit die kooi en het Jacques vir ons n lekker ontbyt gebou terwyl ons planne gemaak het vir vandag.

https://image.ibb.co/fb4fB7/IMG_20180502_WA0001.jpg

Saterdag se plan was uit en uit vir langafstand jag en selfs die plaas voormanne/PHs was opgewonde om te sien wat vandag sou gebeur.
Deur die dag Vrydag het ons n lekker plek gekry om te le wat ons n goeie 250 grade skiet rigting gee waar ons van hoek tot hoek van 1400y tot 1550y kon skiet. Vrydag middag na die jag het Cronje gou met die drone gevlieg en mooi gekyk hoe alles le en vana daar af kon ons n groot deel van die kamp onder skoot kry.

Skietpunt
https://image.ibb.co/eeO2r7/20180502_124910.jpg

https://image.ibb.co/mVb2r7/DSC_0613.jpg

https://image.ibb.co/fmpGJn/IMG_20180428_WA0049.jpg

https://image.ibb.co/gQS3yn/IMG_20180429_WA0016.jpg

https://image.ibb.co/fcQ6Jn/IMG_20180429_WA0006.jpg

Cronje wat drone videos vat van die aksie.
https://image.ibb.co/bAoXr7/DSC_0611.jpg

Seker nie n halfuur vandat ons alles op gestel geahd het nie het die bokke onder in die moeras deel verby geloop en daar het n mooi blesbok ram gaan staan wat Cronje toe besluit het reg lyk vir hom en sy 300WM.

Ons het hom gerange, Gerharu het die wind gegee en Ben het vir Cronje sy ballistics gelees, die bok het op 562m mooi dwars gaan staan en Cronje het die WM laat praat. Die 215gr Hybrid het die bok net agter die blad geslaan en toe die ram land na hy weg spring het was sy voor pote klaar moeg en het hy daar in die lang gras geval en gele.

https://image.ibb.co/goNNPS/DSC_0603.jpg

https://image.ibb.co/ny0Cr7/IMG_20180428_WA0028.jpg

Ons het n goeie uur gewag vir die bokke om weer rustig te raak want die meeste van die trop was nou links van ons agter se klein koppie waar ons bq sou moes skuif as ons n skoot op een van hulle wou kry. Daar het 5 of 6 SWBe van uit die ander hoek in gestap gekom en sonder om baie te sukkel kon almal sien die een Bul is moer groot, hy staan somer so voet bo die ander 2 bulle uit.

Ek het die bul gerange op 960y toe weer op 925y en toe waar hy stil staan en vreet op 910y. Wind was baie stil om ons en net soos die stilte om ons te veel geraak het het Jacques my gevra om hom weer te range terwyl hy sy ammo boksie oop gemaak het en patroon uit gehaal het. Terwyl Gerhardu en Ben die wind bekyk en Jacques alles in sy program lees het ek die bul 3 keer op 908y gerange en Jacques het gese hy gaan die bul skiet.

Toe die skoot klap het dit soos n uur gevoel voor die doep terug kom, as ons nie die bul eers sien spring en draai het nie sou ons al begin dink het dit is mis. Die ander beeste het n end weg gehardloop maar Jacques se bul het net in die ronte gedraai en toe gestop, so 2 keer sy blad gekrap en toe om geval. Ja daar was baie opgewondenheid toe die skoot kla en nog meer toe die bul val en die manne het gehigh5 soos wat ons slegte jagters mos van beskulidg word maar dit was n ongelooflike skoot met baie baie voorbereiding en klomp manne wat help om seker te maak alles is reg.

Jacques se ballistics vir die skoot
https://image.ibb.co/jaGu4S/IMG_20180502_WA0031.jpg

Die skoot was mooi laag agter die blad in en die slagters het die koel in die ander kant se blad herwin.

147gr Hornady ELDX na hy just about deur n baie groot SWB op 908y is
https://image.ibb.co/iWn0B7/IMG_20180429_WA0003.jpg


https://image.ibb.co/bxC8W7/IMG_20180429_WA0001.jpg


Bitter vinnig het die bokke geleer wat hier aan gaan en dinge het toe bq moeiliker geword, vir die volgende uur of 2 was daar nie baie aksie nie en het ons toe maar n brunch gaan vat en beslsuit om ons skiet punt links af na die hoek toe te skuif.

Die blesbokke wou nog steeds niks weet van staan nie maar daar was n springbok ram wat Cronje baie van gehou het.
Weer is die wind gevat en bekyk en die bok is n klomp keer gerange om seker te maak oor sy afstand, die afstand het gewissel tussen 830 en 880y die heel tyd soos wat hy rond beweeg het in die tyd wat al die nodige info gekry is. Mens kan nie glo hoe vinnig n bok beweeg as hy so stadig loop nie, n blesbok wat lyk of hy net rustig stap beweeg in n oog wink 20m.

Toe hy stil staan en mooi dwars staan en rond kyk was die laaste afstand net gelees toe die skoot klap, ons agter die geweer het eers gedink dit is mis want deur die video wat Ben met sy spotting scope vat was die son baie erg maar toe alles rustig is en cronje vir ons se om te fokus het die bok net daar gele waar hy gestaan het.

215gr Hybrid net agter die blaaie deur
https://image.ibb.co/i1AdW7/IMG_20180428_WA0031.jpg


Na daai skoot moes ons eers weer skuif omdat die bokke nie wou saam werk nie, wel almal behalwe n monster Eland bul wat heeltyd op 780y oor die pad geloop het en ons wou maar vir Cronje en sy beursie bq uit help.


Ons het na n heel ander deel van die plaas toe geskuif om te kyk of ons nie vir Gerhardu en sy 6.5-06 op n ver SWB kon kry en my dalk op n 800y+ Blessie nie. Tyd het begin uit loop met die son wat vinnig in die Vrystaat begin sak het maar ons het weer probeer. Die was nogals harde werk want ons het tussen bome rond beweeg met al die "kit" saam met ons om te kyk of ons nie die bokke kon veras nie.

https://image.ibb.co/mxa6Jn/20180430_172813.jpg


Na nog so 45min se rond beweeg het ons op gegee en die bakkie laat kom, met die laai van al die toerusting en rond staan sien ons toe n lekker groot trop SWBe wat oor die koppie tussen ons en die huis oor gaan. Met alles en almal op die bak se ek toe vir ons PH man hy moet stop as hy op die rand kom. So gese en so gemaak, toe die Cruiser op die rand kom sluit hy af en Jacques se groot bul 3de van regs af 300yards. Nog voor Ben die kamera se knoppie kon druk slaan die 105gr HVLD uit my 6SLR uit die bul voor die kop en soos al die ander jare skiet ek die laaste dier vir die jag.

Jong bul maar hy het dam so net oor die 70kg skoon karkas geweeg.
https://image.ibb.co/if5sPS/IMG_20180429_WA0062.jpg


Daai aand het ons lank gekuier en baie kalibers bespreek, meeste van die manne is oor n maand en n half saam in die bosveld en n paar van ons gaan kalahari toe om n paar langskoot springbokke te gaan soek.

https://image.ibb.co/bJCsr7/IMG_20180429_WA0012.jpg

Daar is n paar videos oppad maar dit gaan nog n week of 3 vat vir Ben om al die footage van die Drone en al die ander kameras saam te sit. Sodra hy alles reg het sal ons ons dit hier sit, meeste van die lang skote sal daar op wees.

Re: n Vrystaat skilpad se 3de tepel

Posted: Wed May 02, 2018 3:02 pm
by Vlakvark Soldaat
Lekker lees stuk Sieb! Ek sal dit weer saam julle doen!

Re: n Vrystaat skilpad se 3de tepel

Posted: Wed May 02, 2018 3:07 pm
by ruaanb
Awesome manne wat 'n voorreg. Ek is sommer erg jaloers!

Re: n Vrystaat skilpad se 3de tepel

Posted: Wed May 02, 2018 3:07 pm
by Rudiejacobs
Jussie man verlang ek sommer nou terug!
Goed vertel Siebert.

Rudie.

Sent from my SM-G800F using Tapatalk

Re: n Vrystaat skilpad se 3de tepel

Posted: Wed May 02, 2018 3:39 pm
by Gerhardu
Dankie manne was baie lekker!

Re: n Vrystaat skilpad se 3de tepel

Posted: Wed May 02, 2018 4:20 pm
by Born2Late
Mooi vertel. Ek haal my hoed af vir julle manne wat so ver skiet. Baie oefening en voorbereiding om daar te kom.
Mooi fotos ook.
Groete.

Re: n Vrystaat skilpad se 3de tepel

Posted: Wed May 02, 2018 4:33 pm
by kudu375
Baie geluk Julle!
Mooi gegooi

Re: n Vrystaat skilpad se 3de tepel

Posted: Wed May 02, 2018 4:39 pm
by Riaan Kriel
Lekker man, lekker..

Jy vertel die storie mooi Siebert.

Well Done manne, julle mag maar!!

Re: n Vrystaat skilpad se 3de tepel

Posted: Wed May 02, 2018 4:48 pm
by Vergo10
Netjies....dit kos jou storie ken om op daai afstand bokke te klap...en julle manne ken!!!! Mooi takbokke daai!

Re: n Vrystaat skilpad se 3de tepel

Posted: Wed May 02, 2018 4:56 pm
by Rudie
Goeie skiet werk manne. Lekker storie gewees.

Sent from my SM-G930F using Tapatalk

Re: n Vrystaat skilpad se 3de tepel

Posted: Wed May 02, 2018 5:31 pm
by JPS
Lekker geskryf Siebert.

En Weereens geluk aan al die skuts julle het mooi gemaak.

Re: n Vrystaat skilpad se 3de tepel

Posted: Wed May 02, 2018 6:00 pm
by Mellies
Mooi gemaak!!

Met n vleisie...

Re: n Vrystaat skilpad se 3de tepel

Posted: Wed May 02, 2018 6:40 pm
by Rudiejacobs
Hier is die entry en exit wonde op die SWB wat Cronje met die WM geskiet het.

Rudie.
20180427_132120.jpg
20180427_132000.jpg
Sent from my SM-G800F using Tapatalk

Re: n Vrystaat skilpad se 3de tepel

Posted: Wed May 02, 2018 8:33 pm
by Nella
Otter maar julle manne gooi koeëls vêr!
Ek sal met die kort loop 308 van my maar daai koeël so twee maal moet laat hop om tot daar te kom ::)

Re: n Vrystaat skilpad se 3de tepel

Posted: Wed May 02, 2018 9:21 pm
by LRLaubscher
Lekker lees en mooi geskiet!! Well done manne!!!

Ek is veral beindruk met daai 300wm
Dis n howa, lyk soos ligte lopie, nog in sy Hogue kolf. Help maar as ek verkeerd is.
My punt is net, wys jou wat moontlik is. Recoil reaper maak ok mooi.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: n Vrystaat skilpad se 3de tepel

Posted: Wed May 02, 2018 9:26 pm
by LRLaubscher
LRLaubscher wrote:Lekker lees en mooi geskiet!! Well done manne!!!

Ek is veral beindruk met daai 300wm
Dis n howa, lyk soos ligte lopie, nog in sy Hogue kolf. Help maar as ek verkeerd is.
My punt is net, wys jou wat moontlik is. Recoil reaper maak ok mooi.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek sien dis n sustec my fout!


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: n Vrystaat skilpad se 3de tepel

Posted: Wed May 02, 2018 9:48 pm
by JacquesT (Stompe)
Ja dis 'n Howa, wel 'n bull barrel. Ben het daai kolf onder hande gehad en gewig ingesit en daai front end lekker styf gemaak, hy het hom ook gebed. Daai WM van Louis weeg seker net duskant 8kg. Die punt wat jy maak staan steeds, daai is 'n goedkoop LA oplossing wat vir niks terug staan nie. As hy daai S3 afhaal en 'n STAC opsit, is daai hele pakket onder 22k uitsluitend die bipod.
As jy 'n Dodelikke lading soos hy het, het jy niks meer nodig vir 'n LA jag geweer nie. Daai geweer het my baie laat dink oor my volgende geweer.

Re: n Vrystaat skilpad se 3de tepel

Posted: Wed May 02, 2018 9:59 pm
by LRLaubscher
Ek het nou nie die hele jag storie en fotos om dit te wys nie. Maar dit laat my dink en klink nes my Howa 6.5x55 oor gekamer in 260ackley. Geweer kos my R7800 klaar oor gekamer. Kolf vol gom gegooi. Plastic Wangstuk op gesit. 22” duim mopie skiet 123gr pille teen 2920-2950 ft/sec en group 10” op n 1000m


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: n Vrystaat skilpad se 3de tepel

Posted: Wed May 02, 2018 10:04 pm
by joe rocket
Lekker manne, Cappie ek nou lekker saam gejag. Hoe meer julle oefen hoe gelukkiger raak julle! Well done!

Re: n Vrystaat skilpad se 3de tepel

Posted: Wed May 02, 2018 11:23 pm
by Trompie
Mooi man!!! Goeie skote daar!

Sent from my LG-H870 using Tapatalk

Re: n Vrystaat skilpad se 3de tepel

Posted: Thu May 03, 2018 5:01 am
by Morkel
Ai Sieb’s mooi lees die, dankie. Moet n belewenis wees om te skiet en dood te skiet op 900+ ek DINK disalleenlik waneer jy daar is en so iets beleef dat daar begrip is om 1500m dood skote te kan skiet. Ja daar is van ons wat dit nie as jag beskou nie, so?? ek sien of lees nie van een mis skoot nie. Tx manne, Sieb gaan jy vir ons kom leer middel junie?


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: n Vrystaat skilpad se 3de tepel

Posted: Thu May 03, 2018 6:11 am
by Nella
Vraag aan julle manne wat so vêr kan skiet/jag
Verkies julle swaar vir kaliber koeëls wat beter dra maar viniger val of liewers n ligter koeël wat se trajek platter is?

Re: n Vrystaat skilpad se 3de tepel

Posted: Thu May 03, 2018 8:10 am
by JPS
Nella wrote:Vraag aan julle manne wat so vêr kan skiet/jag
Verkies julle swaar vir kaliber koeëls wat beter dra maar viniger val of liewers n ligter koeël wat se trajek platter is?
Nella,
Oor die algemeen swaar vir kaliber mits die groefdraai dit kan stabiliseer.

Solank jy die afstand akkuraat kan meet en jou geweer skiet mooi waterlyn op lang afstand pla “plat” trajek nie. Wind is die meer on oorspelbare deel so jy wil koeëls gebruik wat die minste deur wind affekteer word.

Re: n Vrystaat skilpad se 3de tepel

Posted: Thu May 03, 2018 8:57 am
by Chevvy SS
Netjies manne! As ek na daardie afstande kyk laat dit my absoluut sprakeloos.

Re: n Vrystaat skilpad se 3de tepel

Posted: Thu May 03, 2018 9:01 am
by Frederik
Netjies manne mooi gedoen.